Zakumi – Awesome mascot (toe nie)

In Zefgatte in die nuus deur griffinRek jou bek

Blybaar is die naam “Zakumi” opgemaak uit twee dele: ZA – die old-school country code vir Suid-Afrika en Kumi – wat glo 10 beteken in ‘n paar inheemse tale. As jy Kumi google kry jy Kumi Koda, ‘n Japanese pop ster. Lyk daai simpel luiperd suit nie suspiciously Japanees nie? Ek skiem hulle het net letters gaan rondskuif. Dit maak sin met al die rooi kaarte wat die kabinet kry.

Hou jou local zef beertjievang masjiene dop, jy kan dalk so outjie optel vir ‘n rand of twee nader aan 2010 se kant as jy ‘n steady hand het. As jou beertjie vuil word, was hom net met seep.

Sommer terwyl jy stort.

Deel met jou tjommies!

    griffinZakumi – Awesome mascot (toe nie)

    Gooi Comment