WATKYKJY interview met die NINJA, hoof rapper van DIE ANTWOORD

In Watkykjy Interviews deur griffin

Die Antwoord is ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse band. Hulle maak zef futuristik ninja rap met dik beats en is giftig to the max. Soos ‘n Scorpion BMX in die 80’s met oorgebuigde handles. Hulle het ook besluit om Watkykjy hulle record label te maak. What the fuck?

Exactly.

Vra ons ook…

Ons het vir ninja, die hoofrapper van Die Antwoord gevra om ons so bietjie die low-down te tune…

griffin:
Wat pomp julle?
ninja: Yo

griffin: Wat die fok ou? Wie is Jack Parrow? Hy is kwaai. Kan hy ons vriend wees?
ninja: JACK PAROW is my number one homeboy. Hy’s duk gangster. Ek sal hom vra of hy julle vriend wil wees.
Dis JACK hier onder oppie linker kant rocking his vet rep kep.


griffin: Julle squad lyk kief. Behalwe vir Jack Parrow, wie is nog almal deel van julle holskud squad?
ninja: DIE ANTWOORD next-level rap-rave crew is: NINJA, YO-LANDI VI$$ER en DJ HI-TEK. JACK PAROW gooi saam met ons elke nou en dan.

Hierso is ek en JACK saam op stage met FOKOFPOLISIEKAR terwyl ons DOOS DRONK poes nat gegooi het by Ramfest.

DIE ANTWOORD rol ook met 4 heavy coloured gangster rappers vannie Cape Flats: ISAAC MUTANT, SCALLYWAG, JAAK PAARL en KNOFFEL

DIE ANTWOORD gooi ook live met 3 kak gevaarlike backup dancers, SELWYN, WANGA en Z. Hulle is ex-street kids vat ons $O$ gang gejoin het.

griffin: Verduidelik vir al die Watkykertjies wat $O$ is. Sommer vir my ook. Ek fokken maak nie uit nie.
ninja: $O$ is die naam van ons gang. Bloed-in bloed-uit, heavy gangster shit. Ask no questions, hear no lies.

griffin: Het jy daai $O$ tattoo met ‘n spuitnaald gemaak op jou been en was dit seer? Was daar baie bloed of het die rubber wat jy uit jou skoene uit gesny het orals gemors?
ninja: Ja ek het dit self getik. Dit waasie seer nie.

griffin: Watkykjy?
ninja: Matrix SA Style. As jy nie daai kak ken nie, ken jy niks.


griffin: My friend, Mot van Sunnyside, wil by julle weet: Are you suggesting that coconuts migrate?
ninja: Slat my met n tien voet piel en noem my Gerrie, ek het nie n fokken idee wat Mot bedoel nie.

griffin: Hou jy van my Ninja outfit? Ek het dit op die interwebs bestel uit Amerika uit. Ek weet nie eers waar dit is nie. Dit klink ver. Ek het like claws vir my hande en voete ook gekoop en customs het dit deurgelaat. Dis fokken kief. Jy mag dit enige tyd leen. Ek het dit al gebruik om by my vriend se balkom op te klim en bier te steel. Dit werk regtig cool. Jy kan my swaard en throwing knifes ook leen. Dit gaan dwarsdeur deure en shit. Fok, wat wou ek vra? O ja, like jy my ninja klere? Dit keer bullets en shit.

ninja: Daai NINJA outfit is Kak Gevaarlik. As ek dit eendag kan leen sal ek jou vriend vir ewig wees. Daai claws gee my hoendervleis.

griffin: Hyperpothetically, as ek ‘n zef Watkykjy stage by Oppikoppi bou met sandsakke en speakers en pale en ‘n tent en kar spare parts, sal julle vir ons kom MC en saam met ons Turbo Floats drink? Turbo floats is brannas en coke en roomys. Dis poeslekker en dit klap jou six love.
ninja: Hoekit op, ek’s fokken daar.

griffin: Kan Watkykjy julle record label wees? Dan like sit ons al julle shit op ons intergalactic super web voertuig en jag dit oor die vlaktes.
ninja: Watvrajy? Ons is alreeds fokken signed met WATKYKJY, bloed-in, bloed-uit.

griffin: Hoeveel worsbroodjies kan jy eet voor jy moet opgooi of spuities kry?
ninja: Daar is nog n vet trek binne in jou hi-tek pret-pek genoem EAT MEAT. Tsekkit.

griffin: Hoekom bly julle in die Kaap?
ninja: Because ek hou van coloureds. Daar is n poes klomp coloureds innie Kaap.

griffin: Het julle al gaan hol skud saam met die Wedding DJs in die Kaap? Hulle is ook van Watkykjy af. Hulle bly ook in die Kaap, so ons is nou international.
ninja: Nee, ons het hulle noggie uitgetsek nie. Wat is hulle interweb address? Ons wil by hulle gaan kuier.

griffin: Hoeveel ninjas vat dit om ‘n lighbulb in te skroef?
ninja: n Ninja kan innie fokken donker sien.

griffin: Hoeveel ninjas vat dit om vir Yo-Landi Vi$$er te skroef?
ninja: Drie.

griffin: Is Ramfest ‘n kief jol?
ninja: Ja, dit was lekker totdat YO-LANDI VI$$ER op my nuwe spif sweet pakkie gekots het terwyl n heel klomp van ons besig was om n serious rap battle te gooi.

griffin: Hoe kry julle dit reg om so erg futuristic te wees? Skiem jy mense verstaan wat julle doen of soek hulle nog steeds die Antwoord?
ninja: Ja

griffin: Wat is Die Antwoord?
ninja: WATKYKJY issie fokken Antwoord.

En that are that. Julle kan hier op Watkykjy al Die Antwoord se tunes download, videos check en watookal in future met hulle gaan gebeur.Vir die dom etters wat die tunes wil download en so bietjie sukkel: right click en “save as” of “save link/target as”. Hou op sukkel. Kom nou man.

Ons werk daaraan om hulle eie plek hier op WKJ reg te kry. Ons maak net die kamertjie skoon en verf die vloere oor met beeskak. Vernon het fokken alles gebreek voor hy uitgetrek het.

Die Antwoord is ook besig met ‘n super top secret tune spesiaal vir WKJ wat een van die dae die interweb airwaves slat.

Ons laat julle meer weet oor wat-wat binnekort.

griff uit.
ninja uit.

Hierdie post is 231 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,050,195 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWATKYKJY interview met die NINJA, hoof rapper van DIE ANTWOORD