Moeg vir mense wat soos dose parkeer? Vertel hulle.

In Spec-takel deur griffin19 Eiertjies

Ek is gatvol daarvoor om op ‘n Saterdag by ‘n besige shopping centre op oop parkings af te kom, net om uit te vind dat een of ander kont sy double cab bakkie, BMW of reeds gestampte Toyota Taz skeef oor die lyne parkeer het sodat daar beswaarlik plek vir ‘n motorbike is, vergeet van ‘n normale size kar. Want jy was haastig sodat jy nie die advertensies mis wat voor Ice Age III wys nie, wat beteken dat jou kar meer as een mens die fok in gaan maak vir die volgende 3 ure. Kan jy nie fokken parkeer nie? Is dit so moeilik om 10 sekondes van jou tyd te gebruik om jou kar een keer te reverse en reguit tussen die bliksemse lyne te stop? Fok jou!

As daar van julle watkykertjies is wat op sulke konte afkom, neem ‘n foto van hoe die poes parkeer en sommer sy nommer plaat ook. As jy gelukkig is, sommer sy gesig langs sy kar sodat ek die woord “POES” oor sy voorkop kan plak en op WKJ kan sit.

Hier is solank ‘n briefie om uit te print en in die doos se wipers te los. Print sommer 20 copies uit en hou dit in jou cubbyhole, want die idiote is blerrie orals. Ek sal sodra ons begin feedback kry sommer ‘n permanente nes uitskrop hier op WKJ vir die motherfuckers.

griffinMoeg vir mense wat soos dose parkeer? Vertel hulle.

Comments

  1. Anonymous

    Fokken BRILJANTE idee!!! – ek't nou 20 copies uitgeknip en ek gaan dit in my kar hou. Kannie WAG om dit te gebruik nie! BEFOK OUENS!! Rerig skerp!!

  2. Anonymous

    ouens ek vat jul by die hand en se fokkin dankie!! ek het my copies geprint en in die kar gehou met die hoop dat ek op so doos sal afkom en het! ek staan toe heel onskuldig eenkant en wag vir hom om uit te kom en die papiertjie te gewaar en voila, hier kom die poephol!! sy gesig toe hy dit lees was priceless! dit het my dag gemaak!! thanks chopper en griff

  3. Björn

    Of die bliksems met hulle groot karre wat langs jou by n stop straat stop en jy kan nie verby hulle sien of daar ander motors aankom nie!!
    Verstaan hulle nie dat die moerse goed heavy baie petrol gebruik en die planeet opneuk nie?

  4. Minerva10210

    Hmmm, werk color printers is net die regte equipment om dit op te print ook, gaan nie my eie fokken papier en ink gebruik nie 🙂

    *click*
    how many copies?
    100
    *Click*

    HAHAHA

  5. Anonymous

    So 'n ou briefie is lank al nodig…

    Die vrou se lipstiek hou dit nie meer met die skrywery op die vensters nie

    Nog 'n doos wat nie kan parkeer nie het sy kar se deur teen myne oop gedonner en 'n nice herhinnering gelaat

  6. Anonymous

    Kyk ek ry mos Spar toe gisteraand, wat kry ek daar twee konte wat soos hul gat gestop het. En die parking tussen hulle kan ek nie eers inkom nie. Ek los toe vir elk van die sleg bliksems die nota en ek moet vir julle manne se moer dankie, die uitdrukking op hul gesigte was kookwater!! Ek ry nou orals met ‘n nota rond en as ek een bliksem kry wat soos sy gat stop…. Los ek maar vir hom ‘n briefie want die fok weet ek kannie verstaan hoe hulle so kan parkeer nie!!

  7. Anonymous

    Kyk ek ry mos Spar toe gisteraand, wat kry ek daar twee konte wat soos hul gat gestop het. En die parking tussen hulle kan ek nie eers inkom nie. Ek los toe vir elk van die sleg bliksems die nota en ek moet vir julle manne se moer dankie, die uitdrukking op hul gesigte was kookwater!! Ek ry nou orals met ‘n nota rond en as ek een bliksem kry wat soos sy gat stop…. Los ek maar vir hom ‘n briefie want die fok weet ek kannie verstaan hoe hulle so kan parkeer nie!!

  8. Anonymous

    UITSTEKEND!!!!! As ons aanhou om hierdie notices op te sit op die dose se karre sal hulle hopelik ophou om so kak te stop!!

  9. Anonymous

    Die probleem is dat elke keer as ek my Ferrari reg parkeer gooi een van julle morone met julle crap cheap karre 'n deur teen my kar oop en dan kos dit my R10,000.00 om dit te laat reg maak, want jy is so donders arm aan geld en gees dat jy nie genoeg beskaaftheid in jou het om jou naam en adres te laat sodat jy vir jou onopgevoedheid kan betaal nie; maar dan sal jy ook seker jou kar moet verkoop om dit te doen.

  10. griffin

    Ja-nee, dis nie die moeite werd nie. Verkoop daai 1983 model en kry liewer 'n nuwe Ferarri. Verkieslik nie geel nie.

  11. Anonymous

    Die doos wou my bliksem toe hy sien dis ek wat dit daar gesit het

  12. Anonymous

    Ek neem aan daar is 'n foto floating van die Ferarri. Ek sal like om dit te sien?

  13. Anonymous

    Befokte idee ouens! Ek was noudie dag by die Kaapstad internationale lughawe en dit was moer besig. Die fokkers bou mos so daar is niks parking nie. Toe ek finally 'n plekkie kry staan 'n fokken brooddoos van 'n Daihatsu in die middel van 2 plekke. Ek kon myself nie stop om later toe ek verby stap "Jy parkeer soos 'n doos" op sy vuil ruit te skryf nie. Ek sal beslis van die pamphlets print vir die volgende doos wat my gat krap.

  14. BendiX

    Dis mos hoe ons rol!

    vok al die werfetters, ek wonder wat dink die mense waarvoor daar lyne oppie grond geverf is? Origheid? Dis lekker faktap van karrewappers om soo n move te trek en die show te laat kak….

    As hy soos n poeshaas wil park…laat hy weet ons weet hy is n poeshaas deur n voubijljetjie in die toonlekker se ruitjie te laat blom…

    Bos-drinker uit…

Gooi Comment