Alkohol vriet ook jou breins, nes draks…

In Snotstories deur Christo BrandbruggiesRek jou bek

As jy een van daardie hoenderkoppe is wat vandag by die graft opdaag met jou stemmetjie hees, en het nog heavy fokken shakes van die naweek se gesuipery, dan’t jy dalk ‘n probleem ou –  jy is moontlik ‘n weekend alcoholic. Jy reken nie dis genoeg om Vrydag en Saterdagaand jou biscuit te gaan skud, vuil meisies soet patat te voer en in die drive-way te kots nie (al is jy al jare lank nie meer op skool nie). Jy moet sommer Sondagmiddag ook gaan poesdoekoe raak by die Ocean Basket of Spur. Jou vrou begin haar handsak al hoe stywer oprol, want jy begin rondfok met die waiters en die mense rondom julle. Jou kinders sit soos wesies en brainless Playstation games speel saam met die ander alkoholiste se kinders. Al die tjokkers se ogies sit poes diep in hulle koppe.

Dis als lekker want jy werk mos hard vir jou pitte maar as jy nie oppas nie eindig jy netnou soos ons vriend Klaas hieronder op – ‘n mal fokker wat nie meer sonder sy “tipple” kan leef nie.

Tjekkit uit. Jy sal net die volume moet blaze, want die klank is bietjie kak:

Sien jy nou? “As ekkie wyn hettie, dan’s ek baie befok in my kop!” Kan jy relate? En moenie dat Klaas jou flous met daai happy-go-lucky smile van hom nie. Hy was al in die tronk, want hy’t iemand met ‘n fokken MES GESTEEK. En ek’s oortuig daarvan dit het gebeur terwyl hy in een of ander papsak-induced rage was. Dit doen jou love life ook niks goed nie, daai dubbel ken en boep is fokkol nie, dis net die begin. Daarna teer jy uit, en na jy so paar honderd keer gedonner is tydens jou drunken adventures lyk jou bek ook soos Klaas sin, soos ‘n vrot perske wat iemand met ‘n resiesfiets oor gery het. En daai vergelyking word vir ou prozzies se ghoons ook gebruik.

(Shot aan my main bratjie Tjokka wat die vid geneem het. Klaas het ook gevra ek moet vir julle laat weet hy soek werk. Julle kan hom kontak by brandbruggies[at]watkykjy[dot]co[dot]za, dan sal ek hom inlig. Hy sal enige los jobs rondom die huis doen – net nie verf nie – hy verf baie kak. Ek dink hy was een van daai kinders wat nie virrefok tussen die lyne kon inkleur in die kleuterskool nie. Jy kan hom sommer in wyn betaal vra hy, dan hoef hy nie nog die moeite te doen om drankwinkel toe te stap nie…

Deel met jou tjommies!

    Christo BrandbruggiesAlkohol vriet ook jou breins, nes draks…

    Gooi Comment