Die zef gig in Nieu Bethesda

In Briewe deur griffin1 Eiertjies

Peet van Heerden het vir ons hierdie ingestuur nadat ons die gig hieso op Watkykjy gegooi het,

So gebeur dit toe dat Nieu Bethesda, ja, die middel-in-die-Karoo-dorpie, wel gasheer gespeel het vir die “Tuckers Lilla Kapell” band. Die Skandinawiese orkes of TLK, bestaan uit 5 lede waarvan een voorheen lid was van die Radio Rats. En dis eintlik hoe dit als gebeur het – Jonathan Handley – ook voorheen van Radio Rats en deesdae ook ‘n inwoner van Nieu Bethesda, het die groep genooi om hier te oornag en in sy Bat Barn op te tree.


Die gehoor van ongeveer 40 genooide – en party selfgenooide – gaste, 3 kleuters en ‘n driebeen hond, is vermaak met wonderlike Keltiese rockmusiek. Meestal wysies waarop almal kon saamdans en saamspring en sommige waarvan party kon saamsing – soos die “crying cockles and mussles, alive, alive–oh” deel. As ‘n spesiale tribute het Jonathan Handley ook ‘n song of wat perform.


Hulle tree op 13 November in Kaapstad op in die Obz café en op 14 November in die Speedway café/Tafelberg tavern.


Gaan kyk/luister beslis – vat jou girl saam, jou skoonma en jou kat (Nieu Bethesda het alleenreg op die honde!), maar sorg dat jy dié genieting nie misloop nie!!

Deel met jou tjommies!

    griffinDie zef gig in Nieu Bethesda

    Comments

    1. Anonymous

      Wat het hulle van die Nieu Bethesda spoke gedink? Ek het een aand daar oornag nadat een of ander idooit my vertel het dat dit op my pad Port Alfred toe was…toe nie…

      Daai aand het ek en my vriendin in een kamer gelaap in 'n 4 slaapkamer huis.

      Het toe interessante goed beleef in die dorpie, helder oor dag by die Uilehuis.

      Dis nou 'n creepie maar oulike plek!

    Gooi Comment