Dink jy met nou linkerbrein of jou regterbrein? Die antwoord.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Daai ding wat so klingel as jy jou kop skud, word ‘n brein genoem. Fokken baie mense in SA besit nie so ‘n luxury nie, maar vir die van julle wat in besit van een is en nie mooi weet hoe hy werk nie is hier ‘n moerse basic rundown: jy het ‘n linkerbrein en ‘n regterbrein en jy operate volgens daai kante afhangende van jou denkpatroon of in watter mode jy cruise. Ook genoem hemisphere as nou fokken fancy moet wees.

Kom ons kyk eers watter kant doen watse graft (in ‘n moerse klein neutedop).

Jou linkerbrein is rasioneel, analities en objektief, twerwyl jou regterbrein meer holisties, random en subjektief is. Vir alle praktiese doeleindes is jou linkerbrein analities en jou regterbrein is emosioneel, okay?

Right. Ons beweeg aan.

Ek het ‘n failsafe metode om te toets of iemand sy linkerbein of sy regterbrein gebruik, dit wil sê die analitiese linkerkant of die emosionele regterkant.

Oefening:

Maak Excel oop met ‘n nuwe spreadsheet en trek vir jou tabelle op onder die headings DAG (soos in dae van die maand – like Februarie het 32 dae ensovoorts), TYD, GRAAD VAN HARDHEID en REUK. Save dit iewers op jou desktop met ‘n naam soos mynaam_kaksheet.xls (sien example hieronder)

Nou begin jy jouself te time elke keer as jy gaan kak, jy let op hoe hard of sag die kak is en (jy kan mos voel as dit uitkom) en gee jouself ‘n punt tussen 1 en 10. (1 is basies spuities en 10 is holrekkers). Doen dieselfde met die reuk. Die belangrikste hieso is die timing. Ons gaan vir rekords. Hoe vinniger hoe beter (want dit maak lekker conversation om ‘n braaivleisvuur as jy uit ander kak uit run om kwyt te raak). Werk vir jouself averages uit soos ek gedoen het in die voorbeeld hieronder. Hel, jy kan even pie-charts en shit maak en verskillende kleure gebruik.

Sien, die rede hoekom ek reken die meeste van julle nie die linkerkant van julle noggins gebruik het nie, is omdat jy emosioneel betrokke geraak het by my uiteensetting. Die blote idee van jouself time as jy gaan kak en vir jouself punte vir die tekstuur en reuke toe te ken, freak jou uit. Die analitiese deel van jou brein funksioneer aansieklik minder as die emosionele kant, want ek het virtually al jou sintuie aangeval sonder handskoene.

Vir die wat julle reken julle was hardcore analities al die pad het ek ook nuus. Ek het wel jou aandag afgelei – gaan werk die average tyd op die spreadsheet voorbeeld uit. Ek het ‘n fout gemaak. Vir die wat wel volpunte vir alles het, baie geluk – passop dat jy nie neerbliksem op jou linkeroor nie.

PS: 32 Februarie tel nie, jou fokken aap. Dit is ook nie as afleiding gebruik nie. Dis te obvious.

griffinDink jy met nou linkerbrein of jou regterbrein? Die antwoord.

Comments

  1. Anika

    Griffin kak vinniger as enige man wat ek ken…

  2. griffin

    Uhhm… Daai spreadsheet was veronderstel om net 'n voorbeeld te wees. Jy kan net someer so persoonlike inligting bekend maak nie.

  3. Kobus

    Ag nee wat ek het nie emosioneel of analities betrokke geraak nie, het probeer om objektief daarna te kyk… met watse brein dink jy dink ek

  4. flippiefanus

    Kyk as k@kpraat 'n siekte was…

    Hier is 'n ander manier om die grootte van 'n mens se brein te meet. Die res van die breinkas is gevul met k@k wat 'n neiging het om uit te kom wanneer mens praat. So luiter maar net wat iemand se^. 😉

Gooi Comment