Ek gaan nou klink soos ‘n oom met ‘n drol wat prairie dog…

In Gorrel kakpraat deur griffinRek jou bek

… maar as jy nog nie geregistreer het om te gaan vote nie, is dit hierdie Saterdag en Sondag jou laaste kans.

Moenie ‘n fokken draadsitter wees nie. Gaan registreer en gaan stem later in die jaar. Ons gee nie om vir wie de fok jy stem nie, solank jy dit net doen. It are your right, okay? Suid-Afrikaners like heavy van bitch en moan, en trust my, jy kan baie daarvan doen na die verkiesing. Soveel soos wat jy wil. Jy het ons toestemming. “Ek het nie vir daardie poes gestem nie en hy is nie my fokken president nie” is byvoorbeeld ‘n comment wat slegs sal kwalifiseer as jy wel vir iemand gestem het. En hopelik nie vir die poes in question nie. Kak soos “my vote maak fokkol verskil” is 100% waar. Met so attitude is jou stem fokol werd. Daar is baie dinge dinge wat lekkerder is as om te gaan register. Kom ons vat sommer roomys as ‘n voorbeeld. Of ‘n paar biere. Of draties kap. Actually is draties kap nogal baie soos om te gaan regsiter. Jy kry half ‘n skuldgevoel en hoop jou tjommies vang jou nie uit in die act nie. Moet net nie gaan draties kap terwyl jy register nie. Dis verkeerd op heeltemal te veel levels en niemand soek manbotter orals oor die IEC se banners nie.

Daar is baie goed wat ons hier by Watkyjy ook heavy die poes in maak – so erg dat ons ‘n boek daaroor moes skryf en extra websites oopmaak vir idiots en klontkoppe. Kak gebeur elke dag orals op die aardbol. Heavier kak as hier. Kyk hoe lyk Amy Whinehouse byvoorbeeld. Jirre! Gril!

So gepraat van gril. Hoe fucked up is hierdie ou nie?

Klaar met die preek vir die week en oor na meer prettige stuff. Ons het nogal baie feedback gekry oor doos bestuurders en het ‘n special plekkie vir hulle oop geskoffel op die internet. Even ‘n submission of twee gekry. Ons sal die site nog so bietjie make-up, pakslae en drank gee om hom in shape te kry, maar die general idee is daar. Ek skiem julle sal die punt vang.

Check die link regs onder die chatbox vir die Watkkykjy Fok Jou! Projek.

Deel met jou tjommies!

    griffinEk gaan nou klink soos ‘n oom met ‘n drol wat prairie dog…

    Gooi Comment