Zimwagen – Die Einde (bietjie van ‘n anti-klimaks)

In Kak companies deur griffin7 Eiertjies

Bra Christo se VW anguish eindig:

So na vele beraadslaging en hopeloos te veel stront en bakleiery het Zimwagen besluit om te gaan vir ‘n aangepaste weergawe van opsie B. Ongelukkig het Vernon nie sy deel gedoen en hulle gemoer nie, maar ek weet dat as hy tyd kon afvat van sy besige skedule, het hy dit gou-gou gedoen. Zimwagen het besluit om toe ons karakter se voertuig terug te koop teen ‘n billike prys; wat darem vir Christo los met ‘n klein katspoegie van ‘n deposito as hy dalk iets anders sou wou koop. Zimwagen het besef dat hulle te veel slegte publisiteit sou kry as daar ‘n Zimwagen voertuig voor hulle kantore aan die brand gesteek word.

Soos wat dit maar gaan met meeste Zimwagen stories, dink hulle dat hulle nou uiteindelik van een hardegat ou ontslae is – sonder dat hulle aan die verdere konsekwensies gedink het. Sekerlik het hierdie skeisaak baie publisiteit verwerf en sekerlik het heelwat ander burgers van die land Zimwagen gesien dat hulle nie hoef stil te bly en maar net aanvaar dat slegte diens en swak kwaliteit hulle voorland is nie. Ek is seker dat Zimwagen ‘n paar miljoen hiedeur verloor – ek weet van ten minste 20 mense wat nie weer Zimwagen sal ondersteun nie.

Miskien eendag, as die Sith heeltemal verslaan is, sal Luke Skywalker weer lekker slaap. Maar tot dan toe, sal Christo Schoeman en miskien so nou en dan Vernon Koekemoer ook, nie rus nie. Nie voordat alle Zimwagen diktators begin besef dat Suid Afrika, wat al klaar nie ‘n plek is vir sissies nie, ontslae is van kak diens en al die pisgatte wat nie bereid is om op te staan vir hulle regte nie. So as jy dit nie like nie, maak maar soos al die ander slapgatte en bogger-off oorsee – ek moet sê ek het ook al baie daaraan gedink, maar dan erken jy maar net dat jy nie ballas het nie. In any case, die Zimwagen regime is oral en as jy regtig wil, kan jy seker maar daai kant ook ‘n slapgat gaan wees terwyl jy al jou vriende en familie baie mis.

Genoeg daarvan nou… kom ons sluit die storie af met ons held wat in die sonsondergang in ry op sy cheap ingevoerde Indiese bike terwyl hy wonder hoe hy die sekte van Dial Direct gaan verslaan… Hoekom kan die donners nie net oplet in die klas nie?

griffinZimwagen – Die Einde (bietjie van ‘n anti-klimaks)

Comments

  1. Anonymous

    En nou dat hy ontslae is van die rash van n motor, gaan Zimwagen net die rash aan iemand anders oordrae. Soos n goedkoop betaal tannie van Groenpunt, verkoop hulle nou hulle swak diens aan die volgende opgewonde , nikswetende slagofer wat vir die volgende paar jaar met die irreteeeeerende rash gaan rond ry.

  2. Caine

    Fok dude. Is jy nou klaar gemoan oor jou Golf. Almal weet: Turbo's kak; used car warranties is useless; etc. Hoop content verbeter binnekort. Waar is Chopper Charlie? Hy kon 'n lekker ding skryf.

  3. griffin

    Moenie worry nie, ek kan kritiek vat bra. Wonder of Christo wat actually die stuk geskryf het kan. Soos ek mention, lees mooi.

Gooi Comment