Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy kry 'n bomber jacket. Dis amper nuwe jaar!

Omdat sommige van julle werfetters met vakansie was en dalk nie die Sondag so net voor krismis in die hande kon kry nie (ek is self een van daai werfetters) gooi ons die reseppie vir die Julius Malema hoener sommer hieso vir julle om te spaai. Click op die prentjie onderaan om dit mooi groot oop te maak en sit jou leesbrille op.

In ander irrelevante nuus: Watkykjy en die interwebs bereik van vandag af tot wanneer die klok nuwe jaar slaan 'n skietstilstand. Ons is besig om die sait se nuwe baadjie se soompies om te werk en daai knoop aan te werk wat ons in die barney verloor het buitekant die Daspoort tonnel. Dit was nogal baie fokken werk maar Anja Slaptiet staan reg met die naald en gare. Julle gaan die nuwe baadjie kwaai like. Dit het 'n klomp ekstra sakke en maak mens lekker warm onder die kraag. Ons speck julle marabsies as 2010 aanbreek. Met 5 ton illegal Marabastad fireworks en alles. Gaan sluit solank jou honde toe en gooi 'n lappies kombersie oor die budjie se hokkie.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Maak zak met Watkykjy en GPS Creative

Rait, so ek sal gou 'n klein geheimpie met jou deel (dis nou vir die ander ouens daarbuite wat websites of blogs run of webmasters is vir companies).

Jy kan zak maak deur Watkykjy se zeftige GPS voice packs te versmous. Hierie is een van daai use it/ don't use it tipe vibes, so maak daarmee wat jy wil.

Die ouens wat ons record het so paar weke terug - GPS Creative - het 'n lekker marketing plan aanmekaar geslaan waarmee bloggers so paar sente kan maak. Vir elke Watkykjy GPS voice pack wat jy byvoorbeeld verkoop, stop hulle jou 'n vyftien randjie in die hande.

Al wat jy hoef te doen is om hieso op te sign. Jy hoef nie net die Watkykjy GPS voice packs te smous nie - hulle het Mientjie, Nataniel, Nenna van Egoli, Riaan Cruywagen en sommer 'n hele klomp ander ook. As jy slim is sal jy die een kies wat die beste verkoop. Jy weet watter een dit is.

Sign op, kies 'n banner vir die product wat jy like, stick dit op daai onoorspronklike kak blog van jou wat gaan oor kaktus plante, puppies, die nuus of jou trotse Afrikaanse uitkyk oor die lewe wat jy eenkeer elke 5 maande update en hoop maar die sente rol in. Hou jou eerste R15 uit om vir 'n griff 'n Windhoek Lager te koop om dankie te tune as jy hom raakloop. Onthou, keep it real.

Hieso is 'n voorbeeld van een van die banners:



As jy vinnig en skerp genoeg is kan jy al reeds so paar sente maak hierie week nog. Ons het klaar al die harde groundwork gedoen en die storie is nog lekker vars in almal se geheue, so jy kan terugsit en effens begin zak maak as jy 'n halwe brein het. Moet net nie dink jy gaan 'n nuwe Peugot 206 kan koop nie.

Dit was even gister in Rapport gewees:

Let wel dat jou site ten minste gelees moet word deur meer as net jou twee siblings en jou oupa, anders gaan jy short kom. Ons het so paar weke terug van die blogs wat ons self so nou en dan lees hiervan vertel om hulle so bietjie van 'n headstart te gee, maar party van die ouens was fokken vas aan die wakker, so nou deel ek dit maar met die res van julle ook. Hoe tune die Nigerians nou weer in Spuitieland? O ja... No food for lazy man.

Nou ja toe, maak maar met die info wat jy wil.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Piel in 'n doos

So paar Watkykertjies het duidelik werk gemaak van hulle vakansie en 'n video geskiet.

Piel in 'n Doos. Mens kan nie regtig verder iets kwytraak hier nie. Woorde ontgaan my.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Lekker! Lekker boxing day!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ho! Ho! Holy shit, dis alweer Krismis!

Hoop julle marabsies kry nie te veel kak persenkies hierie jaar nie. Vat hom, vreet hom!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

'n Piele seevakansie

Lyk my die Watkykertjies is besig om lekker vakansie te hou. Hierie somerpret is deur Melissa aangestuur:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Jou eie free Watkykjy Fax 2 e-mail

Gatvol vir mense en companies wat daarop aandring om vir jou fakse te stuur en jy het nie eers 'n fokken faksmasjien nie? Moeg om papier en ink te koop en zak te mors? Jou fakse kan nou sommer direk na jou e-mail toe gestuur word en dit kos jou fokol.

Dis pismaklik op op te sign. Kliek net hierso vir jou eie free Watkykjy faksnommer. Dis nou nie 'n moerse kersgeskenk van ons af nie, maar dis beter as 'n skop in die toggos.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord - Zef Side

Raait, checkit. Ons hang so bietjie innie Kaap uit. Shaun Metlerkamp van Metalbox tune my hy het gaan draai skiet by Die Antwoord se moerefokken huisie.

Yo-Landi Vi$$er gooi haar expensive hare orals. Ninja gooi hom se piel in alle directions within the restrictions of his expensive
kortbroek. Dit gooi soos twee hondjies wat binne 'n streepsak baklei. Moenie hierie met 'n mondvol kos check nie. Sluk eers en sit dan die klank hard aan. Op elf. Of something.

Jirre dis zef. Gods.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis naweek



PS: Onthou om Sondag die Sondag te koop. Daar is 'n spesiale Watkykjy kook bylaag tipe vibe. Verder noem ons eerder nie te veel nie.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Reminder vir vanaand: Die Anwoord, Jack Parow, Die Wedding Naaiers

Kyk allie mooi postertjies. Dis fokken fraai:







Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Warm bokkies en mondkatjies

Hierdie is 'n nuwe response op "Jizz in my pants" wat Justin Timberlake ge-feature het so ruk terug. Dis ook tien een hoe hot chicks reageer as hulle jou sien by 'n jol. Jy wil mos nie daai toggos skrop nie. Skaam jou.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

The Killers




As jy skiem Big Concerts het organisation rondom The Killers opgefok in Joburg of Kaapstad:

Gaan join hierie group op Facebroek

Labels:

Die Heuwels Fantasties en Jack Parow - Die Vraagstuk

Die Heuwels Fantasties en Jack Parow se video "Die Vraagstuk" is in Aandklas op Stellenbosch geskiet iewers in Oktober of November. 'n Klomp fans het hulle gatte gaan Jack Parow hou virrie shoot. Hieso is die results:

Labels: , , ,

'n Moerse conspiracy

Labels:

Ons sit die drol in jou drinkwater.


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moenie windgat raak nie

As jy hierdie vakansie gaan suip, probeer om jouself in toom te hou. As jy een van daai mense is wat in 'n poes verander, bly eerder van die drank af weg. Veral julle matriek laities wat so sterk raak na een Brutal Fruit wat jy deur 'n strooitjie drink.

Netnou word jy teen die kop gepoes met 'n poolstok soos hierie laitie in Margate:



Baie sexy.

Lees die hele storie op Sondag.

Sy pa gaan hom ook seker ook lekker donner as hy eers terug is by die huis.

Labels:

Jack Parow praat oor "Cooler as ekke"

Kak Supermarket

Hierie plek moet seker 'n moerse klomp kak verkoop. Wonder of die diens ook kak is:


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis Naweek! Dis fokken holiday ook!

Vinnge grappie voor ons duik:

'n Dronk ou en sy tjerrie raak heavy jags en besig by Oppikoppi so net buitekant hulle tent na hulle Jack Parow gekokkenodge het. Na so rukkie van buikduik stagger die bra orent en tune die goose:
"Jissisjh, ek wensj ek kan onthou waar die fokken flitsj isj!"
Die girl tune hom:
"Ja, fokkit! Ek ook, want jy vreet nou al vir langer as 'n halfuur gras!"


O ja, en dis naweek. Dit is tyd om te duik:

Labels: ,

Watkykjy se 20 krismis tips. Stop jou krismis panthyhose vol.

Dis minder as 'n maand voor krismis en vir luigatte soos myself is daar goddank die interwebs om my shopping te doen. Verby is die dae van die last minute rush tussen creepy kersvaders, skreeuende kinders, krimpies wat jou haakskene vasfok met Hyperama trollies en die odd gewapende rower by Menlyn. Online shops soos Kalahari sal ook sommer jou perskenke vir jou gift-wrap vir mahala voor hulle dit vir jou pos. Niks meer kites toedraai vir die snotneus kinders in die familie met jou ou Rapport, Beeld of vis & chips pampiere nie.

Ons het hieso vir jou so top 20 lys met idees vir persente aanmekaar geslaan. Ek self moet so paar van hierie outjies koop en het so skuins duskant fokol zak, so maybe is ek daai naai by Menlyn met die AK47 hierie krismis. Godweet goed het duur geraak...

Jy kan feitlik enige fokken ding deesdae online koop. Tot jou fake kersfeesboom. Hierso is 'n lys van 'n so paar voorstelle as jy nie weet wat die fok jy gaan doen vir krismisboks nie:

Obviously het jy die volgende twee Watkykjy kerspersente nodig:

Eerstens:

Die zef Watkykjy voice pack deur GPS Creative vir jou Gaaarmin - slegs R149. K-Lo tune jou hoe om te ry. Gaan luister na die sample soundclips:

click oppie pic vir meer info

Die manne daar by GPS-Creative run op die oomblik 'n moerse special. Koop enige voice pack vir R149,95 (soos die Watkykjy voice pack) en kry Bruno the Bender en Franco Fontein se voie packs verniet. Ons het na die voice packs geluister toe ons daar was. Dis nogal cool.

En as jy nie 'n Garmin het nie, is hierie enetjie nie te bad nie:

Die Garmin Nuvi 205 - R1,349.95
.
Nie te kak geprys vir 'n entry level outjie nie. Ek skiem dis die een wat ek gaan kry, want ek het so kak stuk Telefunken (al die 2de fokken een) wat ek by Makro gekoop het omdat ek 'n bliksemse cheapskate was. Hy reboot heeltyd asof ek in Hungary is. Fokken stupid stuk kak. Ek beter geld uitkak voor Dinsdag want ek ry Kaap toe.
click oppie pic vir meer info

Tweedens:

Jy ken die dril. Click op Tos en koop ons boek. R88.35. Dis fokken cheap vir 'n befokte persent. Gaan check op Ons boek se website vir meer info. Los hom in die kakhuis. Elke keer as iemand met die bruinbeer gaan stoei sal dit die maagpiere bietjie help om die outjies af te laai.



Die res:

As jy klaar ons supermain boek "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" besit, is hierdie ene dalk 'n cool tweede opsie:

Jeremy Clarkson se "Driven To Distraction" vir R291.04. Dis 'n boek. Dis snaaks. Lees hom.

click oppie pic vir meer info

Top Gear: Back in The Fast Lane - R97.80

Dis moeilik om verkeerd te gaan met enige Top Gear DVD, veral as jy 'n kar junkie is of in Brakpan bly. Het mense in Brakpan DVD spelers, of rol hulle nog met BetaMax?

click oppie pic vir meer info


District 9 op DVD - R129.95

Ons het julle anhoudend uitgekak omdat julle nie die movie gaan sien het nie. Dis nou op DVD. Ja, lekker - omdat jy nie wou luister destyds nie moet jy dit nou op jou 51cm TV kyk. Kry vir jou. Of as jy regitg te fokken cheap is, print griff se interview met Sharlto Copley uit op pink papier en spray dit met Ego of Mum.) Very fancy en tuisgemaak. Dis die gedagte wat tel.

click oppie pic vir meer info

Sony DCR-SR47 R3,999.00

Hulle het cheaper models ook, maar hierie is die beste waarde vir geld. Jy kan hom by Makro ook koop vir dieselfde prys - as jy like van parking soek, roadrage en krimpies se trollies in jou kuite.

Ek gaan self hierie outjie kry omdat my tweede Sony HC21e iewers in die Alexandra gedeelte van Sandton vakansie hou. Die eerste een hou vakansie in Nigeria met my $1200. Nice. Fokken nice! O ja, ons gaan die nuwe een gebruik om iewers in die nuwe jaar vir julle lekker Joost sex tapes te maak. Like 'n hele fokken reeks. Maar ons wil nie te veel weggee nou nie. Julle sal dit kokkenondge. Dit gaan befok wees.
click oppie pic vir meer info

Virrie kinders: Meccano Tuning R/c Sound System Car - R1068.95

Raait, hierie is wat ek gaan voorstel vir die kids, want as jy hierie outjie (of enige ander Meccano) koop, dan het jy basically vir jouself iets gekoop om mee te speel. As jy nie jou eie kids het nie, koop sommer vir jouself in elk geval een. As jy wonder oor persente vir familie se kinders (nie jou eie nie), koop vir hulle cheap kites of iets anders dodgy (soos chockolate slabs) en spandeer zak op jouself.
click oppie pic vir meer info

Selfone vir kids en krimpies - R469.95

OK, fine hier is nog een vir die kinders. 'n Basic selfoon. Kids kry deesdae selfone. Bid jou aan. Jy kan net sowel 'n cheap-ass stuk kak koop wat hulle in elk geval gaan wegpoes. Maybe kan jy dit vir jouself koop, as jy 'n baard dra. Mense met baarde bitch altyd dat selfone net gebruik moet word om te bel en niks anders nie. Hieso oupa, hier is 'n stuk kak waarmee jy kan bel. Is jy jy nou happy? Nee, oupa, hy gee nie kanker nie.

click oppie pic vir meer info

Tunes:

OK, so daar is nog mense daar buite wat actually vir musiek betaal. Die res van ons steel dit van die interwebs af en rip dit stukkend. Hier is so paar voorstelle vir mense (mens-mense) wat nog eerbaar is en vir musiek betaal:

702 se solid gold. 'n Lekker double CD met kief tunes op waarop jy kan pomp of draties kap. - R136.76


click oppie pic vir meer info

Van Coke Cartel se "Skop, skiet en donner" album.

Weereens, moenie shops toe fok nie. Koop hom online. Jy download hom onetime. Hy is op jou PC. Jy sal nog besig wees om 'n brannas te skink, dan is die outjie klaar op jou laptop, of op jou Mac as jy een van daai neus-in-die-lug naaiers is. (Soos die Wedding DJ's)



click oppie pic vir meer info

Tagz Scrolling Message LED Badge R189.00

Hang hom om jou nek en program whatever jy op die display soek. Chicks sal dit like want nou kan hulle na werfetters sa manboobs (of moobs, as jy wil) staar. Jy gaan dalk net 'n PK kry as jy iets opsit soos "Wat ruik roos poes?" of "Lees hier as jy wil naai". Die besluit oor wat om te program is ultimately joune.
click oppie pic vir meer info

'n Three piece cocktail kit R699.00

Maak of jy larney is. Gooi coktails soos Tom Cruize. Hou verby met die Rohepnol. Sies man, mens werk nie so nie!

click oppie pic vir meer info

Shaving kits - begin by R299.00

Van brushes to cut-throat razors. Kan handig inkom as jy tjoekie toe met gaan en iemand wil jou roofnaai as jy die seep moet optel. Hulle het ook oulike borseltjies en stuff, jy weet, vir as jy jou toggos smooth wil maak vir daai new year's party in Hartenbos. Chicks like nie van bos nie. Veral nie in Hartenbos nie.

click oppie pic vir meer info

'n Solar charger R1,199.00

As daar 'n Verimark advertensie vir hierdie outjie moes wees sou hy min of meer so afgeloop het: "Man, Karike, hierie outjie fokken charge enige iets. Bring my daai hond dan wys ek vir jou. Al wat jy nodig het is die son. Well, what do you know. Ons bly in Suid-Afrika. Ons het poesbaie son! Dis nou as Eksom dit nie aan Zim verkoop nie..."

click oppie pic vir meer info

'n Glow brick? R380.00

Jirre dit voel of ek by die Vaal skou is in Vereeniging. Hy werk ook met son. As ek zak het sal ek so outjie kry, al is dit net om in iemand se gat op te druk vir die fun. Waar is daai man van Telkom?

click oppie pic vir meer info

'n USB Mikroskoop R1,399.00

Speel lekker CSI by die huis. Ek vat 'n shot in die dark hieso, maar ek is bereid om R20 te wed dat 90% van mans wat 'n mikroskoop besit heel eerste na hulle eie manbotter kyk. Hoe lykit, swem jou soldaatjies nog? YeeeaaaaaAAA!!!!
click oppie pic vir meer info

Monkey Spanker R348.00

Vir die outjies wat kersfees alleen by die huis gaan sit en huil. Ten minste het jy nog jou apie. Slat hom, pappie!
click oppie pic vir meer info

Clone jou eie zaber R620.00

Die option hierso is heeltemal te veel en heeltemal te veel creepy. Van kerse tot seep en skommelstokke vir jou goose. Clone hom faktap! Los dit vir haar by die huis op die bedkassie en gaan speel darts. Sy sal jou nie mis nie. Soek solank 'n nuwe goose.

click oppie pic vir meer info

Holy toast! R72.00

Moeg vir boring toast? Kry moeder Maria op 'n broodtjie. Meer heilsaam as dit kan jy nie kry nie.
click oppie pic vir meer info

As jy opeinding met iets Corki soos kouse of 'n Pep Stores toeknoop hempie, moenie huilerig raak nie. Jy kry darem 'n belated krismisbox by Watkykjy ook in die vorm van 'n superslick befokte heavy next level Watkykjy website. Dit was kakduur gewees maar die moeite werd. Hy gaan 1 Januarie live en jy gaan 'n lekker boner kry as jy hom sien. Anja Slaptiet is besig om haar tiete nog slapper te werk in die agtergrond. Heavy details en shit. Julle sal sien.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moet nooit jou chappies insluk nie

Labels:

Christo Brandbruggies se take op Krismis

Dis (on?)gelukkig weer sulke tyd. Jeremy Mansfield raak skaamteloos huilerig op M-net oor mense wat nog nooit limo gery het of Madiba ontmoet nie. Advanced familielede wat anyway skiem julle is poes kommen, kruip gat vir site in julle strandhuis. Over-worked ouers try hulle kinders se skoenveters vastrap in die mall se esculators omdat hulle na “Jingle Bells Rock” moet luister. Almal by jou graft begin slapgat raak.

Enter the Krismis..

Nou van fokken waar Gehasie? Haille Selassie? Fok ek weet min van die kerel nes die een wat krismis invent het, die vibe wat my zak so poes heavy knak elke jaar. Krismis bonus kon net sowel Krismis boner gewees het. Fokken Martino vibes - “now you see it, now it’s gone.” Goed en wel tjom, so hoe speel mens die Ace of Spades? Laat ek jou riglyne gee om nie jou geld op kak te mors as jy prezzies koop nie.

Tummy-tuck panties


Okay jy’s dalk een van daai fokken wing nuts, tos gedoen op skool, spanner geswaai vir ‘n paar jaar daarna, toe eindig jy op met ‘n vettie boemboem goose met selfbeeld issues. Verimark bied ‘n oplossing, maar ‘n tos ene, een wat net mislei: sy lyk soos ‘n sexy Coke bottel met haar tummy tuck panty, maar jirre as daai kak drop, lyk sy soos ‘n swanger golden retriever. Moet nie koop nie. Verimark se unwritten pitch: “ Goedkoop koop is kak koop.”

“NET VIRRIE GRAP” –Thys die Bosveldklong se DVD set

Woorde kom heavy short as mens moet comment oor ‘n man met sulke tos grappe. Genugtig, die laaste keer wat ek iemand ‘n lag so sien uitdruk het was toe ek ‘n span Corkis opgepas het (toevallig ook op krismis). Wat Thys nie besef nie is dat as jy rooi is, is enige hare wat nie op jou kop groei nie, skaamhare. En dis basies fokken offensive. Hy kan actually sy kak grappe stuit. En hy kan ‘n adult version van “Pin The Donkey” begin. Maar in plaas van ‘n stert het jy ‘n piel, en in plaas van ‘n donkiehol, het jy sy kennebakkies. Pin die penis bo die gemmer toggos na 5 mampoere.

Fake parfuum by straatsmouse

Awe so jy wil poes baie shine vang by jou pop, nou koop jy ‘n knock-off LaKots by een of ander straatmoer met ‘n oogklap affie Kaap. Package lyk legit. Jy en jou squeeze daag op by ‘n New Years paartie. Sy ruik lekker tot so na twaalf, dan morph daai kak, en sy ruik nogsteeds sterk, maar minder charming, meer soos ‘n fokken piskrip peppermint. Haar vriendinne kokkenotch jou kak rof uit. "Armgat!"

‘n PC/PC Software vir mense oor 50

Ek reken nie die gesegte: "Leer ‘n bra visvang en voer hom vir ‘n leeftyd" maak provision vir Leer iemand iets vang, en dan bel hy jou elke fokken dag omdat hy die aas in sy gat geprop het, die hoek deur sy neus, en die visstok in die water gedonner het nie. Dis wat gebeur as jy vir mamma Vista aanskaf...

(deur Christo Brandbruggies)

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord, Jack Parow en die Wedding DJ's

Speck julle volgende week in Slaapstad. As dit fuckhansie is. En almal op die N1 klim. En ek voor julle fokken almal daar is. Omdat ek one-shot deurjaag. Drive fast, play kak music loud.

Met my zef K-Lo GPS.


CNR LOOP STR & PRESTWICH, FORESHORE, Kaapstad

YO YO YO COOL FLIENDS!!!

BIG COOL PAHTI PAHTI!
ATTA SECLET DISCO CLUB!
DISCO K! DISCO K! DISCO K!
HELLO BIG TIME FUN!

KALAOKE BAR! DISCO! POOL TABLE!
HOT OLIENTAL SAILOR BOY!
BIGGA LAP-LAVE DISCO!

BESTA LAP CLEW EVA:
DIE ANTWOORD!

WITHA GOOD FLIEND:
JACK PALOW

ANDA HOT SEXY DJ BOYS:
WEDDING DJS!!!

ONLY R40 PAHTI PEOPLE ALL NIGHT

DLESS MANGA!

HAPPY GO SUCKY FUCKY!!!

NINJAS 4 LIFE!!!

GO! GO! GO!

just in case you get lost:
bottom loop stleet
vely vely bottom loop stleet
look fora DISCO K
opposite big bike shop
now you there
happy end

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moerse party in die Kaap hierie Saterdag

Jack Parow, Thieve, Die Heuwels Fantasties en Die Wedding Naaiers. Jirre dis 'n mondvol. Maybe score jy 'n broekvol. Gaan gooi 'n draai by The Assembly Saterdag, 12 Desember. Die skole is dan gesluit en alles. Vat net jou ID saam as jy nou net met matriek klaargemaak het en moenie fokken rammetjie uitnek wees nie.

Labels: , ,

Vir al die New Moon fans

Click om groter te sien, ou roomyskind:

Labels: ,

Die manne van Sondag koerant like van Photoshop

Hulle het vir ons hierie gestuur:


Labels: ,

Laroux 80's game

Byt vas, dis amper holiday. In die meantime het ons vir jou 'n kief 80's game wat jy kan jol as jy lus is om bietjie kromrug te trek en laer as slangkak te verkeer by jou heavy poef graft.

Daar is ook 'n bonus. Jy kan actually 'n bedonnerde 80's hamper wen. Once, pappie!







(shot vir Universal music wat hierie vir ons gestuur het)

Labels: ,

Hoe om jou porn weg te steek IV




Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

So, waar wil jy gaan holiday?

Goeiemore maats,

Ons doen gewoonlik nie hierdie tiep van kak nie, maar het geskiem om dit in elk geval te doen. Ons gaan julle help om julleself te help.

Hierdie Vrydag sluit die skole, so daar gaan weer heavy krappe op die highway wees, veral Margate se kant toe, want zefgatte smaak heavy van daai wêreld. Hulle ken mos niks anders nie. Dis heavy tos as mens moet toustaan by die Engen vir 'n bruispens of 'n bruinbeer.

Om die verkeer regoor SA te verlig wil ons die zef eweredig oor SA versprei. Ons het dit dus goed gedink om 'n Excel Spreadsheet hieso te gooi vir vakansie oorde regoor SA. Check dit uit, dis nogal kief. O ja, en moenie 'n dom naai wees nie. Daar is tabs onder aan die sheet vir die verskillende provinsies.

Vakansie Oorde in Suid-Afrika (as jy sukkel om hierdie oop te maak, trek asseblief jou computer se plug uit by die muur en loop slaap, want dan is jy kakdom)

(ons vat geen verantwoordelikheid vir kak of foutiewe inligting nie. Hierie is net vir ons gestuur. Come to think of it, ons vat basies in general nooit verantwoordelikheid vir fokol nie.)


Lekker zef vakansie fotos:




O ja, ons het 'n heavy kief surprise vir julle later in die week ook. Dis so fokken cool dat jy 'n fokken sweis helmet sal moet dra.


Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis naweek.

So vinnige grappie of twee:

Jannie

Pa tune vir Jannie: "As jy nou weer so vloek, dan kap ons jou tottie af!"
Jannie hap terug: "Dis okay, ek gee nie om nie. Sannie s'n is afgekap en omgesoom en dit lyk fokken awesome!"


Vuurvliegie

Een vuurvliegie aan n ander: "Ek moet nou vinnig 'n fokken bril kry, ek het nou net amper 'n sigaret genaai!"

Labels: ,

Jack Parow music video - Cooler As Ekke

Onse vrind, Jack Parow, die man wat lyk of hy 'n kontrak met die Duiwel geteken het om vir ewig 'n snor te dra in ruil vir 'n lifetime brannas supply, het uiteindelik 'n music video gemaak vir sy tune Cooler As Ekke.

Ja, woorde soos "poes" moes ge-cut word, want hierie outjie sal eersdaags op MK wys. Persoonlik dink ek dat hulle dit kon inlos. Dis myns insiens beter maniere om "poes" te sê op TV as om 'n klomp kak te snuif of te vreet, mekaar te bliksem houtpiele en spykers, te kots en 'n TV show daarvan te maak en te skiem dis piele entertainment (en dan is die hele storie ge-cookie cut van Jack Ass af. Dis nogal af.)

Anyway, checkityt. Dis nogal pretty fokken main:

video

Labels: , , ,

Yo-Landi Visser is Sondag in Sondag

Koop hierie Sondag die koerant Sondag. Hulle interview vir Yo-Landi Visser van Die Antwoord en sy praat onder andere oor hulle fokken main poesgroot record deal wat hulle ge-score het in die overseas en daai Kyle Saffy motherfucker van Lido Fest wat dinge so suur soos duifkak gemaak het.

Ek neem aan daar sal ook 'n ou fototjie van mejuffrou Visser in die koerant wees. Jy kan dit uitknip met 'n stomp punt skertjie en dan DC Fix vir agter jou spoelie se deur. Wat jy dan verder doen is tussen jou en die spoelie se mure.

Hier is solank 'n stylie foto van die goose vir julle:


Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

'n Kaal koen vir krismis

'n Kaal koen vir krismis

Hos my blare, ons pluk so bietjie Martha Steward vandag. Krismis is oppad en dis weer tyd vir kak persente kry, saam met ongewenste familie uithang, (vir die gooses and party laities) half oopmond soene kry by besnorde ooms in kerkklere en dies meer. As jy een van daai ongelukkige werfetters is wat nooit 'n zef krismis kan dodge nie, het ons vir jou so effens van 'n comic relief.

Meeste mense maak gewoonlik 'n kalkoen of 'n hoender gaar vir kerfees en ek neem aan dat die kalkoen meeste van die tyd drie grade Suid van 'n gigantiese fokop is. Nie meer nie. Volg hierdie baie maklike instruksies op jou kalkoen op te zef:

1. Baste jou kalkoen met jou favourite sous. Dis tien teen een Spur sous.
2. Sny vormpies in tin foil uit soos byvoorbeeld 'n bikini top en bottom en sit dit oor die kalkoen
3. Gebruik jou gewone resep, of dit nou werk en of dit nou uitfok. Dit maak nie saak nie. Grill jou kalkoen. Jy sal check dan jou kalkoen 'n mooi bikini tan kry
4. Sit die kalkoen in 'n lekker oopketel posisie op 'n bord, of as jy meer avontuurlustig is, 'n mini handoek. Maak sommer ook 'n sambreeltjie op en set die scene dat dit soos 'n beach lyk. Lekker Boksburg by the sea, ek sê.
5. Print 'n geliefde se gesig uit en steek dit met tandestokkies vas aan die bokant van die kalkoen.
6. Jy het nou 'n kaal koen. Dit lyk freaky.
7. Jy gaan of jou familie uitfreak (veral die ouer mense) of jy gaan hulle nuwe familieheld wees en jou nefie kroon as die nuwe swartskaap.

Even as die outjie nie lekker proe nie, kan jy hom op die tafel sit as deel van die window dressing. Dan kan hy check hoe julle die slaai, die brood en die geblikte mielies tand.

Onthou, om dit suksesvol te verklaar raai ons aan dat jy die scene baie noukeurig opstel, soos byvoorbeeld die beach tema. Wees verbeeldingryk met jou temas. Jy kan ook gaan vir S&M, maar dan gaan jy meer as een kaal koen moet maak en die goed is nie cheap nie.

As voorbeeld het ons die tema van gender issues en politiek gekies. Wees aktueel. Kies tema's uit die local nuus uit. Ons het byvoorbeeld hierso een gemaak met Julius Malema. 'n Hermaphrodite kaal koen.

Is dit nie pragtig nie:



Fok, ek sien nou eers - ons het vergeet om 'n vienna onder in te druk vir flavour. Jy kan ook bacon, 'n bier of 'n ui gebruik. Sepedi woordeboeke werk nie, jou stupid. Sepedi woordeboeke het fokol flavouring.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Vodacom, jy lieg vir my

Ek kak dus weer in my rok:

  • Ek het gister 13:25 stop ge-SMS na 30699, want ek haat dit om kak te kry wat ek nie wil hê of voor gevra het nie.
  • Ek het gister die volgende SMS terug gekry 13:25 - "Your News4U Out request was processed successfully"
  • Wat kry ek vandag 13:17? Nog 'n fokken News4U MMS.
  • Stop beteken STOP, nie fire nog 'n round na my hol toe nie.
  • Moenie vir my vertel dat processing vat tyd nie - julle SMSe vir kompetisies is gewoonlik 'n sarsie van 2 of meer SMSe wat opmekaar volg en interaction en meer zak verg. Trek die ander vinger.

Labels:

En die (on)gelukkige kopkou wenner is ...

Hello,

Wil maar net laat weet dat ek die on/gelukkige ou is wat die kopkou gewen het, maar het nog nie my prys gekry nie, ek sal maar vanaand by ridgeback gaan dronk en kyk of ek lucky raak.

Respect vir julle site en die werk wat julle verrig elke dag om 'n smile op my gesig te sit.

Awe,
nel6t9

Labels: ,

Baie geluk met die kopkou

Baie geluk met die kopkou wat jy gewen het, whoever jy was. Ons hoop jy het dit sommer baie geniet.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Radio Kalahari Orkes with Jack Parow - Blaas Jou Vuvuzela

Daasy mense, nogge lekker tune for free deur Jack Parow en Ian Roberts van die radio Kalahari Orkes. Crank hom op tot 11 en luister hom as jy vleisbraai. Ons het 'n official anthem vir 2010 se sokker.

Check jy die blou lyntjie hieronder? Daai is jou tune, my bra. Download hom.

Blaas_jou_vuvuzela.mp3

Check sommer ook www.radiokalahariorkes.co.za uit.

Labels: ,

Hey, Vodacom

Hier is die deal, Vodacom:

Ek het op geen stadium gevra vir julle irriterende News MMS'e nie. Ek sign nooit vir sulke kak op nie. Julle het dit sommer net na my toe begin stuur uit die bloute in die hoop dat ek na die 75 sekonde clip sal click op die interweb link wat op pop en sodoende van julle duur interweb connectivity gebruik maak sodat julle 'n piel kan indruk waar hy nie hoort nie.

Niemand van Vodacom het my gebel of ge-mail nie en niemand van Vodacom het my gevra of ek die stront wil hê nie. Julle stuur dit net uit in die hoop om meer skille te maak.

Ek het nou 'n free SMS met die woord STOP na 30699 gestuur. As ek daarna nog promotional MMSe kry sal ek weer in my rok kak.

Los my asseblief uit, ek weet hoe om 'n fokken selfoon te gebruik. Al van 1994 af.

Labels:

Via The Backroads se premiere

Ons het julle so ruk terug vertel van Via The Backroads, 'n kick ass documentary oor so paar ouens wat SA en ons buurlande ingevaar het met skateboards en BMX'e.

Hulle het 4 Desember hulle premiere vir die storie.

Kokkenodge die flyer hieronder vir meer details as jy wil gaan draaiskiet. Click op dit om mooi te kan lees:

Labels: ,

Afrigator