Watkykjy kry ‘n bomber jacket. Dis amper nuwe jaar!

In Spec-takel deur griffin2 Eiertjies

Omdat sommige van julle werfetters met vakansie was en dalk nie die Sondag so net voor krismis in die hande kon kry nie (ek is self een van daai werfetters) gooi ons die reseppie vir die Julius Malema hoener sommer hieso vir julle om te spaai. Click op die prentjie onderaan om dit mooi groot oop te maak en sit jou leesbrille op.

In ander irrelevante nuus: Watkykjy en die interwebs bereik van vandag af tot wanneer die klok nuwe jaar slaan ‘n skietstilstand. Ons is besig om die sait se nuwe baadjie se soompies om te werk en daai knoop aan te werk wat ons in die barney verloor het buitekant die Daspoort tonnel. Dit was nogal baie fokken werk maar Anja Slaptiet staan reg met die naald en gare. Julle gaan die nuwe baadjie kwaai like. Dit het ‘n klomp ekstra sakke en maak mens lekker warm onder die kraag. Ons speck julle marabsies as 2010 aanbreek. Met 5 ton illegal Marabastad fireworks en alles. Gaan sluit solank jou honde toe en gooi ‘n lappies kombersie oor die budjie se hokkie.

griffinWatkykjy kry ‘n bomber jacket. Dis amper nuwe jaar!

Comments

  1. Ledigheid

    As Anja se slaptiet lyk soos die nuwe WKJ? saait gaan Dr. 90210 nooit aan haar hoef te sny nie!

  2. Francois

    Ek like die ascii art as jy die main page se source view. classy bra’s…

Gooi Comment