Grapgat

In Grapgat deur griffin3 Eiertjies

‘n Man wil ‘n bra koop vir sy vrou, maar weet nie watter grootte om te koop nie. Die verkoopsdame sê: “Vat aan my tiete, dalk is dit dieselfde grootte.”

Die man antwoord: “O, ja, en sy kort nuwe panties ook.”

********************************************

Boer aan sy vrou: “As jy so buk, is jy so breed soos my stroper.”

Die aand later soek hy ‘n bietjie score.

Sy tune: “Moet ek die moerse stroper start vir so ‘n klein mielietjie?”

*********************************************

Die vrou loop rond in die duur matwinkel. Net toe sy buk om aan die mooi mat te voel, poep sy fokken hard. Die verkoopassistent staan agter haar en vra of hy kan help.
Sy vra: “Hoeveel kos hierdie mat?”

Die Assistent: “Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevoel het, gaan jy in jou fokken broek kak as jy die prys hoor!”

**********************************************

Jannie se ouma kuier oppie plaas en Jannie hardloop by die plaashuis in waar sy Ma en Ouma besig is om middagete voor te berei.

“Ma, Ma, die bul naai die koei stukkend!!”

Ouma skrik haar boeglam en kry omtrent ‘n hartaanval.

Jannie se Ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê: “Luister nou mooi Jannie, jy kannie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik iets anders, soos… sê eerder… die bul verras die koei.”

‘n Paar minute hardloop Jannie weer die kombuis in. “Ma, MA, die bul verras nou AL die koeie!”

“Onmoontlik Jannie” sê sy Ma, “die bul kannie al die koeie verras nie!”

“Ja, hy kan Ma, want hy naai nou die perd stukkend!”

**********************************************

Jannie sit een oggend op die sypaadjie met ‘n bottel swembadsuur besig om dit oor miere uit te gooi, soos hul verbykruip. ‘n Engelse priester loop verby, kyk na die storie en vra: “Good morning, young man, What are you doing with this little bottle?”

“Ek brand die miere, oom.”

Die priester dink dat dit bietjie gevaarlik is vir die laaitie om met sulke tipe van suur te speel en probeer dink aan ‘n manier om Jannie te laat vaar van sy planne.

“I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead. I once put a drop of this on a woman’s belly and she passed a child.”

“Daai’s fokkol nie, my oom. Ek het eenkeer ‘n druppel van hierie goed op ‘n hond se ballas gesit….and he passed a Kawasakie!”

**********************************************

Die twee eerstejaar studente het ‘n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagse swangerskap te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy by die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende oggend was hy vroeg weer op. hy was verbaas om oral op die plaaswerf net Toyotas te sien. In die garage het ‘n Camry gestaan, onder die boom ‘n Hilux en in die stoor was ‘n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die Oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van ‘n student herstel hy gou en vra die Oom uit oor al die Toyotas.

Oom: “Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. En selfs in die winter sukkel ‘n mens nie om die Toyotas te start nie.”

Waarop die kêrel vinnig antwoord: “Oom se dogter is seker ook ‘n Toyota. Ek het haar net so ‘n ligte stootjie gegee, toe vat sy!”

**********************************************

Gatiep se vrou vang hom in die bed met ‘n los-girl. Sy gooi hom van die 4de verdieping af en skree: “Jou fokken insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!”

**********************************************

Die klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur ‘n jong dametjie om die boere te oortuig om nie die diere uit te wis nie. ‘n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê.

Een idée is om die mannetjie jakkalse te vang en striliseer, en so die getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.

Sit een Omie baie aandagtig en luister en op uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt en sê:

“Juffrou, jy verstaan nie mooi die probleem nie. Die fokken jakkalse STEEK nie ons skape nie, hulle EET hulle.”

Deel met jou tjommies!

    griffinGrapgat

    Comments

    1. stocky goodman

      Great site ouens – hoop julle het ‘n vrugbare 2010!

    2. griffin

      Thanks my bra. Ons sal check hoe twennyten met ons loop.

    Gooi Comment