So paar briewe, so paar responds

In Briewe deur griffinRek jou bek

Moerse dankie vir die Outlook file wat al die rugby en fifa datums in, maar ek wil die ding in my Google Calendar import maar hy wil nie.  Ek het headers geadd en die ding as ‘n csv gesave maar dit will vir fokkol werk. Help asseblief? Niemand gebruik outlook anyway nie, gmail is die shit.
Thanks
werner

griff se reply:

Jy is soos een van daai boemies wat vir zak vra omdat jy honger is. Dan gee mense jou kos, dan kak jy in jou broek omdat jy nie zak vir drank gekry het nie.


Come on guys – ek volg julle website nou al vir hoe lank – julle het die kontakte, doen iets hieromtrent! Ek is seker daar is mense in SA wat kan help. Ek doen my bes aan hierdie ander kant van die waters.
Nice nuwe website by the way.

Groetnis uit Engeland

Rachel

http://shine.yahoo.com/channel/beauty/h-m-and-wal-mart-destroy-and-trash-unsold-goods-562909/

griff reply: Wat die fok het Wallmart met Suid-Afrika uit te waai?


Is Ja 🙂

Ek het onlangs my 30st bday jol gehad en een van my beste vriendinne tune my sy het my persoonlikheid in ‘n boek ontdek. Wie devok kry ‘n boek soos jou persoonlikheid.

Wel…….sy was REG ….. Die boek se naam :  “Is dit net ek of is als tos”. My verloofde het 1st MY BOEK gesteel en gelees en haar in ‘n koma gelag en getune dis goed wat ek sal sê.

Ek uiteindelik MY BOEK terug uit haar handsak gesteel die slet !!!! En vok my maat, ek nog nooit so lekker gelag en gekak op dieselfde tyd nie, ek het amper vergeet om my hol af te smeer.

Wanneer kom daar nog ‘n boek (nie geweet boeke kan kom nie, nog ‘n Afrikaanse woord wat nogal kak kan maak)

Moerse fan en hoop om van jou te hoor.

Neels aka Brad Pitt SA (pty) ltd

griff reply: Kief, bly jy’t die boek gelike. Ons weet nie wanneer die volgende boek ejakuleer nie.


Naby die groot windmeul shop by Harties is daar ‘n shop met die naam “Die blou vy”. Wat het die goose gedink toe sy die naam gekies het???
Blikskim

griff reply: Ek dink nie mense in Harties dink nie.

Deel met jou tjommies!

    griffinSo paar briewe, so paar responds

    Gooi Comment