Omsendbriefie vir oudstes en enigstes

In Aankondigings deur griffinRek jou bek

Goeie more seuns en dogters. Net so paar aankondigings voordat ons die vierkant verdaag. Stuur asseblief hierdie omsendbrief deur tot na die agterkant van die rye.

Die Watkykjy Time Machine:

Onse 3 musketeers, Michael Jackson, Patrick Swayze en Farrah Fawcett het heel geod gedoen die afgelope week. Hulle camp op die oomblik in Februarie 2001 en braai wrosies en vertel spookstories vir mekaar. Michael is veral fokken bang. Soos ons verneem het hy homself fokken spierwit geskrik en sy neus het afgeval …

Hieso is wat die crew vir ons solank terug gestuur het. Jy het nou weer baie leeswerk. Ons het deur die goed ge-scan en ons wonder self ook of ons lokasie spinasie gerook het destyds. Yona wê!

Hieso is al die nuwe ou kak waarmee ons tot dusver op datum is:

Oktober, 2000
November, 2000
Desember, 2000
Januarie, 2001
Februarie, 2001

Verder fok die outjies maar rond met die time machine en ons hoop om binnekort van hulle te hoor.

Zef slang:

Ons kry fokken baie zef slang in en het besluit om dit eenkeer per maand one-time te update. Daar is ‘n hele paar wennertjies en sover is my favourite vir Januarie die nuwe Afrikaanse term vir “toejam” wat voortaan bekend sal staan as “pantoffel knoffel”. Fokken suf, dog classic.

Doen so voort met die goeie werk. Ons sal julle credit gee waar ons onthou om dit te doen vir al die mooie woordjies.

Watkykjy se zef GPS vir jou Garmin:

As jy nie waat wat die fok ons van praat nie, gaan lees hieso. Ons het goeie feedback gekry en mense smaak dit stukkend. Daar was ook ‘n hele paar requests van julle af om nog een van hierdie zef outjies te record. Wel, ons het fokken goeie nuus – ons is besig om ‘n kief recording te reel. Die release sal hieso vroeg in Februarie wees as dinge gladde piel loop. Daar gaan ‘n heavy vet surprize ook wees, maar ons vertel julle meer daarvan aan die begin van Februarie.

Watkykjy Fax 2 e-mail:

Vir die outjies wat nie weet nie, jy kan nou met behulp van Watkykjy verniet faxes ontvang in jou e-mail. Dis nou vir julle ouens wat fokol like van fax machines maar nog steeds vir een of ander rede faxes moet ontvang. Dit spaar ‘n klomp geld ook en laat jou soos ‘n hippie voel, want jy spaar bome en diere en shit se lewens. Plus jy hoef nie op te staan om na die faksmasien toe te loop nie. Jy kan net so by jou computer bly sit. Niemand sal daai boner speck nie.

Ons het ook die sign-up page gaan fix dat hy nou in Google Chrome ook werk. Dit was blykbaar ‘n fokop. Thanks vir die bra wat ons laat weet het, anders sou ons net so voortgefok het.

Deel met jou tjommies!

    griffinOmsendbriefie vir oudstes en enigstes

    Gooi Comment