Chaos in die pastorie – wenner, Steel Panther kompetisie

In Snotstories deur griffin8 Eiertjies

Hier is solank een van die wenners van die nuwe Steel Panther CD. Ons sal die res ook opsit deur die week:

Chaos in die pastorie
(deur Die Neter)

Jare gelede toe ek nog in matriek was, nog voor demokratiese SA, het ek en my ma een Saterdag gaan shop in OK. Ek moes beloon word vir een of ander prestasie (glo dit). Dit was natuurlik ‘n tyd in my lewe wat enige vorm van rock/metal of enige rebelse musiek (gewoonlik gesource uit boeke wat mense soos Rodney Seal geskryf het met al die verbode musiek en covers daarin) rondeyseale2ontdek en geluister moes word. In die tape section kies ek toe vir my ‘n lewens grote Iron Maiden poster. Kom by die huis – moerse chaffed en mount die poster. My ouers het dit kom uitcheck – nie vreeslik impressed gewees nie – maar niks was fout nie. Hulle het dit after all vir my gekoop.

Nadat Eddie die aand oor my gewaak het sit ek die Sondag oggend in die kerk. Ek moet seker noem dat my pa ‘n visser van mense is vir die NG kerk. Hy kondig toe aand dat daar die dag ‘n gas spreker is. Niemand anders as Rodney Seal nie. Ek het spesmaas gehad dat hier groot kak kom. Soos ou Rodney sy skuifies vir ons wys en sy plate agter uit speel duik Iron Maiden ook natuurlik op. My pa se kop het so net net uitgesteek bo die preekstoel – ek het gesien hoe word hy al hoe rooier en rooier.

rodneysealTe verstane was ek natuurlik na kerk nou nie moerse lus om huis toe te gaan nie, maar besluit toe maar om te maak of daar fokkol fout is. Na pappa se koffie saam met sy skapies was daar chaos in die pastorie. Ek, hulle heiden seun is uit die huis gejaag. Ek het die aand maar by ‘n vriend gaan slaap. Die volgende dag was my ouers natuurlik moerse bekommerd oor my en laat my terug in die huis. My kamer was geplunder – Eddie was natuurlik weg asook al my tapes.

Na ‘n paar weke het ek my tapes terug gekry. Die original tapes met sexy chicks op se covers was omgedraai en vasgeplak aan die binne kant sodat jy nie die cover meer kan sien. Die rock en metal tapes was nerens te vinde nie. Gelukkig was daar teen daai tyd al fast speed dubbing!

Ek het natuurlik my les geleer. ‘n Vals bodem ontdek onder die hi-fi unit in die huis waar ek natuurlik al my nuwe tapes (en cd’s later) weg gesteek het en dan skelm geluister het. Lekker, in die pastorie – fok Rodney, rock on!

Deel met jou tjommies!

    griffinChaos in die pastorie – wenner, Steel Panther kompetisie

    Comments

    1. Siener

      Jirre, Rodney Seal was 'n doos (is seker nogsteeds).

      As gevolg van hom het ek moerse skuldig gevoel as ek Black Sabbath luister en hy het my selfs oortuig dat my 2000AD komieks van die duiwel af is en ek het my pragtige versameling alles weg gebliksem.
      Toe hy ons skool die tweede keer besoek twee jaar later (ek was in st. 9) toe het ek gelukkig al genoeg geweet om te besef dat Rodney fokkol weet van die veld waarin hy kamtag 'n ekspert is. Hy het moerse klomp kak foute gemaak, maar die tjerrie op die koek was dat hy nie eers Axl Rose se naam reggekry het nie – hy het hom Axe genoem.
      Ek en my pelle was moerse G'n'R fans en dit was fokken lasterlik.
      Die besef dat hy 'n dom doos is het egter nie my komieks teruggebring nie…
      Jirre, ek's nou nog suur daaroor

    2. Stii

      Fok, bra, lyk my dit was 'n pastorie ding. Soos jy was ek in daai selle booitjie. My ouers het ook vir my die boek "Rock Musiek, die reg om te weet" deur geagte Rodney Poepol Seale gegee. In fact, ek het nou nog daai boek. 
      Dit was natuurlik my wishlist gewees en ek het omtrent elke liewe album in daai boek op 'n stadium besit (albeit weg gesteek).
      Dis darem maar snaaks dat deur dit te belet het hulle eintlik net die teenoorgestelde doel bereik. Dus, moet ek sê, Dankie Rodney! Jy het my lief gemaak vir alles metal! Sonder jou het ek seker vandag na Taylor Swift geluister 😛

    3. p

      agv RS het 'n kennis uit die 80's sy hele volledige versameling KISS plate verwoes. Dit het ingesluit al 4 die lede se solo albums asook die soundtrack tot "The Elder"

    4. poepin'nvisblik

      Dankie Rodney. Jy en jou faktup boekie het my ure lank besig gehou. Amper soos bybelstudie. Al die evil songs in die boekie (en wat ek op LP's gehad het) is onderstreep, teruggespeel (plaat manualy antikloks gedraai op draaitafel) en ge-record op tape. Bwahahaha, dit was fken evil broe. Ding was, ek kon nooit uitmaak wat de fok die ouens nou eintlik probeer sê het nie, wanneer jy die songs agteruitspeel.

    5. T Bone

      Rodney is 'n kont.
      Bly in Woodhill en ry sy dik Mercs! Perfekte voorbeeld van hoe die "herder" na sy skaapies omsien. Hy was by my skool in 1998 en ek het uitgeloop, gemoer en teruggelaat 🙂
      Sy poes!

    6. HenkDieTenk

      Jissie, ek onthou ons was altyd moerse excited as Rodney skool toe gekom het. As dit nie vir hom was nie sou ons nooit eers gehoor het van AC/DC, Black Sabbath ens. Maar een visit waarsku hy ons teen moontlik die grootste duiwel aanbidder van die lot. Chris De Burgh…
      So imagine hoe pissed off ons was toe ons na weke Spanish Train iewers in n garage op gespoor het. Ons was so excited.
      Hier kom die metal!
      Warre Fok? Hy kon maar net sowel gese het Neil Diamond is die donker prins se gunsteling…

    7. Driesman Jansen

      Dis fokkol..toe ek in die ou St.5 was,het ons laerskoolhoof(wat moerse ‘n grissie was,soveel so dat as jou naam Johan is,noem hy jou Johannes)elke saalperiode voor die fuckhansie begin,vir ons ‘n moerse preek afgesteek”As jy die vakansie na die GAME SHOP(!)(Ja gameshops was moerse evil gewees,dodgy plekke waar die sataniste en skollies bymekaar gekom het)Gaan,gaan jy se”Jesus,hiers vir jou twintigsent,speel jy die game dan speel ek daai game..Julle het nie meer respek nie,dis daai musiek wat julle luister,daai musiek wat se”I love the Devil,Hell is the place to be..daai heavy metal,daaaaai…..ROXETTE..Ok Roxette se Joyride was moerse in ’92.Net daarna het sy seun en hul bure ‘n Guns’n Roses song gelipsynch..

    8. Opgedonner deur NG

      Soos almal het ek ook onder Rodney deurgeloop. As ek nou terugdink aan die 80s, was daar ‘n paar ander dose:

      Gert Reynecke, dominee by Skuilkrans. Pienk hemde en dasse was toe in die mode. Gert bestee toe ‘n hele preek daaraan om teen pienk dasse te waarsku.

      Een of ander Joshua Loots, besoekende dominee preek oor die Roomse gevaar. Ek dag ons was almal aan dieselfde kant?

      O ja, weer Gert Reynecke. KJA op ‘n Vrydagmiddag. Bring asseblief ‘n bottel koeldrank. Pepsi, nie Coke nie, want Coke het iets teen apartheid.

    Gooi Comment