Watkykjy se 20 krismis tips. Stop jou krismis panthyhose vol.

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

Dis minder as ‘n maand voor krismis en vir luigatte soos myself is daar goddank die interwebs om my shopping te doen. Verby is die dae van die last minute rush tussen creepy kersvaders, skreeuende kinders, krimpies wat jou haakskene vasfok met Hyperama trollies en die odd gewapende rower by Menlyn. Online shops soos Kalahari sal ook sommer jou perskenke vir jou gift-wrap vir mahala voor hulle dit vir jou pos. Niks meer kites toedraai vir die snotneus kinders in die familie met jou ou Rapport, Beeld of vis & chips pampiere nie.

Ons het hieso vir jou so top 20 lys met idees vir persente aanmekaar geslaan. Ek self moet so paar van hierie outjies koop en het so skuins duskant fokol zak, so maybe is ek daai naai by Menlyn met die AK47 hierie krismis. Godweet goed het duur geraak…

Jy kan feitlik enige fokken ding deesdae online koop. Tot jou fake kersfeesboom. Hierso is ‘n lys van ‘n so paar voorstelle as jy nie weet wat die fok jy gaan doen vir krismisboks nie:

Obviously het jy die volgende twee Watkykjy kerspersente nodig:

Eerstens:

Die zef Watkykjy voice pack deur GPS Creative vir jou Gaaarmin – slegs R149. K-Lo tune jou hoe om te ry. Gaan luister na die sample soundclips:

click oppie pic vir meer info

Die manne daar by GPS-Creative run op die oomblik ‘n moerse special. Koop enige voice pack vir R149,95 (soos die Watkykjy voice pack) en kry Bruno the Bender en Franco Fontein se voie packs verniet. Ons het na die voice packs geluister toe ons daar was. Dis nogal cool.

En as jy nie ‘n Garmin het nie, is hierie enetjie nie te bad nie:

Die Garmin Nuvi 205 – R1,349.95.
Nie te kak geprys vir ‘n entry level outjie nie. Ek skiem dis die een wat ek gaan kry, want ek het so kak stuk Telefunken (al die 2de fokken een) wat ek by Makro gekoop het omdat ek ‘n bliksemse cheapskate was. Hy reboot heeltyd asof ek in Hungary is. Fokken stupid stuk kak. Ek beter geld uitkak voor Dinsdag want ek ry Kaap toe.
click oppie pic vir meer info

Tweedens:

Jy ken die dril. Click op Tos en koop ons boek. R88.35. Dis fokken cheap vir ‘n befokte persent. Gaan check op Ons boek se website vir meer info. Los hom in die kakhuis. Elke keer as iemand met die bruinbeer gaan stoei sal dit die maagpiere bietjie help om die outjies af te laai.

Die res:

As jy klaar ons supermain boek “Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?” besit, is hierdie ene dalk ‘n cool tweede opsie:

Jeremy Clarkson se “Driven To Distraction” vir R291.04. Dis ‘n boek. Dis snaaks. Lees hom.

click oppie pic vir meer info

Top Gear: Back in The Fast Lane – R97.80

Dis moeilik om verkeerd te gaan met enige Top Gear DVD, veral as jy ‘n kar junkie is of in Brakpan bly. Het mense in Brakpan DVD spelers, of rol hulle nog met BetaMax?

click oppie pic vir meer info

District 9 op DVD – R129.95

Ons het julle anhoudend uitgekak omdat julle nie die movie gaan sien het nie. Dis nou op DVD. Ja, lekker – omdat jy nie wou luister destyds nie moet jy dit nou op jou 51cm TV kyk. Kry vir jou. Of as jy regitg te fokken cheap is, print griff se interview met Sharlto Copley uit op pink papier en spray dit met Ego of Mum.) Very fancy en tuisgemaak. Dis die gedagte wat tel.

click oppie pic vir meer info

Sony DCR-SR47 R3,999.00

Hulle het cheaper models ook, maar hierie is die beste waarde vir geld. Jy kan hom by Makro ook koop vir dieselfde prys – as jy like van parking soek, roadrage en krimpies se trollies in jou kuite.

Ek gaan self hierie outjie kry omdat my tweede Sony HC21e iewers in die Alexandra gedeelte van Sandton vakansie hou. Die eerste een hou vakansie in Nigeria met my $1200. Nice. Fokken nice! O ja, ons gaan die nuwe een gebruik om iewers in die nuwe jaar vir julle lekker Joost sex tapes te maak. Like ‘n hele fokken reeks. Maar ons wil nie te veel weggee nou nie. Julle sal dit kokkenondge. Dit gaan befok wees.
click oppie pic vir meer info

Virrie kinders: Meccano Tuning R/c Sound System Car – R1068.95

Raait, hierie is wat ek gaan voorstel vir die kids, want as jy hierie outjie (of enige ander Meccano) koop, dan het jy basically vir jouself iets gekoop om mee te speel. As jy nie jou eie kids het nie, koop sommer vir jouself in elk geval een. As jy wonder oor persente vir familie se kinders (nie jou eie nie), koop vir hulle cheap kites of iets anders dodgy (soos chockolate slabs) en spandeer zak op jouself.
click oppie pic vir meer info

Selfone vir kids en krimpies – R469.95

OK, fine hier is nog een vir die kinders. ‘n Basic selfoon. Kids kry deesdae selfone. Bid jou aan. Jy kan net sowel ‘n cheap-ass stuk kak koop wat hulle in elk geval gaan wegpoes. Maybe kan jy dit vir jouself koop, as jy ‘n baard dra. Mense met baarde bitch altyd dat selfone net gebruik moet word om te bel en niks anders nie. Hieso oupa, hier is ‘n stuk kak waarmee jy kan bel. Is jy jy nou happy? Nee, oupa, hy gee nie kanker nie.

click oppie pic vir meer info

Tunes:

OK, so daar is nog mense daar buite wat actually vir musiek betaal. Die res van ons steel dit van die interwebs af en rip dit stukkend. Hier is so paar voorstelle vir mense (mens-mense) wat nog eerbaar is en vir musiek betaal:

702 se solid gold. ‘n Lekker double CD met kief tunes op waarop jy kan pomp of draties kap. – R136.76


click oppie pic vir meer info

Van Coke Cartel se “Skop, skiet en donner” album.

Weereens, moenie shops toe fok nie. Koop hom online. Jy download hom onetime. Hy is op jou PC. Jy sal nog besig wees om ‘n brannas te skink, dan is die outjie klaar op jou laptop, of op jou Mac as jy een van daai neus-in-die-lug naaiers is. (Soos die Wedding DJ’s)



click oppie pic vir meer info

Tagz Scrolling Message LED Badge R189.00

Hang hom om jou nek en program whatever jy op die display soek. Chicks sal dit like want nou kan hulle na werfetters sa manboobs (of moobs, as jy wil) staar. Jy gaan dalk net ‘n PK kry as jy iets opsit soos “Wat ruik roos poes?” of “Lees hier as jy wil naai”. Die besluit oor wat om te program is ultimately joune.
click oppie pic vir meer info

‘n Three piece cocktail kit R699.00

Maak of jy larney is. Gooi coktails soos Tom Cruize. Hou verby met die Rohepnol. Sies man, mens werk nie so nie!

click oppie pic vir meer info

Shaving kits – begin by R299.00

Van brushes to cut-throat razors. Kan handig inkom as jy tjoekie toe met gaan en iemand wil jou roofnaai as jy die seep moet optel. Hulle het ook oulike borseltjies en stuff, jy weet, vir as jy jou toggos smooth wil maak vir daai new year’s party in Hartenbos. Chicks like nie van bos nie. Veral nie in Hartenbos nie.

click oppie pic vir meer info

‘n Solar charger R1,199.00

As daar ‘n Verimark advertensie vir hierdie outjie moes wees sou hy min of meer so afgeloop het: “Man, Karike, hierie outjie fokken charge enige iets. Bring my daai hond dan wys ek vir jou. Al wat jy nodig het is die son. Well, what do you know. Ons bly in Suid-Afrika. Ons het poesbaie son! Dis nou as Eksom dit nie aan Zim verkoop nie…”

click oppie pic vir meer info

‘n Glow brick? R380.00

Jirre dit voel of ek by die Vaal skou is in Vereeniging. Hy werk ook met son. As ek zak het sal ek so outjie kry, al is dit net om in iemand se gat op te druk vir die fun. Waar is daai man van Telkom?

click oppie pic vir meer info

‘n USB Mikroskoop R1,399.00

Speel lekker CSI by die huis. Ek vat ‘n shot in die dark hieso, maar ek is bereid om R20 te wed dat 90% van mans wat ‘n mikroskoop besit heel eerste na hulle eie manbotter kyk. Hoe lykit, swem jou soldaatjies nog? YeeeaaaaaAAA!!!!
click oppie pic vir meer info

Monkey Spanker R348.00

Vir die outjies wat kersfees alleen by die huis gaan sit en huil. Ten minste het jy nog jou apie. Slat hom, pappie!
click oppie pic vir meer info

Clone jou eie zaber R620.00

Die option hierso is heeltemal te veel en heeltemal te veel creepy. Van kerse tot seep en skommelstokke vir jou goose. Clone hom faktap! Los dit vir haar by die huis op die bedkassie en gaan speel darts. Sy sal jou nie mis nie. Soek solank ‘n nuwe goose.

click oppie pic vir meer info

Holy toast! R72.00

Moeg vir boring toast? Kry moeder Maria op ‘n broodtjie. Meer heilsaam as dit kan jy nie kry nie.
click oppie pic vir meer info

As jy opeinding met iets Corki soos kouse of ‘n Pep Stores toeknoop hempie, moenie huilerig raak nie. Jy kry darem ‘n belated krismisbox by Watkykjy ook in die vorm van ‘n superslick befokte heavy next level Watkykjy website. Dit was kakduur gewees maar die moeite werd. Hy gaan 1 Januarie live en jy gaan ‘n lekker boner kry as jy hom sien. Anja Slaptiet is besig om haar tiete nog slapper te werk in die agtergrond. Heavy details en shit. Julle sal sien.

griffinWatkykjy se 20 krismis tips. Stop jou krismis panthyhose vol.

Comments

  1. Anonymous

    Maak nou weer lekker zak uit die referrals vir die brannas oor Januarie ne. Ek soek 'n bottie bra, het vir al my skobbos jou links gemail. Die liewe jirre hoor net vir my ek wil nie 'n fleshlight he nie. geseende kerswees. once

  2. griffin

    My bra, ek het die kamera, die K-Lo en die Garmin gekoop. Ek sal check hoe Januarie lyk virre fleshlight, maar ek soek hom ook. Ek moet nou eers zak spaar vir Kaapstad.

    God. R6k down.

  3. Anonymous

    ja nee fok, die goose het my krediet kaart in die hande gekry, sy wil ook mos 'n kamera he.

    toe sy by die huis kom en vir my so heel opgewonde die oulike ding wys wat sy vir my gekoop het.

    man dit voel as ek net wil oorbuig en my broek aftrek en maar die wit vlaggie uithaal, gaan self bietjie slaapstad toe, maar daar gaan so bietjie minder gedrink word a.g.v goose en kredietkaart en kamera.

    of probably not….

Gooi Comment