Niemand like vetgatte by die jol nie.

In Snotstories deur Christo Brandbruggies1 Eiertjies

Christo Brandbruggies se diet guide vir 2010

As jy en/of jou ander helfte julle ook oorvreet het gedurende die feestyd, en jy wil jou vet gat in shape kry, het ek dalk net die regte pointers vir jou. Of as jy ‘n tjom het wie se tette al groter as sy sussie sin raak. (Jy kan hierdie link op die vetseun se Vleisbroek gaan plak, met so hint-hint smiley by.)

starthom

Sien almal reken hulle kan crash diet ‘n maand voor Kersfees, Phedra Kak, Special K poefpap en Sprite Zero. Dan begin hulle weer als vreet wat voorkom op Kersfees, en die diet is in sy moer in tot volgende jaar selfde tyd, maar wat hulle nie besef nie is dat die somer nie eindig op die 1ste Januarie nie. En die Paashaas gaan jou fokkol chocolates bring as jy met jou muffin top (rugtube) gaan rondloop by The Valley of The Waves nie. Want hy weet wat goed is vir jou, en NOG chocolate is definitief nie dit nie.

So hoe weet mens jy of jou goose is oorgewig? Wel jy kan na ‘n gym gaan, klomp van jou zak afstaan, en ‘n vreemdeling betaal om aan jou love handles te vat terwyl “Call On Me” gooi in die agtergrond, en dis nie “ayoba” nie. In fact, dis fokken zef. Dis nou nie bulletproof nie want daar’s baie faktore wat ‘n rol speel, maar jy kan jou BMI (Body Mass Index) uitwerk. Jy kort net jou lengte en gewig vir hierdie calculation, niks hoërgraad nie, my bra. Dis lengte (m) x lengte (m). Dan vat jy jou gewig in kilogram en deel dit in daai getal in. Jou antwoord moet tussen 21 en 24.9 wees, dan’s jy nog oraait. Ek weet nou nie of dit geld vir dwergies of mense sonder bene nie, maar dis ‘n goeie guide line. As jou goose se BMI fokken 35 is en sy jou aan Zet herhinder as sy probeer hardloop, is dit ook ‘n goeie guide line.

Om jou girl ‘n paar kilo’s te laat drop is nie fisies moeilik nie, ( jy kan haar byvoorbeeld net laat hardloop aan ‘n leiband langs jou kar, soos wat mens doen met ‘n Jack Russel, met haar favourite Lady Gaga tune op, om haar optimisties te hou.) Die kak job is actually om haar in te lig dat haar gat begin hang. Sien, jy kan nie daai line gebruik van: “Die probleem is nie JY nie, dis ek.” want jy’s nie die een wie se jeanpant lyk of hy enige oomblik ‘n knoop gaan afvuur onder druk en iemand se fokken oog uit haal nie.

‘n Slim move om te pull as jy iets confess waaroor jy moontlik gaan kak kry, is die “droppit en fokof” metode. Om boodskappies vir jou goose te los in die stoom teen die stortdeur is goed vir sweet little nothings en boodskappies maar jy kan sommer daar dié bom ook drop. Dis ‘n moeilike canvas om op te werk, maar fok, dit hoef nou nie ‘n oil painting te wees nie – ‘n basiese boesman sketsie soos myne hier onder sal die ding doen:

SAARTJIE

Jy kan haar koffie in die bed ook gee om vir jouself extra tyd te koop, dan, teen die tyd dat sy in die stort klim, het jy al die kar uit die drive way – French exit buddy! En fokken gou ook! Gaan drink bier tot sy afgekoel het, maar moet nou nie ‘n dom naai wees en na jou local pub toe gaan nie, want na 5 missed calls gaan daai orca jou kom soek vir ‘n vet uitkak. Gaan drink op ‘n random plek, soos die Spur by die lughawe of ‘n shebeen, dan word jy sommer 2 keer in een dag met ‘n mes gesteek.

Nou dat sy weet hoe jy voel, kan julle die lifestyle verandering doen. En moenie dat die Glam Guru met haar kop fok nie. Hy gaan haar tune dis okay om so veel te vreet as wat jy kan inprop, en dan net ‘n swart broek te dra omdat dit jou maerder laat lyk  en jou hare te perm of dye. Dan kom jy by jou skool reunie, en mense maak grappies oor jou en jou walrus meisie in die kakhuis. “Fok, ek sien Koos het saam met sy ma gekom..Gie-gie-gie” “Weet nie wie sy is nie, maar sy’t daai paartie frikkadelle ge-KILL bra, like fokken 15 of iets!”

Dieetpille is ook ‘n kak idee, want sodra jy ophou reverse die effekte. Amper soos met roids, behalwe met roids trek die vog wat op jou arms gesit het terug na jou maag toe, en jy trek terug na jou ma toe, waar jy heeldag in die huis sit en velle klap voor die rekenaar.

Eet liewer gesond, kos wat jou hol brand is gewoonlik goed vir ‘n dieet. Moet ook nie so cheapskate wees en jou girl KFC toe vat as sy wil uiteet nie – 3 keer ‘n week daai kak en sy gaan begin swel soos die Nutty Professor, reg voor jou oë. Hoeveelheid is ook belangrik. As jy jouself kan leer om nie soos ‘n grizzly beer ‘n fokken 2 kg steak te koop elke keer as jy by Dros kom nie, sal dinge klaar verbeter. Brannas en Coke is ook ‘n moerse culprit, gooi hom met Zero of light, dis die suiker wat jou opnaai. As jy nie doen nie, gaan jy eendag wakker word om uit te vind JY is die vetgat oom met die Bloubul trui wat altyd die Pick & Pay se deur toestaan.

Jy hoef ook nie by die gym aan te sluit nie, trust my, as daai moere eers hulle vingertjies in jou bank rekening het, gaan hulle jou laat sweet soos ‘n 18 jarige pop in ‘n Nigerian gang bang. As jy dan wil uitpull kry hulle iemand wat klink soos ‘n shrink om jou te bel en uit te kak oor jy so sleg naai is. Gaan ry liewer fiets of jaag kak aan saam met jou vriende, dan MOET jy mos hardloop om nie gedonner te raak nie. As dit jou nie motivate om te oefen nie, dan weet ek nie…

Deel met jou tjommies!

    Christo BrandbruggiesNiemand like vetgatte by die jol nie.

    Comments

    Gooi Comment