Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Jy het ore. Maak 2 knope in hulle vir 2 datums

Eerstens:

Vir die blare wat in eKapa is vir hulle fuckhansie of sommer net daar bly - ons gaan groot gaan en 'n lekker WKJ party gooi met dik tunes hierdie Vrydag. Die bars sal ook tot die dak toe ge-stock wees. Ons sal so paar boeke organise as daar van julle is wat nog nie gekoop het nie en sal ook boeke, voorkoppe boude en tiete autograph as daar regtig sulke request moet wees.



Tweedens:

Julle is welkom om hierdie Woensdag (ook in die Kaap) ons boring boeklaunch te kom bywoon waar ons seker ook maar sal kakpraat en boeke en/of liggamsdele autograph. Was net oordentlik. Balpuntpenne skryf nie mooi op natuurlike menslike olies nie.



As die prentjies te klein is, click op dit vir die groter weergawe. As dit steeds te klein is, maak 'n draai by Spec-Savers.

Shot, en sien julle by die parties.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dinge loop lekker by Steak & Ale

Nie seker presies wat hier aangaan nie, maar dit lyk nie te sleg nie.

(fotos by Kabous Verwoed gesteel sonder toestemming)





Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

griff en chopper se interview op MK (Gons)

Ek stel voor jy pause hom om dit so bietjie te buffer. As jou bandwidth sterk is, laat hom loop. As jy op dial-up is, welkom, dis 2008 - gaan klim liewer boom of iets.

Labels:

Skrapnel 29

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Chopper en griffin praat kak op TV

Eish. Check hoe griffin en Chopper half-gekletter sit en kak praat met die ouens van Gons, vanaand 18:00 op MK (DStv kanaal 324). Oor ons boek en watse local celebrities heavy tos is.

Verder kan jy ons ook in die Vaalweekblad vang more as jy ongelukkig genoeg is om in die Vuildriehoek te bly, of andersins in die Volksblad Vrydag as jy toe moer in gone bly.

Kinder TV was nog nooit soveel pret nie

Raait, hieso is wat jy doen:

Gaan kry gou vir jou 'n vet zol, want hierie is amper soos Teletubbies tyd.
Kry 'n pak chips. Chipniks of Flings werk lekker.
Sit jou klank fokken hard aan.
Druk play op hierdie video hieronder.

Vir die tweede keer moet jy gemaklike tekkies aantrek en op en af spring op die beat en die lyrics saam sing.

Hierdie is fokken kinder TV op sy beste!

video

Labels:

Afrigator