Janez & Jeannie Double D

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Shame, Jeannie Double D moes gisteraand haar hotdog neersit net voor sy ‘n hap wou vat. Sy het darem nie mosterdsous op haar mondhoekies gelos nie.

Die foto het my laat besluit om ‘n gedeelte uit ons super main boek met julle te deel. Geliewe gemeente, blaai asseblief u Tos boek na bladsy 121:

Top Billing

Dit maak nie saak hoe ek beplan nie, ek kry dit elke week reg om óf Donderdagaand óf Sondagmiddag voor die TV te wees – net betyds om ‘n deel van Top Billing te vang.
Kyk hoe Michael Mol in sy Armani-pak by ‘n swierige trap afstap. Luister hoe hy iemand se moerse grand huis met sy aangeplakte baritonstem voorstel. Kyk hoe die poesryk familie maak asof hulle gewone lewens lei en vir mekaar omgee. Besoek nou vir pappa, die grootkop by ‘n topmaatskappy. Hoera vir geld! Hoera vir vooruitgang! Maar wag, nou’s dit eers tyd vir die deftigste voice-over, met die eenvoudigste woordspelings en kamtige grappe oor die aanbieders. As jy gelukkig is, speel hulle sommer ‘n klein toneeltjie saam met die persoon waarmee die onderhoud gevoer word.
“Try as she might, Ursula just couldn’t make Ryk look like a fish out of water.” (Lees met ‘n hartlike lag in u stem.)
En dan’s dit tyd vir Janez en Jeannie Double D om gratuitously met mekaar te flirt – en sommer met die kamera ook. Hulle wys kamtig hoe om goeters te bou en jou huis nog duurder te laat lyk, maar dis alles ‘n fyn oorgetrekte vleisbonanza…
Kom terug Michael Mol, alles is vergewe. Loop asseblief weer by die trap af.

Deel met jou tjommies!

    griffinJanez & Jeannie Double D

    Gooi Comment