Perverklaring van bra Steve se managers

In Zefgatte in die nuus deur griffin2 Eiertjies

Steve Hofmeyr se operasie suksesvol

Steve Hofmeyr het vanoggend (Dinsdag 5 Augustus 2008) ‘n opvolgopersie ondergaan as die finale fase van sy onlangse segmentele kolektomie. Vandag se operasie was om die spysverteringstelsel na normaal te herstel deur die kolostomie te verwyder en weer die dikderm te heg.

“Ek is tevrede dat ons met die operasie reggekry het wat ons beoog het. Steve se herstel en sy liggaam se reaksie op die ingryping is wat nou vir ons baie belangrik is. Dit is dus noodsaaklik dat ons hom vir die volgende paar dae mooi dophou,“ het sy doktor na afloop van die operasie gesê.

Steve is tans nog in die hoë-sorg eenheid van die hospitaal. Wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word, beplan hy om vir die res van die maand by sy vakansiehuis te Pennington aan die Suidkus aan te sterk.

Steve sal vanaf volgende maand weer sy ABSA-Waarmakertoer hervat. Optredes wat reeds op sy kalender is, sal voortgaan soos beplan.

Die Hofmeyr-familie het ondersteuners en belangstellendes bedank vir hulle boodskappe en gebede.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinPerverklaring van bra Steve se managers

Comments

  1. griffin

    Ek moet byvoeg dat ek dit oneties vind om 'n groot RRRRRrrrt! in te Photoshop, alhoewel die drang baie groot was. Ek dink nie sulke operasies kan lekker wees nie.

  2. Anonymous

    Griff!! Na so 'n operasie is dit nie meer n geval van "RRRRRRrrrt!" nie, maar meer n geval van "Pfffffffft"

Gooi Comment