‘n Boodskap vanaf Hoofkwartiere

In Snotstories deur Christo BrandbruggiesRek jou bek

Ek en bra griffin het gistraand laat gesit en gesels oor menigde onderwerpe, onder andere rock & roll, stippers en quantum physics. Toe besef ons ons albei moet elke aand tot naai laat sit en deur pointless emails sif. Dit het vir beide Pappa Beer en Baba Beer ontstel, ons was albei amper in fokken trane, en toe ons ons weer kon kry peins ons diep in die verlede in na ons tye op die grens.. Want sien, griffin wil eintlik saam met sy goose in sy fȇnsie jakoetsie sit laataand en Jȁgies soep-soep, en ek wil my bier kan drink, ROER! resepte aflaai en bietjie youporn kyk, maar ons kan nie, want ons moet tot moer laat sit en emails scan.


Ons is dankbaar vir julle Watkykertjies se bydrae tot die site, maar die kak begin hand uit ruk sodra elke Jan Rap en sy gabba, (dit sal JY wees boetiekie) ons op hulle forward list sit, want nou kry ons honderde kak, waarvan daar net hier en daar iets is wat op watkykjy kan feature. Ons worry nie oor ‘n ou wat sy Lambo aan ‘n hoer geswaai het vir $10 en ‘n kopkou in Florida nie, ons soek local shit. As jy byvoorbeeld ‘n goeie kak storie het, of jy vang vir Jurie en Robbie met jou kamera agter die hof, besig om saam ‘n qwaai te klap en mekaar se velle ook, by all means bra, gooi hom die kant toe!


Dit stoot net bietjie gal as ons emails kry van artikels wat al op WKJ gefeature het, maar dan net onder ‘n ander perd se naam, want hy vat ons dan eintlik vir ‘n papsmeer roomysstokkie. Dis soos om vir jou ouma potpourri vir Krismis te gee, dan gee sy dit volgende jaar vir jou terug, net met ‘n ander kleur strikkie by. Kak idea. So hou aan om daai mails te looi, wees net bietjie sellektief met wat jy vir ons stuur, want ons wil nie fokken aambeie kry van heeldag deur irrelevante kak hoef te gaan nie. Groetnis uit Zarberiȅ


wow2

Deel met jou tjommies!

    Christo Brandbruggies‘n Boodskap vanaf Hoofkwartiere

    Gooi Comment