I hear dead people…

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Dit het als begin toe ek en die Prinses “White Noise” met ou lame-ass Beetlejuice Keaton gekyk het. Dis toe dat ek die eerste keer gehoor het van Electronic Voice Phenomena, of EVP. En nou… nou wil die stemme nie ophou nie…

So wat is EVP, dink jy terwyl jy ingedagte jou volvloer menskleur pantie uit jou hol trek. Wat indeed. Well, EVP is basically dooie mense wat deur elektroniese appliances probeer praat met die wat nog lewe.

Soos in “White Noise” peg ou Beetlejuice se vrou en dan begin sy hom waarsku deur die TV en die radio, want daar is drie sulke evil spokies wat almal wil doodmaak. Basically soos Casper se drie evil broers maar hulle skree so en stuff en gooi jou by geboue af.

Op die einde kak Keaton. Oeps, spoiler waarskuwing in die vorige sin. Anway, dis net ‘n fliek en nie ‘n baie goeie ene nie. Die belangrike ding is die EVP pellie. Die fokken phenomena, check?

Nou op die DVD is daar mos altyd ekstra features en kak soos blooper reels en deleted scenes en prentjies en die director wat so poef praat. THIS is mos DVD. Dis mos die future. Sure.

Op “White Noise” (net R16 by DVD Shack) is daar so lot ekstras oor EVP soos wat dit is, hoe jy dit kan doen, en voorbeelde daarvan en so aan. Regtig baie interessant hoor. Ook ‘n loutere spul kak as ek ooit een gesien het. Ek sexplain…

Natuurlik kom EVP straigt van Lamerika af – dieselfde poesplek wat vir ons kak soos Scientology gebring het en mense wat actually Paranormal Activities bestudeer. Daar is dit nie spookstories wat dronk mense vir mekaar vertel nie – dis paranormal. Dis… out there.

Die mense wat EVP bestudeer is so lot ou Amerikaner krimpies. Big fucking surprise. En hulle hou vol dis for real en even beter, mens kan dit in jou eie huis doen. Dis hier waar my oortjies penorent spring. By die huis doen? Enige iemand? Hel, ek’s enige iemand en fok ek het ‘n huis ook. Dis asof EVP my persoonlik kom vind het.

Stuur jy my EVP. Ek luister…

Nou wat jy nodig het om EVP te record is ‘n tape recorder (ek het jou gesê dis ou ballies) of dan ‘n komper met ‘n mikrofoon. Redelik logies. Mens kry blykbaar selfs deesdae tape recorders wat outomaties aanskakel as hulle iets “hoor”. Cool, en dan sit jy nog steeds met ‘n tape wat jy saam met jou vinger in jou stervis kan druk. ‘n Tape? Ek opt vir die ‘pewter en die mic. Check.

Dan moet jy die ding in ‘n kamer posisioneer en dan kom die rerige interessante deel. Daar MOET background noise wees. Nou skeptiese mense sal hier al begin wenkbroue lig, maar dis heel standaard hoor. Spoke gesels net as daar background noise is. Jy sal byvoorbeeld nooit hoor dat almal so gesels en dan bly almal ewe skielik stil en dan hoor jy so spook iets blind baie hard sê nie. Nooit nie.

So jy stel jou computer op voor die TV of radio en tune die device dat hy static maak. Dan druk jy daai groot rooi record knop wat so die play ook indruk en jy loop maak ‘n broodjie of ‘n skommie of vat die kinders vir ‘n swem…

O nee wag, ek praat kak. Jy wil mos nou gesels met oorle oom Skyfie of wie ook al. So jy druk record en dan drop jy ‘n vraag. Begin met maklike goed soos “Wie is jy?” Gee die spook so drie minute om te antwoord en gaan dan aan. Jy gaan nie dadelik kan hoor wat gesê word nie, so moenie die spook van die begin af kaarte skiet nie. Maybe is dit een van daai evil outjies en dan kry die bediende jou die volgende oggend op die grond met so skewe gesig en jou broek so bietjie afgetrek agter.

Na jy so drie minute se fokkol record het kan jy maar stop. Die “experts” reken dis lank genoeg. As die spook langer as dit vat om te antwoord is dit in elk geval ‘n fokken stupid spook en al die ander EVP mense gaan vir jou lag. So na drie minute is dit klaar met kees. Druk stop.

Speel nou daai outjie terug op jou computer. Mooi nê? Moenie verbaas wees as daar niks is nie. Jy moet eers “leer” om die EVP te “hoor”. Kyk na die klankgolwe op jou sound editor. Omdat jy background noise record het gaan daar anyway so lot riffels wees. Kyk nou na jou vraag en sien of daar ‘n spike was. As daar was, select daai deel van die sound file en increase hom volume. Sommer baie. Luister mooi…

Klink dit soos woorde? Dit hoef nie presies soos iets te klink nie. Meeste van die ouens se examples op die DVD klink frankly soos Rodney Seale se backward masking tapes van Boney M of Queen. Mens moet nogal heavy op die interpretasie leun om iets daadwerklik te “hoor”. Ekstra punte as jou geraas (ek bedoel EVP) klink soos ‘n dooie iemand wat jy ken of iemand wat in die huis gebly het.

My eie EVP’s

My eie eksperimente het regtig baie interessante resultate opgelewer. Die eerste keer het ek niks gehoor nie. Die tweede keer was daar definitief iets, amper soos “Oehahoe oehahoe.” Ek was moerse intrigued. Die derde keer was die charm. Na ek die sound moerse ge-amp het en van die hiss uitgehaal het was dit duidelik soos daglig. My eie persoonlike spook het hard en duidelik geroep: “Ek wil worsies hê! Ek wil worsies hê!”

Dit was nogal weird.

Ek het weer probeer. Die keer het die EVP duidelik gesê: “Get out of my house!” en dan nog iets wat ek nie kon uitmaak nie. Eers het ek geskrik want ek het obviously gedink dis daai evil spokies.

Darem nie. Toe ek weer luister kom dit hard en duidelik: “Get out of my house… Get into my car.”

En om die Monkees te quote: “Now I’m a believer.”

So dis die EVP ding, maats. Gaan sommer vanaand huis toe en probeer hom uit. Moenie skeptiese bliksems glo wat tune dis net interference omdat jy ‘n lot electronic equipment aanhet wat static produce en dan ‘n live mic daarby bring en die golwe versteur nie. Wat weet hulle? Is hulle miskien EVP experts? Is hulle miskien in touch met die doderyk? Damn straight hulle is nie. Jaloerse bliksems. Jy weet die dooies wil met jou praat, en daar’s niks mee verkeerd nie.

‘n Baie ernstige waarskuwing is egter nodig. Nie alle EVP’s is vriendelik nie. Die EVP psycho’s (ek bedoel experts) reken ‘n baie lae persentasie is evil so jy moet ligloop. Dis bietjie soos om metal te luister – nie alle metalheads word Sataniste nie, maar mens weet nooit nie. Die donker kant is tog sooo aanloklik.

Lekker EVP’s maak en ligloop vir Casper se boeties. Tot volgende keer…

“Ek wil worsies hê! Ek wil worsies hê!”

Meer info:

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieI hear dead people…

    Gooi Comment