Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord - Tings n Times

As jy Die Antwoord se gig by Tings 'n Times hierie Saterdag gemis het, het jy die fokken gig van die jaar gemis my blaar. Dit was poes hectic en heavy next level intense. As julle like mooi vra, sal ons een of ander tyd 'n nca video hieso uitpomp, maar julle wou mos polisiekoffie drink tot jy paraletic is en die kak boringste Super14 final ooit in humankind se geskiedis tsek. Heavy skaam.

In die meantime, kyk solank na Die Antwoord se photo shoot hieronder. As jy fotografie swot, hou dadelik op. Jy mors jou zak. Staar net vir hierdie foto's. Dis fokken awesome.

Die fotograaf Sean Metelerkamp maak uit van kiekies snap.




Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis Super 14 finals by Loftus vandag

Was jy ooit al daar by Loftus as dit vol is en dit rof is?

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Bloubul Vetkoek

Labels:

Elke Vrydag is Nasionale Watkykjy Dag #4

Dis Vandag weer Vrydag wat beteken dis Nasionale Watkykjy dag. Ons is bietjie stukkend na gisteraand se vibes by Gin maar ons gaan like 'n groen ambulansie of twee drink.

Vanaand gaan ons superlarge by The Woods gaan en more gaan gaan ons tien teen een vrek by Tings in Pretoria, maar dit sal lekker wees tot dan. Scroll onnertoe vir vandag se shit. Ons gaan pille sluk. Hoofpynpille, man. Nie draks nie.

Labels:

'Onderhoud met The Wedding DJs

By NINJA en YO-LANDI van DIE ANTWOORD

My name is YO-LANDI VI$$ER, I'm 17 years old and I'm rushing off my face inside a small secret underground rap-rave jol somewhere in Cape Town. THE WEDDING DJ's are dropping a heavy next-level rave set and I'm on the dance floor tripping out to the psychedelic neon infinity patterns getting painted in the air by my firend NINJA, rocking his 2 mini light-sabers he got from The Golden Acre.
The night is young and anything can happen. The possibilities are infinite. The WEDDING DJ's are opening and closing doors for me so that I can travel from the dance floor in any direction into hidden dimensions. They are dropping the same old hits, but it’s working. Towards the middle of the set the confusion starts kicking in. I really just want to take a piss in the bathroom alone. JAMES BROWN IS DEAD by LA Styles is kicking hard and I find myself in the bathroom checking out my raging tongue in the mirror, which is flipping uncontrollably in and out of my mouth. I'm not sure if my bulging pupils look hot or not. I desperately need a drink, or wait no! Maybe I need to take a piss. I try to call someone on my cell phone. I know my friends are out there somewhere, but I'm not sure where or if I will ever see them again. Maybe I should just wait here forever till someone comes to help me.

NY - Is julle gelukkig?
SD3000 - Well stel dit so, eenkeer toe ek en een van my skool blare by die arcades was het ek drie free credits in Tekken 3 gekry.
Chopper Charlie - Solank daar ‘n beat is, ja.

NY - Wat wil julle van die lewe he?
SD3000 - Net ‘n bietjie liefde.
Chopper Charlie - Ag nie veel nie, maar ‘n blowjob nou en dan sal nie te kak wees nie.

NY - Hoekom hou julle van ons?
SD3000 - Want Die Antwoord verstaan mense se need om te rave. Nes ons.
Chopper Charlie - Julle vat nie prisoners nie.

NY - Is julle ryk?
SD3000 - Well stel dit so, ons besit 'Wedding DJs' die empire en brand. En soos julle weet is brands soos moerse fokken valauble. Ons is besig om ‘n partnership met P Diddy te negotiate dat hy die Wedding DJs se clothing label “No Skaam” op sy Combs label te drop.
Chopper Charlie - Fokken ryk van gees, maar nog nie ryk genoeg om die groot Hyundai te kan koop nie.

NY - Wie is die rykste: SUPER DELUXE 3000 of CHOPPER CHARLIE?
SD3000 – Ekke. Ek het nou net ‘n moerse mansion in Milnerton gekoop.
Chopper Charlie – Ek’s nou wel ‘n bywoner, maar ek mind fokkol. Geld koop nie klas nie.

NY - Ons hoor julle is ook heavy weight film directors en dat julle pitch vir die ENTER THE NINJA musiek video gewen het. Het julle al begin werk aan die treatment?
SD3000 – Ja ons het, dis deur ons media production company: Johan et Andre wat ook dik zak maak.
Chopper Charlie – For sure. Net nou die dag is ons woestyn toe. Far out.
NY - Wat is die konsep?
SD3000 – Check as jy soos 2Fast 2Furious sou vat en jy gooi like heavy drugs by en dit word a Mother rave en almal trip soos heavy uit en dance op die speakers gemeng met soos ‘n heavy esoterico ying and yang town and country vibe waar ninjas levitate en shit, dan sal dit soos die konsep in ‘n nutshell wees.
Chopper Charlie – Well, iemand moet vir Yo-lande Visser red van The Bad Guys. En Ninja is mos nie fokken bang vir fokkol nie.

NY - Julle next level rave DJ paarties is fokken mal.Hoe kry julle dit reg om mense so te laat uit fok oppie dansvloer?
SD3000 – Meeste van die tyd sit ons drugs in die air conditioning
Chopper Charlie – Watse mense?
NY - Gebruik julle dwelms?
SD3000 – Ek is allergies daarvoor, maar as ek nie was nie sou ek.
Chopper Charlie – Wat het jy?

NY - Daai kort broekies wat julle dra onder die DJ tafel is heavy fokken sexy.
SD3000 – Dankie.
Chopper Charlie – Flattery will get you everywhere.
NY - Will baie chicks na julle dj gigs vir julle twee zaber?
SD3000 – Ja altyd.
Chopper Charlie – Net as ons hulle eers fliek toe vat en blomme koop. Angeliere is altyd nice.
NY - Kry julle ooit aksen onder die DJ tafel gedurende julle live DJ sets?
SD3000 – Waarvan praat jy? Worsvoeding?
Chopper Charlie – Dis hoekom ons so smile die heeltyd.

NY - Wat is julle 10 beste paartjie liedjies van alle tye op die oomblik?
SD3000:
Orinoco Ninja Flow – Enya vs Die Antwoord
LA Style – James Brown is Dead
I like to move it – Reel to Real
Boom Boom Boom – Outhere Brothers
Boyz II Men – I’ll make love to you

CHOPPER CHARLIE :
Gangsta’s Paradise – Coolio
Rhythm is a Dancer – Snap
This Beat is Technotronic – Technotronic
Thunderstruck – AC/DC
Paradise City – Guns ‘n Roses
NY - Maak die sin klaar:
Op n romantiese aand sal ek...
SD3000: R Kelly se Bump n’ Grind pomp. My Mind is telling me nooo...
But my booody, my boody is telling me yeeees!
Chopper Charlie – Dance till we can’t...dance till we can't dance no more, get on the floor, and get raw...

NY - Wie is Griffin?
SD3000 - Hy is baas van die Wat Kyk Jy? Record company en hy maak fokken baie geld.
Chopper Charlie – Mr Big. Of eerder Mr Big Nose.
NY - Wat het julle onlangs getjek wat julle geskeem het is heavy next level?
SD3000 - ‘n Mazda RX7 met 10 custom fitted Panasonic Carrozzeria X speakers en 12 monitors. Goosebumps when the bass pumps bra.
Chopper Charlie – Die fokken Antwoord. In Bloem. Met Hummers.
NY - Het julle vriende wat crocs dra?
SD3000 – Yes ja!
Chopper Charlie – No comments.

NY - Tune julle hulle iets daaroor of los julle dit net?
SD3000 – Ons tjune hulle fokken stukkend.
Chopper Charlie – Tune hulle blind my bra.

NY - Sal julle by Steve Hofmeyer se volgende wedding speel vir R15 000?
SD3000 – Ons sal verniet daar speel.
Chopper Charlie – Anytime.
NY - Wat is julle mees memorable moment gedurende een van julle DJ sets?
SD3000 – Toe die power uitgaan een aand toe ons op stage is voor fokken baie mense en toe voor die ligte aankom gooi Chopper Boyz II Men se I’ll make love to you. Dit was moerse hot en meisies het soos met mekaar begin vry en tiete brei.
Chopper Charlie – Mens praat nie uit die backstage nie.
NY - Waarvoor is julle bang?
SUPER DELUXE 3000: Fame
Chopper Charlie – Kinders, they must be up to something.
NY - Hoe voel julle oor die feit dat die WEDDING DJ'S as die beste DJ crew in Kaapstad gesien word?
SD 3000 - Wel mens werk hard so dis nie rerig ‘n surprise nie.
Chopper Charlie – Ag jy weet, alle DJs is eintlik ‘n brotherhood. Ons is almal plugged into the universe of sound, so there’s no competition... Plus ons is net beter as almal.
NY - Gee ander DJ's ooit vir julle poef?
SD 3000 - Nee hulle waag dit nie want hulle weet ons het conneksions met ous van die oos-rand tot die flats.
Chopper Charlie – Ek verkies as hulle eerder vir ons drinks gee. Poef is nie lekker nie.

NY - Julle is altwee baie mooi.Hoe hou julle julle lywe in so goeie kondiesies?
SD 3000 - Gym, eet gesond, en Joe Weider se protein shakes is wat vir my werk.
Chopper Charlie – Ek kyk baie videos oor tai chi en het al eenmaal chai tee ook gedrink. Dit was nie baie lekker nie.
DIE FOKKEN ANTWOORD vs DIE MOEREFOKKEN WEDDING DJ'S
International Zef Rap-Rave Jol tour!
Annie fokken brand my blaar!
Tsek julle daar!

Labels: , ,

ZCC Winter Specials


Labels:

Taxi Stopper

Benodigdhede:

• Genoeg drank.
• 3 kampstoele
• paar pelle
• plat doos
• karpomp
• tyd

Metode:maklik
• trek hulle af
• en kyk na die wit van hul oge
• vat geld as hulle aanbied, moenie vra nie dis bedrog
• geniet die trip



Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Sy gee die bulle horings...

Ons wonder hoe sy dit doen? Miskien deel sy 'n free vleisdas uit by Sin Bin se ingang ...


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hoffentot Hoff

The Hoff is ook nogaal beeg hieso in Suidelike-Afrika. I present to you - Hoffentot Hoff

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hieso is julle surprize

Die cool ding van 'n surprise is dat jy nie noodwendig daarvan hoef te hou nie en dis waarmee ons gaan rol hieso.

Iemand se duim onverwags in jou hol byvoorbeeld - RRRrrrrt!! ....... Surprise!!! Jy check?

Ons surprise vir julle is dat Die Antwoord se laaste tune vir hulle verniet album finally klaar is en hier op Watkykjy beskikbaar is. Dit is poes zef en jy moet kak vinnig ry en die bass pomp in jou Corsa poeskoets as jy dit crank, want dis Watkykjy se theme song en ons moes dik skille uithaal vir hierdie outjie se production.

WAT KYK JY? is die zefste, duurste en laaste futuri$tik rave rap song wat nog ooit in Afrkikaans in die heelal uitgepomp is. Never seen zef so fresh, my gabbas.

So nou dat julle al die tunes verniet gekry het, is hieso jou official album cover wat jy kan uitprint vir jou CD en self kan fokken D.Y.I. Ons sal die binnecunt se sleeves en die agtercunt ook later hieso plak. Goeie dinge vat tyd. En tyd is fokken geld.



O ja, moet ook nie hierie week Die Antwoord en The Wedding DJ's se Gauteng Flats toer mis nie. Dit gaan fokken hectic, dog kief wees. Hieso is allie details, jou fokken marabs. Moenie 'n doos wees nie - click op die prentjie met die mooi tiete as jy nie kan lees nie:



Gin in Greenside se details:
12 GlenEagles, Greenside, Johannesburg, South Africa 2034. 082 3325 772 / 082 9255

Raait, ons het baie brannas om te drink en goeters te reel. Sien julle daar. By elke fokken gig.

As jy uitmis, gaan jy fokken lank wag om weer so iets te aanskou, pappie... Poeslank.

(tensy jy 'n donkie, 'n tub vaseline, 'n cattle prod, rubber gloves en 'n halwe kilogram uitgedroogte pruime het. Mens sien dit ook min)

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Bloubul kakgeit

Hierdie is so sad en kak gedoen dat dit nie eers zef kan wees nie. Dis net plein kak. So blokkie stuk kak wat veronderstel is om 'n bul te wees. Nee fok man, skaam!

Labels:

oorspronklik soos ouma

Ai ons arme nasie is deur die kak. Nee nie al die mal bulls ondersteuners nie, ook nie daai crazy ipl peeps nie en definitief nie ons politieke samestelling nie, eintlik is al hierdie groepe heeltemal uniek tot Suid Afrika. Ja daar is oor vleueling maar fok tog, daar is iets wat hulle almal eg Suid Afrikaans maak soos Ouma beskuit, taxi violence and mass action deur dokters en verpleegsters.
Die maplotters wat my bloed kokend maak is die volgende sotte XIT, hulle is so uniek soos verkoues in n kleuterskool, STD's in die universiteit koshuise and die kragwoorde wat ek elke oggend uiter vir my taxi associates. Die plankkoppe het besluit om n heeltemalle unieke diens in Suid Afrika te verskaf, verkorting van web addresse, dankie tog ek het hulle gekry. Die 200 ander websites wat dit al bied vir 7 jaar in die VSA is te ver vir my internet. Dank gaan aan Blue Archer dat hulle hierdie leemte raakgesien het en nou vir ons agterlikke Afrika mense ook die geleentheid gee om web addresse te verkort. Ter voorbeeld tinyurl, is sedert 2002 reeds aan die werk maar ongelukkig kon niemand in Suid Afrika by hulle uit kom nie want hulle was anderkant die interwebs.
Hoekom is daar sulke slapgatte om slegs idees te steel! Steel geld, steel tyd of steel n hart maar idees, dis laag en gemeen ou!

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Elke Vrydag is Nasionale Watkykjy Dag #3

Dis Vandag weer Vrydag wat beteken dis Nasionale Watkykjy dag. Twee en fokken vyftig keer per jaar is dit low-profile dag en tyd vir kromrug trek by die werk. Komplimente van Watkykjy.

Dis ons derde groot kromrug Vrydag mission in 'n ry en daar is weer baie kak om te speck. Check uit vir nogge K-pax Kronikels storie en veral griffin se super Boererate wat hy bietjie ondersoek.

As jy klaar is met al jou leeswerk op Watkykjy en jy het nog tyd oor, kan jy altyd oorskiet na http://surplusjokes.blogspot.com toe vir so bietjie verrykende werk.

Maak jou naweek groot met die hand. Volgende week het ons 'n fokken vet surprize vir almal.

Labels:

Deel I van griffin se bakgat boererate -1854 hersien en bygebring

Het julle actually al bietjie gaan sit en nadink oor hoe fokken creapy die boere moes gewees het back in the day? Al die bygelowe en kak waarin hulle geglo het wat heel moontlik gely het tot boererate waarin mense nog steeds vandag glo. Meestal mense in cults sonder TV, internet op platteland en mense wat dink dat die aarde nog plat is. Soos hulle koppe. Ons het 'n magdom van die goed gaan uitgrawe en gaan dit vir julle opbreek in so paar kleiner hanteerbare sarsies. Te veel op 'n slag kan lei tot ongereelde maandstonde by die vroulike geslag en ereksies op ongelee tye by mans.

As jy op enige stadium wel voel dat jy reeds te ver in die boereate ingetrek is, moenie worry nie, Jy sal OK wees. Doen net die volgende: Veil 'n apie se duimnael in 'n koppie swart koffie in (Ricoffee is fine) en roer 2 eetlepels blou feterjoel by anti-kloksgewys. Wag tot dit louwarm is en sluk af met drie slukke.

Miskien is daar reeds klaar te veel gese...
Hier is die eerste deel van:

griffin se bakgat boererate -1854 hersien en bygebring


Hoes:

1 Bottel Witdulsies
¾ Bottel Borsdruppels
2 Teelepel Paragorie
1 Bottel Roulyn olie
1 Bottel Terlington
1 Eetlepel Asyn
500g Heuning
Pepperment drupples na smaak.
Ek het actually niks sleg te sê hieroor nie. Onthou net om jou Discovery Vitality kaart saam te vat Pick 'n Pay toe. Jy kry 25% discount op witdulsies, paragorie en roulyn olie. Vra vir paragorie by die sigarettes counter. Hulle sal dadelik weet wat die fok jy van praat.

Babelaas
Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas water saam met 'n eetlepel suiker en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne 30 minute is jy goed soos nuut!

Hierdie persoon kom duidelik van die planeet "Een Savanna Light seblief!" af. Hier is iets wat vir 'n verskriklike babelaas werk: Gooi elke paar ure ertjies, mielies en wortels op - iets wat jy die vorige dag fokken glad nie gevreet het nie. Kruip weer terug in die bed en herhaal opgevolg met glase water, bewerasies en spuitkak. Kyk of jy iets in jou lyf kan kry soos toast, tee, koffie en Berocca. Teen die tyd dat Carte Blanche wys het jy 'n hawle brein. Word Maandag wakker op die couch. Siedaar, jou hangover is weg!


Klem in die kaak
Braai erdwurms in soetolie en smeer

Braai erdwurms en smeer? Kook mielies en gooi!!

Omlope wat jeuk
Smeer as (uitgebrande hout) aan, dit laat die gejeuk ophou!

Dankie dat jy "as" vir ons clarify tussen hakies. Ek het vir 'n oomblim gedink julle praat van boude. Iets wat egter baie beter werk vir omlope is om van hek na hek te gaan in jou buurt en al die buurt se honde en katte aan jou gesig te laat lek. Daai omlope fokof vinnig. Woef, ek sê!

Pitswere
Maak 'n XXX-pepermentlekker effens nat, plaas op die pitsweer en verbind. Binne 'n paar dae is dit genees

Bewhalwe as jy dit verbind met die ander pitsweer, dan het jy kak. 'n Voorsorgmaatreel om pitswere te verhoed is om meer geld te verdien. Kry 'n tweede werk, want net armgatte kry pitswere.

Vir sommer enige pyn of kwaal
Zambuk salf!

Yup, kan 100% daarmee saamstem. Ek het Zambuk salf orals oor my malaria gesmeer wat ek in Nigeria opgetel het en na 30 minute was die werk gedoen. Mense research actually nou die wonderlike Zumbuk by TUKS om dit in hulle oorlog teen AIDS aan te wend.

Sooibrand
Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir 'n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.

Fair enough, maar ek vind dat wanneer jy 'n halwe koppie cane afsluk sonder enige mix dit dieselfde effek het, plus jy vergeet vinniger dat jy sooibrand het, al het jy dit nog steeds.

Puisies
Smeer vars suurlemoensap aan.

En vir puisies so groot soos suurlemoene, smeer vars puisiesap aan. Sommer aan enige iets aan. Die gordyne byvoorbeeld. Maar die gordyne moet oop wees.

Tandpyn
Byt 'n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer, of rook perdemis.

Raaaaait... Die aspirien deel werk, maar deel deel twee kan jy maar vervang met enige iets. Soos.. rook 'n perd se vleispyp tot hy jou seer tand uitskop met sy sagte unicorn hoewe en jy stadig wakker word uit lala-land uit.

Tong gebrand?
Sit suiker op die brandplek

Kan iemand my asseblied laat weet of hierdie werk? Ek sit gewoonlik 6 koppies vloekwoorde op my tong en spoeg dit uit oor die eerste ding in my pad. Dit werk befok. O ja, en om jou tong te brand en om 'n meisie te brand is nie dieselfde ding nie, so moenie Hulets op jou Goose se guava strooi nie.

Seer gebarste voete of hande.
Koop die volgende: 'blue seal vaseline' gliserien en Johnsons se babapoeier, meng alles saam in 'n plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan, dis meer koste effektief as al die duur goed en werk fantasties.

Ja, dis meer koste effektief as kom ons sê... 'n paar oordentlike skoene en kouse. Of maybe handeroom wat lekker ruik. Jy kan altyd vir die babapoeier opsie gaan as jy wil. Onthou net om 'n doek te dra werk toe, want jy gaan soos 'n bliksemse baba ruik.

Vratte
Neem een lang haar van jouself, bind dit styf om die vraatjie, sny ander deel van haar af. Los tot vraatjie afval. Het bietjie hulp nodig van iemand om te te help. Dit werk, het dit al gedoen.

Het bietjie hulp nodig van iemand? Wat? Like om daar te sit en te help staar vir die vrat tot dit afval van jou lyf se ouderdom? Vra jou vriend om jou eerder te teer en veer, op donkie vas te ketting en jou by Boksburg se poorte uit te jaag. Delmas se rigting in. Jy het 'n vraatjie, so jy is 'n freak.
Kaalkop mense neem asseblief kennis - julle is gefok.

Wurms
Wildeals, getrek soos tee (nie kook) sal die wurms uitdryf, of wynruit, getrek soos tee

Of jyself, getrek soos 'n rekker wat al huilende nakend in die straat afhol met wurms wat by jou boude uithand. Die polisie sal jou eventually arresteer en tronk toe vat waar jy sulke slegte kos sal kry dat die wurms wurms kry en beter boude buite die tronk sal gaan soek. Of jou wurms woord bloot gesteel. Jy is after all, in die tjoekie


Slangbyt
Neem ’n skeermeslemmetjie en sny ’n kruis op die bytplek. Suig die gif uit die wond en was mond met petrol. Vryf dan die gedroogde bloed van ’n skilpad in die wond.

Ons neem hier natuurlik aan dat die betrokke slang min of meer so giftig is soos Julius Malema se matriekuitslae. Met ander woorde jy het fokken baie tyd om 'n skilpad op te spoor en met 'n 4 pond hamer oop te kap en te wag tot sy bloed droog word. In die Karoo son.
Alternatieweilk: Sny 'n onderstebo kruis met 'n lemmetjie oop op jou bors en roep jou boere voorvaders op onderwyl jy 'n brandende skilpad opoffer met DeLarey wat agteruit speel.


Oorpyn
Braai ’n vars krap en gooi ’n paar druppels twee keer per dag in die seer oor.

Dit is bietjie onduidelik na watter druppels hulle verwys. Heel moontlik jou eie pisdruppels in welke geval die braai van 'n krap net soveel effek sal hê as die braai van jou gunsteling Spiderman onderbroek. Maar hey, wie is ek om te judge?

Slaaploosheid
Slag ’n groot hoender en vang die bloed op. Wag totdat die bloed byna droog is, en meng dan met petrol (dit sal witterig en klewerig word). Meng met beenmeel en braai in hoendervet. Die smaak wonderlik en sal elkeen help om goed te slaap.

As deel van hierdie nagmerrie boereraat wat jou duidelik uit die slaap sal hou, kan jy sommer jou eie beenmeel gebruik. En 'n grinder. Verkieslik op jou femur. Ons is nie seker hoe ver jy deur die hele resep sal kom nie, maar jy sal defnitief fokken slaap. Vir ewig.
(andersins, wag dat dit witterig en klewerig word)

Sproete
Melk ’n perd en was die gesig twee keer per dag met die melk.

Ons is nou nie seker of hulle bedoel dat jy 'n mannetjies perd se zaber moet melk of 'n perd teef se tiete nie, maar 'n bietjie perdbotter sal seker nie skade aan die ou velletjie doen nie. Alternatiewelik, gaan staan agter 'n sifdeur en laat iemand jou met hande vol kak gooi. Sommer perdekak as jy nie menskak het nie. O nee wag, dis mos hoe jy jou sproete gekry het om mee te begin ...


Malaria
Vul ’n bad met nat perdemis en kookwater. Plaas die persoon in die bad en bedek hom of haar minstens 20 minute lank heeltemal met die mengsel. Verwyder die persoon uit die bad en maak hom of haar met baie komberse toe.

Nadat die persoon met baie komberse toegedraai is, verwyder hom of haar sommer uit die samelewing ook. Jouself ook sommer. Dis maklik. Vul jou longe met peremis en kookwater ...

Hoes
Kook ’n hoendereier. Eet die helfte en spoeg op die ander helfte en begrawe dit in ’n miershoop. Moenie weer omkyk nie.

As jy nie 'n miershoop het nie, begrawe dit sommer in jou eie hol. Jy sal ophou hoes en begin skree. Vir dadelike effek probeer dit in jou vriend se hol begrawe. Jy gaan so baie hardloop dat jy vergeet om te hoes, tensy jy natuurlik in 'n sekere deel van Kaapstad bly waar sulke gebruike aan die orde van die dag is. Moenie in dele van Kaapstad rondloop waar mense nie hoes nie.

Krampe
Sit jou regterskoen voor die linkerskoen neer, sodat die een se toon na die ander een se polvy kyk. Die kramp sal verdwyn.

Los die skoene net so op die vloer voor die TV en sit 'n porno aan. Gaan toordokter toe om die krampe uit te sort. Kom terug huistoe en vind baie meer skoene omdat jou skoene genaai het terwyl jy uit was. Die een skoen kyk nog steeds na die ander skoen se polvy. Wys my jou polvy!

Tering
Maak ’n rooijakkalslewer droog en maak dan poeier daarvan. As die lyding erg is, neem ’n mespuntvol, drie maal per dag, anders net een maal.

Hierdie maak nie sin nie op soveel levels: "neem 'n mespunt vol, drie maal per dag, andersins net een maal". Hulle kan jou net sowel tune: "maak bloujakkelslewer nat en maak 'n waterballon daarvan. Vat 'n hele mes in jou rugstring tot net die hef uitsteek. As jy weer bykom, moet om godsnaam nie weer 'n mespunt vol heroin by jou piel se glans inspuit nie. Of wag, hier is 'n beter oplossing wat nog meer random is: Rol 'n varkie in die son tot hy revs optel. Gaan kuier by 'n vriend en as hy toevallig McGuyver kyk, is jou tering weg.

Asma
Groen koring. Laat trek en drink.

Ek sien. Laat trek en drink? Vir asma in die winter, moet jy actually trek na waar groen koring groei en dan laat trek en drink. Brannas drink. Mense in Vereeniging aan die ander kant, moet net trek.

Vir jig wat groot knoppe veroorsaak
Neem ’n halwe bottel asyn en gooi ’n sikspens (ou silwermunt gelyk aan ses pennies) se rissies daarop. Laat staan vir vier uur en smeer aan die knoppe.

In die dae van space shuttles, internet en televisie is daar natuurlik 'n abundance van sikspense. As jy dalk ewe skielik 'n jig aanval het en groot knoppe slaan uit soos masels, vra net die persoon naaste aan jou vir 'n biljoen Zim doller (hulle is vollop). Rol dit op en druk dit in square in jou hol op, want dit sal dieselfde effek hê as 'n sikspens an asyn. O ja, en moenie worry nie - 'n biljoen Zim Doller is gelukkig net een noot. Daar is ook 'n tweede minder algeme vorm van jig: Jou meisie met 'n speech impediment (maar sy is hot) tune jou: "Jig, maar dis 'n groot knop hierie!" Moenie worry nie, jy het nie probleme nie. Wel, nie iets wat julle nie kan uitsort in elk geval nie.

Vallende siekte
Plaas 2 lepels gesaagde nieshout op ’n halfbottel brandewyn. Neem een kelkievol twee maal per dag.

Hang on, ek het elke naweek vallende siekte na 'n bottel brannas. Die oplossing is om eenvoudig net fokken minder te drink. "Gesaagde nieshout" is ook faktap boerecode vir cocaine. Fokken skaam jou, generaal De Larey!

Trekkings
Trek voëlent net soos tee en drink.

Raaaaait. Dis hoe ek dit verstaan: Kry 'n 1970 scope, kap draties en drink jou resultate. Not nice.

Seer oor
Maak bokgal, ’n bietjie soetolie en vyf druppels bruindulsies deurmekaar en gooi in die seer oor.

Weereens, onthou om jou Discovery Vitality kaart byderhand te hou. Bruindulsies gaan deesdae vir 'n penny a piece by Pick 'n Pay. Bokgal kry by CNA by die counter waar hulle simkaarte verkoop, maar dis nogal pricey. Dis actually poesduur.

Stuipe
Drink ’n paar druppels rooi laventel met wit hoendermis in.

...of kry enige pluimvee met 'n bloederigheidjie om in jou keel te kak

Labels:

Hoekie vir eensames

Labels:

K-pax Kronikels: Shikaka

Nog 'n volume van K-pax Kronikels - deur Player Meyer

Woensdag, K-pax, ek het vroeg gewaai by die werk want vannaand kak ‘n ding wat laf raak.

Kyk voor enige sport moet ‘n mens opwarm en strek sodat daar nie onverwags ‘n spier erens kak nie, drink is baie dieselfde… jy kan nie nugter by ‘n club in loop nie, want jy sal net dalk besef hoe belaglik almal rerig lyk wat daar rond drentel en dans. Ons slat toe uit by die Capello vir ‘n paar oefen doppe net om aan die gang te kom, soos ‘n formula 1 kar met tyre warmers op sit ons en maak gereed vir die groot aand wat voor lê. Ons drink ‘n paar rondtes Whiskey en Brannas om die engines te start.

Vannaand dwaal ons uit ons territory uit… soos ons in Boksburg in ry voel als vreemd, Kempton Park is nou net ‘n distant memory. Ons stop by die robot voor die Eastrand Mall en ‘n eienaardige fucknut met ‘n wit warm golf en ‘n goue chain om sy nek stop langs ons. Hy draai sy venster af en wys vir ons om die selfde te doen… ek maak toe maar my venster oop om te hoor wat sy storie is. Hy bly stil terwyl hy vir die robot kyk en dan weer terug na my toe kyk… dit was half onverwags toe hy die zefbom op my drop en sê: “ Tekkies! Praat met my!” net daar rev hy sy engine en drop sy clutch soos naas nie kon gedrop het in sy dag nie! Dis net fokken rook soos hy met ‘n tjierie, tjierie, tjierie in die pad af fok. Die doos moes een plakkie en een Buffalo aan gehad het om so te kon spin! Toe ek uiteindelik ophou lag ry ek… “ Dit maak nie saak watse kar jy ry nie… daar is altyd ‘n vinniger golf” is nie verniet die reel van die ooste nie. Ons ry in by Chicago’s se parking en maak reg om te laat waai. Kyk dis nou al so naby aan happy-hour dat ek al begin smile.

Ons betree die club sonder enige probleme na so twee stelle trappe is ons in. Die girls wat ons daar ontmoet staan toe heel betroubaar reg voor die ingang naby die dansvloer. Die ding van ‘n Woensdag by Shikaka’s is die 7-11 buy one get one free op alle drinks wat baie beter as die normale Oosrand club tradisie van R80 drink-till-you-kots is, o en die belaglike klomp lekker girls wat onbewus aan mej. Boksburg deelneem aangesien elke een hotter try lyk en dans as die volgende een, maar ek kla nie… dis fokken netjies as jy my vra. Ons se toe hello en laat loop gou bar toe. My vriend bly op die J&B, maar ek voel braaf en order toe Jack en lime. Met ons hordes drinks gaan staan ons by die girls en begin drink vir resultate… mens praat mos maar net soveel lekkerder met girls as jy ‘n paar drinks in het… dutch courage… my maat.

Die drinks bly kom en teen die tyd voel ek al soos ‘n bollywood ster wat op enige oomblik gaan ontplof in ‘n sing en dans nommer. Die girls is ook nou al op ‘n stasie en dinge begin lekker word… ons gesels terwyl ons kyk hoe hulle dans. Die een girl se clutch begin nou al gly, kyk southern comfort doen snaakse goed aan girls… sy lyk nou al teen die tyd dronker as die gemiddelde hobo. Ons almal lag lekker vir haar en steek haar drink weg… ek voel ‘n nattigheid op my voete en begin skop! Dis net borde en rakkies wat neer bliksem… liewe fok… die fokken kraan maak my voete nat en hoekom die fok slaap ek op die kitchen counter?? Hoekom die fok is ek by die huis? Fuck sakes ek het nou weer uitgeblack en getime-travel… fokken Jack Daniels… die fokken flat is amper onder water… ek maak my vriend wakker wat op die bank le en vra hoe die doner ons by die huis gekom het?? Hy begin lag toe hy die water sien en vra wat het gebeur? Toe ek hom vertel lag hy homself broken en se dat ons tot 4 uur toe geparty het voor ons huis toe gery het en dat my lewer my seker na ‘n kraan toe gesleep het van die bank af.

Ek sal nou nie die nobel prys wen vir wetenskap met my time-travel nie… maar ek het die volgende dag ‘n babbelas kwitansie gehad van ‘n moer lekker aand.

Labels: ,

Die befokste walk-in closet op aarde



My hartjie smelt

Labels:

Grapgat

'n Man wil 'n bra koop vir sy vrou, maar weet nie watter grootte om te koop nie. Die verkoopsdame sê: "Vat aan my tiete, dalk is dit dieselfde grootte."

Die man antwoord: "O, ja, en sy kort nuwe panties ook."

********************************************

Boer aan sy vrou: "As jy so buk, is jy so breed soos my stroper."

Die aand later soek hy 'n bietjie score.

Sy tune: "Moet ek die moerse stroper start vir so 'n klein mielietjie?"

*********************************************

Die vrou loop rond in die duur matwinkel. Net toe sy buk om aan die mooi mat te voel, poep sy fokken hard. Die verkoopassistent staan agter haar en vra of hy kan help.
Sy vra: "Hoeveel kos hierdie mat?"

Die Assistent: "Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevoel het, gaan jy in jou fokken broek kak as jy die prys hoor!"

**********************************************

Jannie se ouma kuier oppie plaas en Jannie hardloop by die plaashuis in waar sy Ma en Ouma besig is om middagete voor te berei.

"Ma, Ma, die bul naai die koei stukkend!!"

Ouma skrik haar boeglam en kry omtrent 'n hartaanval.

Jannie se Ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê: "Luister nou mooi Jannie, jy kannie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik iets anders, soos... sê eerder... die bul verras die koei."

'n Paar minute hardloop Jannie weer die kombuis in. "Ma, MA, die bul verras nou AL die koeie!"

"Onmoontlik Jannie" sê sy Ma, "die bul kannie al die koeie verras nie!"

"Ja, hy kan Ma, want hy naai nou die perd stukkend!"

**********************************************

Jannie sit een oggend op die sypaadjie met 'n bottel swembadsuur besig om dit oor miere uit te gooi, soos hul verbykruip. 'n Engelse priester loop verby, kyk na die storie en vra: "Good morning, young man, What are you doing with this little bottle?"

"Ek brand die miere, oom."

Die priester dink dat dit bietjie gevaarlik is vir die laaitie om met sulke tipe van suur te speel en probeer dink aan 'n manier om Jannie te laat vaar van sy planne.

"I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead. I once put a drop of this on a woman's belly and she passed a child."

"Daai's fokkol nie, my oom. Ek het eenkeer 'n druppel van hierie goed op 'n hond se ballas gesit....and he passed a Kawasakie!"

**********************************************

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagse swangerskap te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy by die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende oggend was hy vroeg weer op. hy was verbaas om oral op die plaaswerf net Toyotas te sien. In die garage het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die Oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n student herstel hy gou en vra die Oom uit oor al die Toyotas.

Oom: "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie."

Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy!"

**********************************************

Gatiep se vrou vang hom in die bed met 'n los-girl. Sy gooi hom van die 4de verdieping af en skree: "Jou fokken insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!"

**********************************************

Die klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê.

Een idée is om die mannetjie jakkalse te vang en striliseer, en so die getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.

Sit een Omie baie aandagtig en luister en op uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt en sê:

"Juffrou, jy verstaan nie mooi die probleem nie. Die fokken jakkalse STEEK nie ons skape nie, hulle EET hulle."

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Floyd Shivambu is 'n dom poes

Floyd Shivambu van die ANC youth league is 'n dom poes.

Wat bedoel ek as ek sê iemand is 'n dom poes? Ek bedoel jy is 'n dom poes. 'n Poes wat dom is. As jy nie weet wat die betekenis van 'n dom poes is nie, weet jy nie wat die betekenis van 'n dom poes is nie.

Bedoel ek jy is die vroulike skaamdeel andersins oor die algemeen meer bekend as 'n vagina wat geheel en al verstandelik vertraag is sonder enige billike redenasievermoëns of bes moontlik oor die redenasievermoëns van 'n 5 jarige beskik?

Nee, jy luister nie. Nee, dis nie wat ek sê nie. Ek sê jy is 'n dom poes. 'n Dom poes is 'n dom poes. Dis wat ek sê.

Catch my drift?

Luiser na hierdie kak redenasie. O my jirretjie god:

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hierdie band is seriously kak

Daar was hierdie band. In 1969. Genuine.

Vanaf Wikipedia.org:

Kak is the only album by psychedelic group Kak, released in 1969 on Epic Records. In 1999 it was released again under Big Beat UK with 11 additional tracks (under the title Kak-Ola). Members of KAK were: Gary Yoder, guitar and lead vocals; Dehner Patten, lead guitar, bg vocals, and lead vocal on Electric Sailor; Joseph Damrell, bass, bg vocals, sitar & tambourine; Christopher Lockheed, drums, bg vocals, organ; Gary Grelecki co-wrote several tracks with Yoder. The album was recorded at Columbia Studios in Hollywood, CA. The album was bootlegged many times in Eastern Europe and bootleg vinyls are still on the market (recognizable by the faded imprint of the words "PROMOTIONAL COPY" on the album cover and the generally poor sound quality. A high-end lp--with bootleg cover--has also been marketed. Sound quality on this version is somewhat better).




(thanks, Angola Badprop)

Labels: , ,

Fokken aliens!

Labels:

Die Vereeniging Sirkus

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Politicians trek rowers se draties.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Najwa naai vir R2

Labels:

Elke Vrydag is Nasionale Watkykjy dag

Dis Vandag weer Vrydag wat beteken dis Nasionale Watkykjy dag. Twee en fokken vyftig keer per jaar is dit low-profile dag en tyd vir kromrug trek by die werk. Komplimente van Watkykjy.

Vandag tune Katvrou julle van haar experience by die Oppikoppi Strictly Come Twakkie Easter Festival. Daar is ook so paar kiekies tussenin wat deur haarself afgeneem is. Lees meer daaroor hieronder.

En dan kom ons by die volgende punt: Van julle marabse check nie WKJ se kallers uit vir die volle 9 of 10 jaar van ons bestaan nie en julle maak nie uit van alles wat al hieso was nie. As ek nog een swine flu prentjie kry met 'n subject soos "LMFPA" (lag my fokken poes af), sal ek nie in my broek kak nie. Ek sal jou soek en in jou broek kak. Spuities. Ons het darem 'n semi-tiep van oplossing gekry virrie slow-riders. Voor jy iets wil aanstuur en jy skiem dis nog nie op WKJ gewees nie (en jy is meer as welkom om shit aan te stuur) gaan check ons nuwe possie uit waar ons al die interwebz shit uitpomp:

http://surplusjokes.blogspot.com

Ek is byvoorbeeld iemand wat comics jokes erger as herpes op 'n broodjie haat. Jy weet, daai comics waar die vrou so deur die ceiling trek omdat die man so fokken hard kom. Whaha! Daar trek sy deur die dak! Poes, panty en al! Whahaha!

Dis vir ons nul snaaks.

Zero.

Maar dit beteken nie daar is etterblabse wat dit meer as Marmite broodjies like nie, so http://surplusjokes.blogspot.com feature sommer vir daai tiep van faktap fetish ook.

Ons nuwe internet ashoop en Katvrou se Koppitwakki storie behoort jou virre rukkie besig te hou. Jy kan alyd deur die archives blaai ook, jou naaier. Of 'n draai skiet by http://fokkendoos.blogspot.com en kyk of jy onslangs soos 'n poes parkeer het. Of jy kan Die Antwoord se tunes download as jy nog nie so gemaak het nie. Ons besit al amper die hele internet, moenie worry nie.

Maybe pomp ons nog kak uit op WKJ vandag. Die kans is baie goed. Of sleg.

Andersins, geniet jou naweek en onthou - meer as twee keer afvee of afskud is speel. Moenie uitgevang word nie.

Labels:

Twakkie trek sy roset deur die Easterzone

Twakkie trek sy roset deur die Easterzone - deur Katvrou (aMakietsie)

So. Easter-Oppikoppi het gekom en gegaan. Die plaas Nooitgedacht met sy moerige doringbome is weer deur ‘n skare vreemde gediertes met biere, braaipakke en skewe tente oorval. Meeste van hierdie gediertes het pers linkerduimnaels gehad, want dit was die regte ding om te doen – stem eers, dan party jy. Paartie-paartie-paartie-paaaaartie.

Easter Oppi was vervullend, maar ook donners weird. Dit het een van die kleinste Oppikoppi-crowds ooit gehad (omtrent 1 300 mense), dit was kak koud (OK dis altyd kak koud in die nag) en ‘n paar nuwe gevreetjies het op die James Philips-verhoog verskyn. So ook ‘n klein tsunami van befokte bands uit Belville.

Ons was ook daar vir Twakkie, want hy is yster en wil een of ander president word. Oppikoppi was die perfekte plek vir sy toesprake en beledigings. Dit was donners lekker om te sien hoe Corné hom op die verhoog dra, nes ‘n blosende bruid. Twakkie was sy gewone spitsvondige self, toegedraai in sy kotsgeel kortbroek en beige snor, met komplimente soos “Your eyebrows tell me you’re stupid.” Hy’t ook vir almal vertel hulle moenie fokken stupid wees en love-karate doen in die tente sonder kondome nie. Mense het kopknikkend met grasspriete en klein bruin sprinkane in hulle gekoekte hare gestaan en luister.

Die groot vraag was watter musiek hierdie keer uit mense se motors sou pomp. Dis mos in die tyd wanneer die girls gaan stort, of wanneer daar gebraai word. Of wanneer die helfte van die kamp nog lê en slaap na die vorige aand se gesuip. Dis dan wanneer jy jou nuwe tunes op die plaas oopgooi. En ons was nie teleurgesteld nie. Die Heuwels Fantasties was DUIDELIK te hoor. Befok. En so ook Die Antwoord. OPPERbefok. Die Antwoord en Jack Parow se lirieke is intens om Kreef Hotel se ontbyttafels bespreek, herhaal, ontleed en kliphard opgevoer. As Die Antwoord en Die Heuwels Fantasties nie in Augustus by Oppikoppi speel nie, gaan daar ‘n moerse oproerigheid wees. Wees gewaarsku. Dan wag ons ook vir NuL, Battery 9, Brixton Moord en Roof, ons wag ook vir Willim Welsyn, New Altum, Chromium, Die Rottweillers (nee, hulle is lankal nie meer Reaan Rottweiller nie), ‘n bloederige KOBUS!-set, en en en. Maar dis ‘n pleidooi vir ‘n ander keer.

Die nuwe bands was lekker.

Sonsteek, die vyftal rockers uit Kempton, het heel eerste gespeel – vyfuur Vrydagmiddag, toe bitter min ore gereed was vir hulle klipharde set. Die bedonnerde (en identiese) Venter-tweeling op bas- en ritmekitaar het alte parmantig gelyk met hulle swart T-shirts – “Copy” op Wynand se hemp, en “Paste” op Dewald s’n. Sonsteek speel al vir jare plekke in die Oos-Rand aan die brand, maar hulle sound was splinternuut vir die mense by Oppikoppi. “Menswees”, die woeste “Sien jou aan die ander kant” en “Onder andere” het klein kindertjies bevrees met ore toegedruk laat rondhol, terwyl die klein crowd voor die verhoog gesit, gelê en ook bietjie geheadbang het.

Wat die res van die nuwe bands betref, was die Kapenaars nogal glad nie onaardig nie. Vra maar vir enigiemand wat nugter genoeg was om The Pretty Blue Guns (uit Bellville) te check. Hulle was tight-tight soos ‘n ou jambotteldeksel. Praat van selfvertroue – donnerwetter. Hulle’t genoeg daarvan, want hulle songs is, soos Twakkie alle goeie dinge beskryf, “not kak”. Black Hotels het mense laat dans, lekker stokkerig in die koue met bier wat oral mors, maar nogtans. Meeste ouens wil mos altyd velleklap oor die mooie basmeisie Lisa Campbell, maar hierdie keer het hulle skoon van hulle jagsheid vergeet – want sy’t gesing. Haar sjarmante stem in “I’m the ghost” het hoendervleis op amper elke dansende lyf laat uitslaan. En dis nie omdat dit koud was nie. Daar was ook hard handegeklap vir Jay Bones, die voorman van Fuzigish. Hy’t ‘n akoestiese set saam met Kongo Kev van Submachine en The Death Valley Bluesband gedoen, en Ampie Omo het ook ‘n stukkie trompet geblaas. Al die songs is van Jay se nuwe album Rambling Bones, en dis pisscool. Jy kan dit maar kry. Die ou is not kak.

Ashtray Electric (hiert, ook uit Bellville) het die crowd met ‘n lekker set verras – van die eerste liedjie af het almal begin jive. “Swing”, “Gallop” en “Lea” was nie so bekend vir meeste van die dansendes nie, maar die songs was goed genoeg om van te hou. Selfde met The Beams (nee, nie van Bellville nie, maar wel van Kaapstad) – meeste mense het geweet die voorsanger is Helen Zille se seun, so almal het kom kyk hoe die ou te werk gaan. Hy smile nes sy ma. Maar verder het hy meer energie as ‘n kamer vol kleuters op ‘n suiker-trip. The Beams het lekker gegig, en kan maar met plesier terugkom. So sê die Oppikoppi-volk.

Die ouens uit Bellville wat egter die hardste hokgeskud het, was New Holland. ‘n Paar van hulle (Gerdus en Buckle) was ‘n hele ruk terug in Sondag Sensasie, maar het besluit hierdie ding werk nie, en het saam met TJ en Odendaal New Holland gevorm. As jy nog nie “Shine” van hulle album 01 gehoor het nie, is jy seker goeie pelle met ou Lasarus. Kom by, jong. New Holland is een van die groot nuwe name uit die Kaap – en moenie hulle op hulle pluiskuiwe en skinny jeans takseer nie. Daai ouens kan rock – soos hulle alte duidelik bewys met “Uhuru”, “Cold Dagger” en die bedonnerde “Rock ‘n Roll”.

Van Coke Cartel was Saterdagaand harder as Mugabe se toonnaels. Die crowd was onrustig en boos van die krokodilsop, kaktusse en plaasdorings. Daar’s gemosh en geheadbang, en ‘n paar van die feesgangers het selfs doodstil gestaan. Dit was egter onmoontlik om ‘n sekonde langer onbeweeglik te wees toe Francois van Coke oor die mike buk en skreeu: “HIER KOM DIE KAK NOU!!!” Dit was heel moontlik ook die oomblik toe hy sy stem vir die res van die naweek opgefok het, want hy kon die Sondagmiddag skaars sing. Hy was egter baie nederig: “Ek weet ek sing tos. So what.” Immers kon hy rustig sit agter daai beige telefoon en ons vertel om asem te haal.

Ruk en rol.

Easter Oppi het hierdie keer twee awesome vroue gefeature.

Die eerste een was Andra. ‘n Klein figuurtjie op die verhoog met ‘n Fedora-hoed en moerse donkerblou kitaar. Haar stem donkerder as die duiwel se hart. Dit was asof haar stem teen jou vel skuur soos ‘n vreemde swart kat. Toe sy begin sing en by “Cockroach”, “Don’t come back” en “Darkness” uitkom, het ‘n paar mense bietjie uitgefreak. “Hoekom skree sy vir my?” het een gevra – terwyl ‘n ander een gemompel het: “Nee jisses, sy’s te intense.” Haar CDs het egter gevlieg. Selfs die dude wat daai lekker subs met jalapenos, mostert en salami gemaak het, kon homself nie help nie en moes ‘n CD gaan koop. Sy’t sy rugstring laat krul. Befok.


Die ander een was Christie Desfontaine, die drummer vir The Arrows (en hulle is van Durban…) Meeste ouens kon nie verder loop op pad kroeg toe nie – het slap-bang voor die verhoog gestop en gestaar. Toe begin daai girl spéél. Bliksem. “Fok! Hierdie girl ken haar shit!” hoor mens uit die een hoek, terwyl ander maar net sprakeloos staar en ook ‘n bietjie kwyl. Christie gee die hele band sy woema met haar smile en interaksie met die ander – sy val inderdaad goed op die oog. Die songs is ongelukkig nogal popperig, stroopsoet en so aan, maar selfs Pam De Menezes, die voorsanger agter die keyboard, straal hierdie aansteeklike lewensenergie uit wat mens op die plek sjarmeer. Hulle basman Bongani Zondi het ook lekker funky moves getrek – maar aan die einde van die set het almal eintlik maar net vir Christie gekyk.

Maar, moenie worry nie, daar was magic stuff ook. Die goed wat mens laat dink oor die lewe, ja. Wat jou laat ophou rondfok en meer dinge doen wat jou ma trots maak. Jy weet mos.

Jy sien, daai cool ou, Bacchus Nel, die blinde sanger, was daar met sy band Die Westdene Drie, en sy nuwe backup-sanger Marissa West het vir die eerste keer haar verskyning op die moerse James Philips verhoog gemaak. Sy was fokkol bang. Bacchus het keel skoongemaak en gevra: “Ummm – is daar nog bier?” Toe val hulle weg met ‘n bebliksemde set wat die dooies sou wek – en Marissa met haar silwer stem – dooie hond, dit was mooi mooi mooi. Bacchus se nuwe stuff is baie meer aggressief, maar lekkerder as licorice. Check veral “Die aasvoëls land” en die verhalende “Hey hey hey”. Ja OK dis ‘n simpel naam vir ‘n liedjie, maar jy moet dit hoor. ‘n Donker storie oor hierdie moerige vrou wat haar gewese minnaar aan die bed vasbind – en dan sy vyande laat kom. Fokkit.

Die magic het aanhou loop.

Nie almal het geweet wie’s Seeleeu Leipoldt nie. Radio Suid-Afrika se Neil van Deventer het hom in ‘n rystoel tot voor op die verhoog gestoot. Seeleeu het ‘n groot sonbril gedra, met sy setlist op sy skoot, pers kunsblomme in ‘n string om sy nek, en een of ander skeel oranje-geel rubberwurm op sy kop. “Hierdie ding probeer my breins uitsuig,” het hy gelag. “Maar ek dink hy mors sy tyd.” Mense het gefrons. Ander was fucked up-confused. Wie de fok is hierdie ou?

Toe begin die woord loop. Dis Erik Holm, die jong akteur en sanger wat sy nek in 2007 gebreek het toe hy in ‘n vlak swembad geduik het. Hy is ‘n kwadrupleeg, daarom die rolstoel. Hy’t baie maerder gekyk, maar die ene lewenslus en ‘n smile wat almal in die verhoog bereik het. Hy’t moeiteloos sy sigaret tussen sy linkerduim en voorvinger gehou, en evil dinge oor fisiese gestremdheid en outsiders gesê. “Wat’s die definisie van emo?” Hy’t vir ons gekyk, en gegrynslag. “Dis goth vir pussies.”

Saam met hom was die yster-dudes Leon en Neil van Radio Suid-Afrika, en Pieter op die diksnaar (hy’t vir Revolusie gespeel) en Seeleeu se talentvolle suster Nike (nee jou aap, nie soos die skoene nie – jy spreek dit uit NIEKE) het saam met hom gesing, en sy’t heeltyd pittige kommentaar in die mikrofoon laat klim.

Seeleeu se songs was vlymskerp, vol vloekwoorde en donners slim. Hy’t die lirieke soos ‘n masjiengeweer van die verhoog af geskiet en mens moes mooi konsentreer (en nie vol oggendroes wees nie) om die lirieke mooi te hoor en agter die kap van die byl te kom. Sy “It’s not me, it’s you” was moer snaaks, en goed gewys hoe idioties is mense wat ‘n verhouding probeer verbreek met: “Erm … it’s not you, it’s me.” Aan die einde van sy set, toe hy “Blou blou lug” doen, het ‘n lekker deel van die crowd saam met die koor gebrul: “Alles is nie reg nie, alles is verkeerd, alles is nie pluis nie, want jy’s nou ‘n ander doos se meisie en is moeg vir jou kak, ek’s moeg vir jou kak, EK’S MOEG VIR JOU KAK!”

Nee kyk, jy nooi nie vir Seeleeu om by die kerk se teepartytjies te kom speel nie. Mens wil amper vir die krimpies, naglopers en sjokoladepoppies daar buite fluister, soos Foto Na Dans dit stel: “Jy sal nie verstaan nie.”

So.

Oppi Easter is Sondagaand op gepaste wyse afgesluit deur kitaargod Albert Frost. Dit was sy 23e optrede by Oppi – en die groot verhoog was perfek vir hom en die rooi Fender Strat. Die koue was silwer spiese in ons voete en hande, en almal het in wasemwolkies met mekaar gepraat. Maar Albert Frost het die thermostat dik opgedraai. Ons het gedans en geskreeu. Ons het tequilas gesluk en onder beanies gesweet. Albert het vir ons gespeel met ‘n grinnik wat net nie wou verdwyn nie. En tussen die rooi en geel ligte en rookmasjiene het dit aan die einde van sy Jimi Hendrix-tribute gelyk asof hy deur ‘n moerse vulkaan ingesluk word.

Ruk en rol.

Maandagoggend het almal maar weer (dis nou diegene wat die woeste afterparty by die boonste bar oorleef het) ewe gedwee hulle tente en stowwerige kampstoeltjies opgevou, die leë bierbottels, halfgevrete boeries en geskeurde onderbroeke in swartsakke gegooi, en die kar gelaai vir die teerpad terug. Met Die Antwoord moer hard in die speakers.

Dié wat tyd gehad het, het in Brits gestop om met hulle smerige Oppi-klere, wilde oë en grasspriethare die klein kindertjies by Wimpy bang te maak.

Maar ons maak al klaar planne vir Augustus se trip. Oppifokkenkoppi.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Brakpan L'Oreal produk

Pa se groot seun!



Fanks, Billy.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Meneer Tourette



gesteel en vertaal affie interwebs

Labels:

Die bosmossel kafee

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Steakwatvirriepadkyk


Ingestuur deur Constant

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Check hierie naai ...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Elke Vrydag is Nasionale Watkykjy dag

Ons is bewus daarvan dat News24 se nuus klaar teen 9 uur die oggend ouer as poeier borsmelk is en dat hulle nie uitmaak van gereelde vars gebak nie. Vrydae is ook oor die algemeen gewoonlik fokken rof in terme van besig lyk of besig bly by die graft. Die tyd gaan gewoonlik stadiger verby as wat SA probeer om 'n democracy te word en dis sielsdodend. Geen wonder baie mens ruk op pub toe net na lunch tyd en raak doosdronk teen 16:00 se kant nie. Ons weet ook dat daar van julle ongelukkige marabse is wat vir poes base of companies werk wat nie kan tjaila voor 5 bells nie en by die werk soos 'n verlepte gulpvrug moet sit.

Die heelal se kleinste viooltjie speel vir jou, maar ons hier by Watkykjy kan darem probeer om so paar ektstra minute se genot in jou Vrydae te sit. Of at least 'n extra paar minute te kill. Hey fok, as jy 'n ekstra 1o minute kan score, why not? 'n Score is 'n score.

In 'n Freek Robinson stem: Ons gaan daarom dus 'n daadwerklike poging aanwend hier by Watkykjy.co.za se hoofkantoor in Watkijkistan om vervelige ure op Vrydae te minimaliseer en said vervelige ure square op die harige volksiebonnet te slaan met 'n two-by-four deur meer kont-ent op Vrydae soos 'n choc-99 roomys by onse boude uit te wurg. En met "ons" bedoel ons natuurlik "ander mense" omdat ons van nature verskriklik fokken lui is.

Voordat ek verder verstik aan al die kak wat ek praat, vergun my om Player Meyer aan julle voor te stel. Hy onderneem om tweeweekliks sy kroegtoere en vloermoere met alkohol verdunde bloed in sy pen vir ons neer te plot. Dit hang natuurlik van die Watkykertjies af of hulle laaik van wat Player Meyer te skrywe het. Julle besluit of hy moet aanbly of moet fokof.

Die K-Pax Kronikels deur Player Meyer word dus vandag vir die eerste keer hieso by Watkykjy uitgepomp. Lees dit gerus (net hieronder) en laat ons weet wat julle daarvan dink.

O ja, en geniet jou Vrydag. Watkykjy het dit nou juis 10 miute beter gemaak vir jou, jou naaier.

Labels: ,

Player Meyer se K-pax Kronikels: Snotkop

Vrydag, K-pax, gestort en gesaal rendezvous ons by my flat. ‘n Laat maand budget kuier is wat vir ons voor le…

Gewapen met halwe beursie zak, ‘n vol pak sigarette, clorette’s en twee complimentary kaartjies vir die Snotkop show by The Place in Kempton Park laat vaar ons in die aand in asof ons ‘n soeklig met ‘n vlermuis in die wolke gesien het… soos wat ons in draai kom die gedagte “Dit lyk belowend…” na voor met ‘n trop karre in die parkeer area. Ons klim uit en stap na die deur met die selfde vrees en opwinding wat ‘n gladiator moes gevoel het toe hy die coliseum moontlik vir sy laaste keer betree. By die deur word ons gestop deur ‘n man van Nigeriese oorsprong wat se voorvaders moontlik bus wassers of tronk sleutels was, want hy is ‘n volle kop langer as my onmerkwaardige 1.8m… hy rig my aandag na ‘n vrou wat duidelik al ‘n paar kilometers op het wat agter ‘n ou hout tafel sit met ‘n tafeldoek so gebruik dit moes ‘n prys uit ‘n trousseau kus gewees het… “Pay dahre…” kom die woorde van die 3 meter man in die pikkewyn pak. Ek pluk parmantig my twee comps uit en gee dit vir die vrou. Ek draai toe dat hulle my deursoek en sien dat sy my vriend vra vir geld… ek raak toe dadelik opdrukkerig en verduidelik dat ek vir haar twee comps gegee het, maar daar le net een op die tafel… “sy het die fkn ding ge-David Blaine… bliksem…” my vriend betaal toe maar die R30 ‘kom wees zef fooi’ en ons is in!



Soos ‘n grot-spelunker neem ons onseker tree en ons sintuie is op over-drive soos ons stadig maar seker aanpas by die nuwe omgewing… ons skuif na die dansvloer se bar en bestel vir ons… Vodka en Lemon Twist is op special… bargain… “gee die katte melk!...” dink ek, Steven settle vir die tried and tested dubbel brandy en coke. Ons sit toe eers daar en verken die omgewing, binne 10 minute was dit duidelik en jy kan nie help om te besef dat jonk, oud, smart of zef… almal is tuis by The Place. Daar was so paar verlore sielle gesaai om die plek en ek het vir ‘n oomblik gedink dat almal met hulle eie kar gekom het tot ek die “check… check…” gehoor het oor ‘n paar speakers wat so hard was dat dit van Boksburg af ingevoer moes gewees het… “O ja… snotkop sing hier vannaand en almal is seker buite by die stage… EN!... daar is seker nou niks meer seats oor nie…” val dit my by. Soos Sam en Mr. Frodo maak ons weer ons pad deur die plek na buite. Kyk… ‘n sink afdak met ‘n twee baksteen hoog loopvlak is nie die habitat van enige suksesvolle band nie… maar die ligte en die klank dink ek was op standaard. “BEKENDE GESIGTE!… Iemand anders het ook die duik gevat! Haha” Ons groet en skuif gou stoele nader voor ons na die buitenste bar toe gaan vir die laaste keer.

Die Snotkop band sak toe op die stage af en met ‘n “Hello mense!”… en 20 matriek girls wat stage toe hardloop is die show aan die gang. Dit het so twee onbekende liedjies en twee kak stories van die songs se inspirasie geneem om ‘n patroon agter te kom: “Hy skryf klomp kak dan dink hy ‘n kak storie uit om die kak song te justify…” dink ek. Ek moet se ek was redelik verras met die vertoning en die skare was baie betrokke en het lekker saam gesing tot op die punt, maar met ‘n belofte van ‘free Snotkop paraphernalia’ het die crowd begin draai soos honger zombies wat nou net ‘n rooi-kop girl met ‘n gun gesien het… Die songs bly kom en die cd’s en t-hemde word al hoe minder wat uitgedeel word… toe kom ons op die ‘point of no return’… een CD oor… EEN! Soos hy dit voor die mense swaai en in sy gatsak druk om aandag op hom te hou… gebeur die onskuldigste ding… ‘n jong meisie van so 10 jaar oud klim die twee trappies tot op die heilige grond wat die Snotkop stage is om moontlik haar tone en enkels te spaar van die groter meisies wat om en op haar stuiptrekings kry op ritme van die musiek, bonop kon sy nou beter sien…. Dit was die laaste klip wat na daai gorilla van ‘n skare gegooi is en van daar af was alles ‘fair game’… Ek neem nou maar aan dit was haar ouer sussie en ‘n vriendin wat besluit het om ook nou maar die trappe na Snotkop hemel te klim en soos ‘n dam wal wat bars vloei die golf van enthusiasm en die stage word deel van die dansbaan… Arme Snotkop en sy Band is nou vas gekeer in die agterste hoek van die sinkdak graf… Hy sing toe sy laaste liedjie en gooi die CD om die trop aasvoels van hom af te kry maar dit help nie… ‘n horisontaal gestremde tannie het hom by sy broekriem en dinge raak gevaarlik… Hy ‘signal’ die special effects ou toe en ‘n rook wolk bedek die stage… en hy was weg… ‘n classic ninja-bom wat perfek deur Snotkop uitgevoer is… Ek dink hy moet die woorde van sy hit song “Jy doen dinge aan my” verander na die volgende: “… ‘n snaakse ding het gebeur… toe sy my weer mollesteer… toe ek jou en daai tannie sien op die stage by the place se ek hey tannie, BACK OFF!! Kom, jy pla vir my… maar sy kyk en sy se DIE FOK IS GAY! Kom Vrydag aand, voel voel, hey hey… daars ‘n tannie op die stage en sy rape vir my!”… maar dis net seker ek wat so dink…

Na die Snotkop-fever het mense bedaar en ons het in beweeg aangesien dit so koud was dat die medics al 3 ysbeere vir frostbite moes behandel. Ons het plek gevind by die pool tafels en ons R2 uitdaging geplaas… 5 min toe was dit ons beurt om te speel… ek breek en sink 2… “Goeie start” dink ek en gee die stok oor na my partner. Dit was ‘n taai game maar ons wen met ‘n paar goeie skote. Die ‘liga spelers’ wat lyk soos Hulk Hogan met anorexia en Iggy Pop op meer dwelms as wat hy klaar is gaan nie hierdie uitdaging weer ligtelik vat nie… ek breek weer en ons is goed op pad om hierdie pot weer te wen… hulle is nou 5 balle teen 1 van ons agter en dis my vriend se beurt… ons is gesnooker en hy gaan ‘n jumpshot doen… hy tref ons bal eerste en sink hom amper! “GREAT SHOT!” skree ek en laat waai met ‘n high five… toe kom dit… kyk die woorde het soos ‘n tiener moord slagoffer wat haar naels in die hout vloere in slaan terwyl ‘n ou met ‘n hak vir ‘n hand haar in die gang afsleep in die mees broken engels nog beleef oor sy lippe gekom: “You cannot jump ve bahl, if it leafs ve deck… we gets too shots!” Ek lag dit maar af en se dis reg hulle het meer as dit nodig he anyway… met dit stap my ander vriend in van buite af! Hy het kom hello se na ‘n ander party… hy sien die argument en gooi toe die balle in die gate en se kom ons gaan dans eerder… big mistake… skinny Hogan is toe toevallig die eienaar en roep die 3 bus wassers om hom die pad na die deur toe te wys… record bounce by The Place 1.32 minute! Ons stap toe saam en punish ‘n boerrie roll voor ons maar ook die pad slaan op soek na beter tydsverdryf.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Steek lyf weg by jou graft. 90's style.

Moenie worry oor al die langnaweke wat verby is nie. Jy kan nog altyd kromrug trek by die werk hier van Donderdag se kant af en ons het net die regte kak om jou mee besig te hou.

Onthou jou al daai ou faktap quest games soos Leisrue Suit Larry, Police Quest en Space Quest? Jy moes sulke commands vir die karakters intik soos "examine room" of "open door". Jy het ook natuurlik jou luck probeer met opdragte vir ou Larry byvoorbeeld soos "fuck whore" waarop jou die game op jou kak 286 (of twee floppiedraaif system) jou tune: "Watch it, Larry. You're going to get your face slapped!"


Julle kry die idee, so sonder om verder nostalgies te raak en draties te kap oor die verlede, klim sommer in ons time machine en skiet uit soos masels straight terug late 80's en vroeg 90's toe. Jy kan al hierdie kak sommer straight op die internet speel. Moenie ons 'n kopkou gee nie. Bedank sommer hierdie ou wat die shit opgespoor het.

Click op die games hieronder om online te speel:

King's Quest
Leisure Suit Larry
Police Quest
Space Quest
Space Quest 2
The Black Cauldron

Labels:

Julle konte met die Fok Jou! flyers ...

Jy het dalk onlangs 'n flyer in jou kar se wiper gekry wat daar geplaas is deur iemand wat skiem jy is 'n poes. Gaan besoek gerus die spesiale website wat ons vir konte soos jy op die been gebring het waar almal kan sien watse kak mens jy is:

http://fokkendoos.blogspot.com

Jy is fokken super vertraag.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Bloemfontein, Gangster's Paradise


So die naweek was twee mal befokte gigs in Skelmbos en Bloem met die fokken Antwoord en die Wedding DJs. Hier chill Ninja en Yolandi Visser by een van die twee Hummers wat bra Henry vir ons georganise het in Bloem, Gangster's Paradise. Shot ou.

Fokken LA style bra. Wie sou geraai het Bloem is so vrot van die Hummers?

Tot die volgende ene. Keep it real Bloem.
Afrigator