Rappie en Zef – Bokke vs die Hane, 13 November 2009

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

Gisteraand het die Bokke teen die Franse Hane verloor in Franryk. Reg van die begin af was dit seerder om die game te kyk as wat dit is om draad te trek met facial scrub. Even nog voor die game fokken begin het. Ek weet nie wie die fok daai naaiers was wat ons athem so verkrag het nie, maar hulle het gelyk of hulle nie eers reserwe span sou haal vir Tidal Waves nie. Goeie job though wat die Franse gedoen het met die ouens se make-up om hulle holle soos gesigte laat lyk het, want daai onaardse klanke kon nie ‘n fok uit mense se monde gekom het nie.

Hier is ‘n video van die anthem disaster net voor die rugby, in case jy dalk besig was om met die bruin bere te stoei en die eerste paar minute gemis het (dis advisable om ‘n passer in jou bobeen te steek om die pyn van die video se aandag af te trek):



Die Franse het natuurlik ‘n opera sanger gehad en alhoewel ek nie ‘n woord verstaan het wat hy (baie mooi) gesing het nie, kan ek net aanneem dat dit losweg kan vertaal word as: “Ons het julle sopas soos ‘n kollektiewe poes laat lyk, Suid-Afrika. Julle gaan verloor. O wag, ons het nog een apie om uit die mou te skud voor die game begin”


En toe laat hulle die Franse weergawe van Corki ‘n bal rakelings tref en vir 7 milileter rol voor hy op sy dik kaas-en-wyn parra gat gaan sit het op die klam gras…

Die res van die game kan ek (met my verskriklike beperkte on onnosele rugbykenns) beskryf as iets wat moontlik net so morsig is as Jurie Els en Robby Klay se beweerde wedersydsde masturbasie. Juis oor my beperkte kennis, het ek vir Kabous Verwoed gevra om vir ons gister se game asook die rugbyspan bietjie beter te verduidelik. Ons kan nie almal wag vir more se Rapport nie. Daar gaan in elk geval seker net weer ge-blurde Joost piele of iets op die voorblad wees. Ek stel graag vir Kabous aan die woord:

Rappie en Zef: Die Springbokke vs die Hane, 13 November 2009 (deur Kabous Verwoed)

Nie sedert André Joubert en sy brandweersnorretjie was daar soveel Zef saam in een Springbokspan vergader nie. Die toets tussen die Bokke en die Franse op ‘n heel gepasde Vrydag die 13de (November) was die regte verhoog om ons eie brand van Zef aan die wêreld bekend te stel. Bakkies se evil glinster in sy Vaaldriehoek ogies. Matfield se hare, ons coach se brandwurm, Habana se belaglike dansie aan die einde van die Curriebeker finaal, Morné Steyn se Engels (as mens dit durf Engels noem) en die hardegatgeit van  ons eie Bismarck du Plessis. Dit alles is redes hoekom ‘n rugby verslag oor hierdie span op Watkykjy hoort.

Kom ons begin by die begin. Aan die agbare lid wat die Volkslied gesing (?) het: Opregte dank vir ‘n weergalose optrede. Jou bydrae sal in die rekordboeke aangeteken word as moontlik die enigste ware Zef opening act in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Tydens jou vertoning het selfs die heel Zefstes onder ons nie heeltemal die grootsheid van die oomblik besef nie.

Die bleek bebeende skeidsregter, mnr Wayne Barnes, het op sy tipiese (en half patetiese) Engelse manier hard probeer om van die begin af sy Zef op die spelers af te druk. Sadly, het niemand die man ooit mooi verduidelik wat die afbreekpunte alles behels nie. Ons kan ook ons sterre dank dat Bismarck se Zef duidelik sterker as syne was. Anders het vriend Bismarck na sy aaklige laat tackle ‘n bietjie van Bakkies Botha se timeshare langs die veld gebruik gemaak. Hey dis net tien minute en what are friends for, jy weet? Dis elkgeval beter as een of ander flat in Durban.

In ‘n wedstryd wat sterk aan professionele stoei (sonder die fake bloed en flair vir die dramatic) herinner het, was daar nie veel (rugby) om oor opgewonde te raak nie. Die Franse het heeltyd gevaarlik gelyk. Soms ook asof hulle lus was vir bietjie rugby. Die Bokke daarenteen was duidelik moeg en afgemat na ‘n donnerse lang seisoen.

Kom ons wees eerlik. 2009 was waarskynlik die jaar van die Springbok. Die Drie Nasies, die Britse en Ierse Leeus en ook die gesogte Super 14 reeks, se silwerware staan almal in Suid-Afrika. Wanneer in die geskiedenis kon ‘n ander groep spelers hierdie Bokke dit nadoen?

En dis presies waar dit moes gebly het. Maar nee. Die beancounters by SARFU wou nog so ‘n paar skille score om te betaal vir Krismis prezzies en een of ander poepol het besluit daar is tyd vir nog een toer. En so bevind die arme John Smit en sy ouens hulle (aan die begin van ‘n heerlike Suid-Afrikaanse somer) in trietsige Europa waar hulle hul tam lywe vir geen rede of doel nie, weereens op die spel moet plaas.

Voeg hierby dat ou Piet Snorre (ek kan nog steeds dit nie help dat ek hom like nie, die bra is ZEF!!) nog steeds probeer om keurderslogika tot die uiterste te beproef en jy het die begin van ‘n Zef tragedie. Ou Pieta, dis een ding om met ‘n invorm span tydens die Drie Nasies laat te reis en op die nippertjie op te daag. Dis ‘n heeltemal ander ding om met ‘n einde van die seisoen, ek wil eerder by Stilbaai sit en bier drink-span, twee dae voor die eerste toets in Europa te land. En dit boonop met ‘n horde nuwelinge in hul geledere.

Kom ons kyk na ou Piet Brandwurm se span en hoe hulle gevaar het:

  1. Beast is en bly ‘n yster. Waar was al sy skielike kritici toe hy ou Vickory se ass met sy eie kop gePhil het tydens die Britse en Ierse Leeus toer? Miskien moet hierdie klaagkouse (en sekere politicians) net vir Beast uitlos dat hy kan skrum.
  2. Kyk ou Bismarck is groot. Baie baie groot. Hy gooi goed in by die lynstane en staan geen duit vir enigiemand terug in enige faset van die spel nie. Dis net jammer hy wil nie bietjie die man los en op die bal begin fokus nie. Daai laat tackle van hom kon dinge veel veel erger gemaak het. Ek sidder by die gedagte.
  3. Skipper John Smit is ‘n uitstaande leier. Hierdie ou se blote teenwoordigheid is tien punte in die bank. Of hy die beste vaskop in die land is sal mense nog lank stry. Ek persoonlik dink nie so nie. MAAR hy is die beste kaptein wat ons het en daarom moet ons hom in die span hou tot na die volgende Wêreldbeker. Daarna kan hy gaan rus en soos Joost doen wat hy wil.
  4. Bakkies Botha is die Vereeniging boykie in die outfit. Enige ware en werklik harde outfit het ‘n Vereeniging boykie nodig. Hy is die hart van die dieselmasjien en die bietjie mongrel wat ons so bitter nodig het.
  5. Matfield (sommige se keuse as kaptein) IS lynstane. Dis ook verblydend dat hierdie lang binnesenter vir ‘n verandering sy  eie gewig in die vastelos ook gedra het. Eerder as om hand op die knie in die agterlyn rond te hang met visions van sidesteps en steekskoppies.
  6. Heinrich Brössouw is my speler van die jaar. Ek weet dit klink na ‘n potjie provinsialisme aangesien ek ‘n Vrystaat ondersteuner is, maar hierdie is ‘n baie spesiale speler. Man-alleen het hy hierdie jaar vir Piet Snorre (en al die ander Bok Afrigters voor hom) oortuig dat ‘n Bokflank nie twee meter lank hoef te wees nie. Sy werkverigting en spoed by die afbreekpunte, tesame met die brute krag in daai voorarms, maak van hom ‘n frats by die afbreekpunte en die beste baldief in die game. Gisteraand was dit weer so. By tye (wanneer Barnes sy fluitjie bietjie laat rus het) het die Franse nie geweet wat om met hom te maak nie.
  7. Die Incredible Schalk se stormram taktiek werk nie meer nie. Vandag verwag ons meer van losvoorspelers as om net bo-oor jou teenstander te probeer hardloop. Ek hoop van harte dat ou Piet Snorre nou eindelik besef Burger se speeldae is getel. Juan Smith se besering behoort een van die dae iets van die verlede te wees. Kom ons hoop hy vervang dan vir Burger en nie Brössouw nie.
  8. En daar het ons dit. Ryan Kankowski is nie in dieselfde liga as Pierre Spies nie. Op die agtervoet raak hy eerder ‘n liability. Selfs die lompe Ashley Johnson is ‘n beter perd vir jou geld. Word gou gesond Pierre, ons soek jou weer in groen (eerder as daai grillerige ligblou, hehe).
  9. Om die beste rugbyspeler op die planeet in jou span te hê is seker ook nie te sleg nie. Hoewel Fourie du Preez ge-guarantee is om een kak game ‘n seisoen te speel (waarskynlik gisteraand s’n) is daar nog steeds niemand wat naby hom kom wat voorgevoel en posisionele spel betref nie. Mag hierdie yster nog baie toetse speel.
  10. Morné Steyn is die ander nuweling van die jaar. Hier is nou ‘n mannetjie wat sy eie naam op Piet Snorre se clipboard gaan skryf het. Oor sy kalmte onder druk is daar al baie gesê. Vlok Cilliers se bydrae as skopafrigter kan ook nie onderskat word nie. Nou. Morné. Daai pootjie, what were you thinking? Ek gaan maak asof ek nie gesien het hoe jy reg voor die skeidsregter ‘n teenstander try trip nie. En ek gaan beter voel. Nie té nie, maar tog.
  11. Brian WP Stormers Habana (onthou julle hom, die ou wat so ‘n seisoen of wat gelede deur “kenners” daarvan beskuldig is dat hy sy spoed verloor het) is en bly die beste linkervleuel in die land. Hy het gisteraand min kanse op die aanval gekry en tog heeltyd gevaarlik gelyk. Onder die hoë bal is hy rotsvas en met sy verdediging skort daar ook nie veel nie.
  12. Sug. Arme AD Jacobs. Hy verdien nie hierdie nie. Nie die plek in die span nie en ook nie dat sy naam so vergat word nie. The less said the better. Miskien moet hy ‘n blaadjie uit Charl Langeveldt se boekie bedel. As hy ooit weer toetsrugby speel, hoop ek dis in die nommer 13 trui. AS…
  13. Jacque Fourie is nou maar eenmaal meneer reliable. Die eerste fase verdediging in die middeveld was nou nie van die beste nie, maar ek gee met ‘n geruste hart die voordeel van die twyfel aan Fourie.
  14. JP, JP, JP. Wat presies het jou by daai vinnige ingooi besiel? Regtig. Ek gaan die gametape by Supersport koop en daai stukkie uitsny. Sodat toekomstige geslagte van Suid-Afrikaners nooit op ESPN Classic daarna hoef te kyk nie. Behalwe vir dié stukkie onbesonnenheid was hy bestendig sonder dat hy veel kanse gekry het.
  15. Zane Kirchner is ‘n gemiddelde provinsiale speler. Hy het nie in een van sy twee toetse tot dusver oortuig nie. Ek sou veel eerder die ouer (en briljante!) Stefan Terblanche tot na die volgende Wêreldbeker die nommer 15 trui laat dra het.

Nou ja. Ek berus my daarby dat, behalwe vir die enkele uitsondering van die fantastiese Sebastien Chabal (om ‘n beweerde Frik du Preez quote buite konteks aan te haal: The bearded Frenchman who looks like Jesus but plays much harder) het ons ten minste die stryd om die Zef gewen. En as jou span (en Volkslied-sanger) so ver meer Zef aan hulle kant het, is die telling op die bord mos nou nie die heel belangrikste nie. Of is dit?

Deel met jou tjommies!

    griffinRappie en Zef – Bokke vs die Hane, 13 November 2009

    Comments

    Gooi Comment