Builders Warehouse het lang vingers

In Kak companies deur griffin3 Eiertjies

Goeie dag Balls-Up Warehouse, en fok julle.

Ek sou julle hoofkantoor bel en bitch en moan op die Hellopeter website, maar het besluit om my energie net hier op Watkykjy te mors omdat julle twee dae na mekaar opgefok het. Hierdie is tien teen een nie ‘n newsflash vir julle nie, maar julle pryse op die rakke match nie julle fokken pryse op julle systems nie. Dis soos om ‘n oranje broek by ‘n rooi hemp te dra. Kotswekkend. Raai watter prys is meer? Dis reg ja, die een by die til. Daar waar julle geld vat voor die mense fokof. Ek het in die laaste jaar seker nagenoeg R15000 by julle spandeer en wonder na hierdie naweek watter persentasie daarvan van my gesteel is. God, ek sou seker ‘n paaiement of twee ekstra op my kar kon betaal het.

Ek het Saterdag 3 items by julle gekoop. Die klein faktap plastiek chloor dispenser vir my jakoetsie het die kak begin – R62 lyk na ‘n dom prys, veral as dit vir R59.99 ge-adverteer is. Ek het julle gifappeltjie rak toe gestuur en hy het wel met die rakprys (wat julle adverteer as R59.99) terug gekom. “Fok, nou kak jy in jou broek oor R3” hoor ek julle mompel. Nee pellie, daai R2.01 (check jou somme) het my net die poes in gemaak om julle gifappeltjie terug rak toe te stuur met my ander twee artikels ook. Hulle was onderskeidelik met R10 en R20 overcharge – 100% faktap pryse. Drie uit drie. Ek sou R33 meer betaal het vir ‘n totale sale van omrent R170. Doen self die wiskunde (as julle kan). Die persentasie van kroek en steel is redelik fokken hoog.

Ek het aangedring om met die manager te praat voor ek betaal het. Die persoon het haar sweet fucking tyd gevat en eventually aangedrentel gekom, kompleet met haar geel hemp en name-tag wat my laat wonder of sy regtig deel van management was. Wat help dit almal is soos bliksemse werker bye aangetrek? Sy het my vreeslik mooi gehelp – vir my vertel hulle sukkel want hoofkantoor verander die pryse op hulle system. Normaalweg sou ek die bullshit ‘n myl ver kon ruik, maar ek sukkel nog om Volkswagen SA se kak uit my neus te kry. En toe vir die coup de grace … Haar oplossing vir my (en ek lei af enige iemand anders wat deur hulle genaai word) probleem is om een van daardie faktap smiley-diens vormpies in te vul en in ‘n doos te gooi. Out of sight, out of mind. No jokes.

My volgende fout was om die volgende dag (Sondag) terug te gaan en nog twee items te koop. Net twee. En altwee se pryse het weereens verskil. I think I am going to have a fucking heart-attack and die of not being surprised. Baie teleugesteld het ek die bye weer terug rakke toe gestuur om die regte pryse te gaan haal. Ek het maar liewer my bek gehou in plaas daarvan om die liebe djirre se naam uit te skree en op my borskas te slaan omdat dit Sondag was. Mooi kalm betaal en ‘n boerie gekoop buite die deur. Dink julle ek het die regte souse gekry waarvoor ek twee keer moes vra? Amper. Hulle het 2 uit drie reggekry, wat klaar ‘n fuckload beter is Builders.

Omdat ek gelukkig meer slips as geld in my beursie ronddra het ek so paar maande van Builders se slips. My plan is om al die slips in te vat en die al die produkte wat ek gekoop het se pryse met my slips te vergelyk. Alles op die rakke wat cheaper is as my slips gaan in ‘n trollie gelaai word en dan sal ek hulle bye op en af laat hardloop om rakpryse te gaan haal en ‘n refund te kry. Die refund sal ingespan word om drank te koop. En ‘n geel hemp. Met ‘n nametag wat lees “Vra my, ek weet ook fokol”. Ek sal die drank by die huis opsuip, Builders toe kruip en dronk rond drentel deur die gangetjies en customers help om nie genaai te word nie.

Of Builders kan self ‘n warning sign iewers opsit wat tune “Double check ons pryse. Ons is te lui, gee kak diens en somtyds is ons vingers te lank”

Gaan soek Builders maar self op Hello Peter as jy idee wil kry van hulle kakgeid.

Die idee van my ge-kak en kerm is nie om ‘n verskoning of reaksie uit Builders te kry nie. In fact, ek soek fokol ooit weer van hulle af. Ek probeer ‘n punt maak dat instansies met kak diens nie ondersteun moet word nie. Die gerieflikheid van hulle nabyheid aan my huis sal moet nou moet plek maak vir hardkoppigheid en innovation.

Van nou af maak ek alles met ‘n tang of draad reg of poes dit stukkend met ‘n hamer.

Met geweld kan jy jou vinger in jou hol afbreek.

griffinBuilders Warehouse het lang vingers

Comments

  1. Bos otter

    Griffin, fok hulle!
    Ek het my eie building maintenance maatskappy gehad en ek het geweier om by hulle te koop, vir presies daai rede! Jy het 2 opsies:
    1 – koop erens anders (kak boring)
    2 – (as jy tyd het) laat die fokken werker bye, werk vir hulle heuning! Koop daar en jaag hulle rond tot hulle kots!
    Ons is hopeloos te gemaklik met kak diens in hierdie land en daar is fokkol wat ons kan doen om dit te verander nie, want ons is fokken MOS in Afrika!
    Sterkte tjom! Kakker tye le voor!

  2. Anonymous

    Befok boet.
    Hierdie is een van my pet hates. Makro, Trade Centre en Hyperama is presies dieselfde. Ek was al in die manager se kantoor waar ek op hom skree dat hulle dit aspris doen: "Nee, nooit, dis die stelsel"

    Ek het aan almal 'n mail gestuur en gevra vir hulle policy rakende die probleem. Almal kom terug met moerse sop stories, behalwe PICK&PAY: [1st Item free, rest in trolley at lower price.] En hulle doen!!!
    My beste nog was 'n Cadac item van R549/R559: 1ste verniet en 'n 2de teen laer prys. Fok, 2 vir die prys van minder as een!!
    Die kak is, hulle laat dit nie maklik gebeur nie. Nee boet, jy moet soek om iets verkeerd geprys by P&P te kry.
    Vraag is: Hoekom doen net hulle dit so? Want die ander rol jou 'n pampoen in die hol, dis hoekom.

  3. Dirka

    Met geweld kan jy jou vinger in jou hol afbreuk.
    Met geduld kan jy jou hele fokken arm.

Gooi Comment