snotstories

K-pax Kronikels: Shikaka

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Nog ‘n volume van K-pax Kronikels – deur Player Meyer

Woensdag, K-pax, ek het vroeg gewaai by die werk want vannaand kak ‘n ding wat laf raak.

Kyk voor enige sport moet ‘n mens opwarm en strek sodat daar nie onverwags ‘n spier erens kak nie, drink is baie dieselfde… jy kan nie nugter by ‘n club in loop nie, want jy sal net dalk besef hoe belaglik almal rerig lyk wat daar rond drentel en dans. Ons slat toe uit by die Capello vir ‘n paar oefen doppe net om aan die gang te kom, soos ‘n formula 1 kar met tyre warmers op sit ons en maak gereed vir die groot aand wat voor lê. Ons drink ‘n paar rondtes Whiskey en Brannas om die engines te start.

Vannaand dwaal ons uit ons territory uit… soos ons in Boksburg in ry voel als vreemd, Kempton Park is nou net ‘n distant memory. Ons stop by die robot voor die Eastrand Mall en ‘n eienaardige fucknut met ‘n wit warm golf en ‘n goue chain om sy nek stop langs ons. Hy draai sy venster af en wys vir ons om die selfde te doen… ek maak toe maar my venster oop om te hoor wat sy storie is. Hy bly stil terwyl hy vir die robot kyk en dan weer terug na my toe kyk… dit was half onverwags toe hy die zefbom op my drop en sê: “ Tekkies! Praat met my!” net daar rev hy sy engine en drop sy clutch soos naas nie kon gedrop het in sy dag nie! Dis net fokken rook soos hy met ‘n tjierie, tjierie, tjierie in die pad af fok. Die doos moes een plakkie en een Buffalo aan gehad het om so te kon spin! Toe ek uiteindelik ophou lag ry ek… “ Dit maak nie saak watse kar jy ry nie… daar is altyd ‘n vinniger golf” is nie verniet die reel van die ooste nie. Ons ry in by Chicago’s se parking en maak reg om te laat waai. Kyk dis nou al so naby aan happy-hour dat ek al begin smile.

Ons betree die club sonder enige probleme na so twee stelle trappe is ons in. Die girls wat ons daar ontmoet staan toe heel betroubaar reg voor die ingang naby die dansvloer. Die ding van ‘n Woensdag by Shikaka’s is die 7-11 buy one get one free op alle drinks wat baie beter as die normale Oosrand club tradisie van R80 drink-till-you-kots is, o en die belaglike klomp lekker girls wat onbewus aan mej. Boksburg deelneem aangesien elke een hotter try lyk en dans as die volgende een, maar ek kla nie… dis fokken netjies as jy my vra. Ons se toe hello en laat loop gou bar toe. My vriend bly op die J&B, maar ek voel braaf en order toe Jack en lime. Met ons hordes drinks gaan staan ons by die girls en begin drink vir resultate… mens praat mos maar net soveel lekkerder met girls as jy ‘n paar drinks in het… dutch courage… my maat.

Die drinks bly kom en teen die tyd voel ek al soos ‘n bollywood ster wat op enige oomblik gaan ontplof in ‘n sing en dans nommer. Die girls is ook nou al op ‘n stasie en dinge begin lekker word… ons gesels terwyl ons kyk hoe hulle dans. Die een girl se clutch begin nou al gly, kyk southern comfort doen snaakse goed aan girls… sy lyk nou al teen die tyd dronker as die gemiddelde hobo. Ons almal lag lekker vir haar en steek haar drink weg… ek voel ‘n nattigheid op my voete en begin skop! Dis net borde en rakkies wat neer bliksem… liewe fok… die fokken kraan maak my voete nat en hoekom die fok slaap ek op die kitchen counter?? Hoekom die fok is ek by die huis? Fuck sakes ek het nou weer uitgeblack en getime-travel… fokken Jack Daniels… die fokken flat is amper onder water… ek maak my vriend wakker wat op die bank le en vra hoe die doner ons by die huis gekom het?? Hy begin lag toe hy die water sien en vra wat het gebeur? Toe ek hom vertel lag hy homself broken en se dat ons tot 4 uur toe geparty het voor ons huis toe gery het en dat my lewer my seker na ‘n kraan toe gesleep het van die bank af.

Ek sal nou nie die nobel prys wen vir wetenskap met my time-travel nie… maar ek het die volgende dag ‘n babbelas kwitansie gehad van ‘n moer lekker aand.

Deel met jou tjommies!

    griffinK-pax Kronikels: Shikaka

    Comments

    1. Player Meyer

      Bloemfontein pappa! issit nie catwalk nie? haha

    2. blouhond

      Player, jou skrywe oor doosburg is in die kol, die klomp turf jakkelsies wat daar wil aap skuur is nie leke 10/4 nie, ek dink on closer investigation sou jy dalk gesien het dis hul jonger susters met wie hul so compete, jy moet maar weer draai in k-pax, eks net bly jyt daai plek survive, was daar nie n rider van die koelte bome (tow-truck driver) wat jou n pakie doosburg sweets wou gee nie.
      dink jy moet een donderdagaand k-pax se famous student night by die keg kom besoek

    Gooi Comment