More-more!
Hoop julle outjies is lekker zars met SARS en jy’t jou e-filing gedoen. Onthou, vandag is die cut-off. Na vandag is die SARS-polisie op jou arm ass as jy nie ge-file. Hulle gaan jou heavy kaarte skiet.
Wil jy weet waantoe jou tax gaan?
Click hieso om te check waarvoor jy alles betaal. Maar check eerder op Maandag. Ons wil nie jou naweek opfok nie. Hulle update gereeld. Ek neem aan dis omdat geld so gereeld deur veelvuldige holle getrek word.
Ek like nogal die R5mil vir die website expenditure. Watkykjy se nuwe upgrade wat stilletjies in die background besig is om te gebeur is amper net so duur. Jirre, met daai tiep van zak koop ek vir Julias Malema ‘n fully-furnished log-cabin en 10 volwasse, wilde ysbere as pets in Antarktika.
Watkykjy staan op 2,239,290 post views in totaal sedert 1 November, 2019.