Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Poedel Power

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

99 woorde vir kanne ...

Ek is seker iemand met baie tyd is bietjie lus om hierdie video vir die ander Watkykertjies te vertaal. Kanne, tiete, bobjaanbrille, outjies, gigantiese Himalayas, melksakke, pretpakke .... Julle kry die idee.

Julle beurt. Kyk solank hierdie video vir inspirasie ...

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

WKJ Kyalami race car.

Baascorne het hierie outjie gister by Kyalami afgeneem.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy gee vir Vernon 'n huis

Omdat ons sulke moerse goeie harte het, het ons vir Vernon Koekemoer 'n huis gegee. Mens kan nie vir ewig op Watkykjy se stoep slaap nie.

As julle lus voel om by Vernon 'n draai te gooi kan julle een van die volgende paai ry om by sy huis in Kempton uit te kom:

www.vernon.co.za
www.vernonkoekemoer.co.za
www.ramboguy.co.za

Ons skiem die bra sal dit moerse waardeer. Net nie te hard klop nie. Hy kan partykeer moerig raak.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

As jy Vernon Koekemoer soek. Hieso is hy. Op Watkykjy. Hy woon hier.































Labels:

Vernon Koekemoer II

Dudes, fok. Vat dit stadig. Ek kan nie voorbly nie. Oor so uur laai ek nog 20.















Sy naam is Vernon. Vernon Koekemoer.















Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

H2O Rambo update...

Moerse dankie vir Christo Hamman vir sy H20 update. Lyk my Mullet Man gaan bietjie die rondtes doen hierie jaar. Stuur seblief nog kiekies in as julle hom iewers gewaar. Mullet Man - watkykjy se eie superhero. Jaaa!



Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

So paar Spec-takels vir julle ...

Soek die woord "fuckbuddies" in die Collins dictionary. Die prentjie langs die woord lyk presies so:


Mevrou Msimang net na haar splinternuwe lewer. Precious.


Hulle reken dis die veiligste agter in die aerie ...


Baie kak ride ...


'n Lessie vir daai koshuis in die Vrystaat - samewerking ...


Robin het ge-pimp sonder Buttman se medewete ..

Labels:

Rambo gespot by H20

Smaak my Rambo maak uit van H20. What's up met die nek-kuif, ou? Wat van daai Mike's Kitchen onnerbaadjie? En uhmm, is jy nie bietjie te jonk vir H20 nie?

(Shot vir Koos Liebenberg virrie foto).

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Sexual harassment - Ken jou regte

Hierie is nie grappies nie.

'n Baie ernstige video oor wat sexual harassment in die werkplek is. Onthou julle daai videos wat hulle altyd in die Model C skole gespeel het in die early nineties oor allerhande slegte goed soos voorhuwelikse punt natmaak, rook, drank, dwelms, rock musiek, Yskor, Rodney Seale, kersvader, swart mense en Webster?

Moenie jou kop skud nie. Jy weet waarvan ek praat. Jy kry net skaam.

Hierie enetjie is oor teistering by die werk. Ek stel voor jy gee bietjie aandag aan hierie enetjie. Dit kan jou dalk uit 'n verknorsing help by jou graft.

Wens ek het tyd gehad om een in Afikaans te maak...

Labels:

Step Up 2 - The Streets: avoid 'n superkak fliek



Hierie stront movie slaan Vrydag die cinemas. Dit word heeltyd op TV adverteer en maak my al klaar naar. Ek is seker dis een van daai movies wat in die States straight vir DVD gemaak is en even op DVD tos gedoen het, maar in SA sal dit cinema toe gaan en goed doen, want ons like mos van kak. Dis ons kos daai, ons vreet dit.

Ek en ou Chopper self is ook skuldig hieraan. Ons het destyds Panic Mechanic gaan kyk. by Mordor (Menlyn Shopping Centre vir die wat nie uitmaak nie). Ons het egter 'n verskoning gehad. Ons was dik gerook gewees en het 'n spot nodig gehad om bietjie uit te chil vir so uur of twee, anders het die mure ons ingesluk of ek het dalk die kar gerol oppad huistoe. Dit was in 1997. Dis fokken lank terug, so niemand kan meer vinger wys oor die aaptwak, die kak fliek of keuse van shopping centre nie.

Julle, aan die ander kant kan uit ons foute leer en kak movies avoid. Wat gee my die reg om 'n movie wat ek nog nie gesien het nie 'n kak review te gee? Dis fokken obvious. Hier is so paar pointers.

Step Up 2 is obviously 'n sequel vir iets kak wat sy voorganger was. Hoe goed doen sequels? Die Hard het goed gedoen. Police Academy het goed gedoem. Saw het goed gedoen. Dirty Dancing Havanna Nights. Al ooit van dit gehoor? Nie? My point exactly.

Terug by Step Up 2. Check daai cover. Dis 'n movie oor mense wat dans. In die straat. Ek neem aan mense het in die eerste movie in 'n studio of kompetisie gedans. Of 'n dans skool of iets. Blah-blah, follow your dreams. Dans. Naai 'n chick. Bietjie probleme. Fight met chick. Dans. Chick is happy. Iemand word gemoer. Probleme word uitgesort. Naai chick weer. Dans. Iemand kry baie geld. Of kinders. Happy ending.

Step up 2? Dans in die straat. Fistfight. Dance-off. Mense poes mekaar. Naai hot chick. Verkieslik in die reen in 'n parking lot of iets. Dis mos "The Streets" Alles reg. Probleme, blah-blah. Follow your dreams. Naai chick weer. Dans. Boner.

Chicago met Katherina Zeta-heppa-heppa Jones het ook 'n dans-vibe gehad. Dit was 'n lekker movie wat ek actually 2 keer kon kyk. Een keer in Brooklyn toe ek wou score en eenkeer op VCD omdat ek dronk was. In Nigeria. Which reminds me - Sound of Music was omtrent 20 keer dronk gekyk in Nigeria purely omdat dit fokken snaaks is na 'n bottel whiskey. Hardcore dans in daai movie ou pellie. Veral die scene met die bokke. Top vermaak.

Baie van julle skiem seker dat Dirty Dancing 'n classic was. OK, vat nou daai DVD en sit hom neer langs Step Up 1. Hmmm. Jenifer Grey het 'n nosejob gekry na daai movie en van die scene af verdwyn. Patrick Swayze het darem nog in Point Blank en Ghost ook gespeel en oor so paar weke van nou af gaan hy ook seker een wees. 'n Point blank Ghost.

Waar is die actors van Step Up? Dis in 2006 gemaak. Dis 2 jaar terug. Soos ek mention, ek het en gaan nie een van die twee kyk nie. Is dit even dieselfde actors? Of het die cast van die eerste movie al klaar begin om e-tv laataand oe-aah maagseks movies te maak?

Who cares?

Die beste manier om "Step Up 2 -The Streets" te geniet is om Vrydagaand nie movies toe te gaan nie en by jou local pub eerder snotters te gaan raak. Wag dan so maand tot dit op DVD uitkom by Makro of Dions vir R99. Vat daai R99 wat jy sou spend en gaan koop eerder vir jou 'n bottel gin en vier liter tonic. Indien jy daaraan sou dink om dit uit te neem op DVD kan jy eerder die R25 gebruik en 2 biere gaan koop op 'n Maandagaand by 'n plek wat cheap dodgy happy hours gooi. Of gee daai geld eerder vir 'n boemie.

Moet net nie die fokken movie kyk en jouself disappoint nie.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

KOBUS! Tienerangs

Teen die tyd moet julle al die band KOBUS! redelik goed ken. Dis die beste Afrikaanse band in die heelal. Daar is omntrent net 5 goeie Afrikaanse bands. Seriously. Die res word nie hier genoem nie. Ons soek hulle nog. Sal julle laat weet wanneer ons hulle opspoor. Gaan check uit bra Franna se website en join die Volk Van Main. Check sommer hulle merchandise ook uit. Koop al die CD's of download die songs. Meer info op hulle site.

Miskien moet ons weer bietjie die ouens bel en hoor wat die fok hulle hulself mee besig hou deesdae.

Hoe lykit bra Franna, is jy lus vir so bietjie melktert en gin virre verandering?

In die meantime, check uit hoe hierie tieners vol angs hulle tieties rondskud op lekker Swaar Metaal. Maak uit?

Labels:

Impala Bike Rally. Diep in die zef hart van Harties.


Impala bike rally is baie soos Oppikoppi, net 150% meer zef, meer bikes, leliker chicks en hmmmm... min of meer dieselfde hoeveelheid drank. Daar is ook honderde fokken bike gangs en elke een probeer cooler as die volgende een wees. Min weet hulle dat ons in die meantime ook 'n bike gang gestig het, en omdat ons by WKJ bietjie faktap is, hoef jy nie eers 'n bike te hê om in die gang te wees nie. Jip, jy kan 'n kar ook besit. Of jy hoef nie. As jy 'n lift saam met jou buddie in sy bakkie kry werk toe mag jy ook in die gang wees. Befok huh? Hoe is dit vir inclusion?

Ek weet van twee gabbas wat spesiaal bikes gaan koop het om in die gang te wees. Respect (Baas Corné). Maar bietjie meer oor die bike gang en hoe om te join later, kompleet met website en alles.

By Impala het ek so paar kiekies en videos geneem. Die videos het julle reeds gesien. Top klas vermaak uit die zefste rakke. Vir die ouens wat daar was en nie mooi kan onthou nie (soos ek) is hieso so klein selection foto's. Daar is meer as 'n 100 geneem, maar hieso is so stuk of 10 van my favourites (my verskoning vir ek neem verskriklik kak af)

So paar bike fotos:

Kyk hierdie trike. Hoe fokken breed is dit? Dis Jannie breed. Dis hoe breed dit is.



'n Predator bike. Een van my favourites. Hy maak actually 'n beter geluid as Predator. Veral as jy hom slaan. (Ek het al vir Predator geslaan).





Die faktapste zef bike kompleet met 'n trailer (why oh why?) was 'n trike wat 'n doodskis gesleep het met - wait for it - 'n kleiner doodskis bo-op die reeds zef doodskis. Op die groter een tune dit "Mother-in-law in transit" en op die kleiner een staan daar "House of the rising cock". In sulke geel horror font wat mens met daai kak Printmaster program in die 80's gekry het. Geel? Fokken eeeeu man!



Soos ek gemention het was daar zef tannies, ooms, kinders, you name it. En dan die gangs met hulle afmou skiewies en poesbaie badges. So gepraat van badges en poes - as jy zak wil maak by 'n rally, slap net die woord 'poes' of 'bitch' op 'n badge en jy't 'n klein wennertjie:





'n Voorbeeld van 'n verskriklike tos keuse virre bike gang se naam. X-Men. Waddefok ou? Dis soos Power Puffs Girls, maar vir mans met baarde. Dis presies dieselfde. En die meisie in die foto maak dit nie beter nie. Baie van julle sou dink dit doen. Uh-uh. Nee. Nee!



Die zefgatte. Ai... die zefgatte. Hierie china het duidelik probeer snaaks wees. En ongelukkig is daar mense wat dink hy is snaaks. Soos mense wat vir Laugh Out Loud lag en daai poes wat so safari pak aantrek en about so snaaks is soos 'n pakkie Safari rosyntjies. Jirre ek haat rosyntjies. Hierie ou is rosyntjies:



Ek het tattoos gemention. Een bra met wie ek gepraat het, het die Onse Vader op sy maag ge-tattoo, 'n prentjie van Jesus en sy cronies by die etenstafel (op sy elmboog), 'n zap op sy agterkop, en oë op sy ooglede. Wag, sê hom weer: Oë op sy ooglede. Dis reg, as hy sy oë toemaak, lyk hulle oop, maar op 'n baie faktap Jurie Els manier. Seker baie handy as hy 'n kerkmens is, en meer spesifiek 'n Gereformeerde Kerk kerkmens is. Daai ouens kan nogal waffle as hulle die dag luskry.



Sulke mense moet tog seker iewers graft. Ek het hom wel gevra wat tipe job kan mens hou met so baie kak op mens se lyf. Hy verkoop jewelery, en hy reken dis partykeer maar moeilik. No fucking shit dude. As jy lyk soos die duiwel se cousin, kan ek jou guarantee dat dit partykeer donners broekskeur sal gaan.



Wat my wel ge-strike het, was dat daar heeltyd chicks om hom was. OK, ek het gelieg, daar was maybe so 10 mooi chicks en almal het rondom hierie ou ge-prance soos klein hondjies wat nie hulle pis kan inhou. Daarom sal ek maybe oorweeg om die tattoo hieronder te kry. Dis uit die pad uit, lyk fokken seer, maar lyk of die seer dalk die moeite werd kan wees. Moet net net nie oopmond vreet as jy krismis vir die familie gaan kuier nie (tensy die hele familie die tipe is wat saam met jou kan dronk raak by Impala Bike Rally):



Dit sal verkeerd wees op soveel vlakke om 'n paragraaf te wy aan hierdie ou wat lyk of hy Moses se estranged cousin is wat agtergelaat is op die berg nadat hy deur bokke gekou is omdat hy spuities gehad het, so ek gaan liewer niks sê nie:



Laat middag (om ons gedagtes te probeer flush van die biker wat die leeuloop gedoen het) het ek en my vriend, Mot besluit om te gaan check hoe die kinders halfpipe ry. Rail slides is nie vir ooms nie. Ek het hard neergepoes, maar ek blameer dit op die feit dat ek nie my eie skateboard saamgevat het. Regtig, ek het een, hoor. Met Independant trucks en New Earth wiele. En ZZ bearings. Self aanmekaar gesit. Ek sweer. Fok, ek is zef.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Voel soos 'n regte vrou

Op 'n Nationwide vlug na Joburg tref die aerie 'n moerse storm. Die turbulence is heavy, en dinge gaan van kak na kakker toe weerlig een van die vlerker tref. 'n Chick in een van die voorste rye verloor dit heeltemal en begin skree: "Ek is te jonk om dood te gaan, maar as dit nou my tyd is sal ek graag vir die laaste paar oomblikke van my lewe wil beleef deur soos 'n regte vrou te voel. Is daar iemand op hierdie vliegtuig wat my soos 'n regte vrou kan laat voel?"

Dit raak ewe skielik tjoepstil en almal vergeet vir 'n oomblik van die gemors waarin hulle hulleself bevind. 'n Fris geboude boer van die Vrystaat staan agter in die vliegtuig op en knoop sy hemp stadig oop terwyl hy vorentoe loop. Toe hy reg voor die chick staan, is sy hemp in sy hand. Hy gee dit vir haar en tune: "Stryk hierdie. En bring vir my 'n bier."

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Maak jy jou oë toe as ek soeeeeeen...

Julle fokken kick ass. Ek's jammer maar as jy 'n Nadine "Dankie Liewe Ouma" liedjie kan fokken nail soos die bras dan fokken... respek.

Labels:

Afrigator