Ek wag nog steeds. Fok!

In Kak companies deur griffin

Ek sal aanhou om soos ‘n fokken 5 jarige laitie te fight tot ek my fokken sin kry …

===============================

Hi Zimwagen,

Net om julle aandag weer op my probleem te vestig wat julle weekliks onder julle deurgetrapte service mat invee. Soos predicted, het Tyronne Wilde my nog nie ge-kontak nie. Hy was seker besig om dodge-ball (of dodge-client soos dit by VW bekend staan) in sy lunchbreak te speel met Philemon, die ander ou wat ook nog die definisie van ‘client service’ moet gaan opswot. Sodat julle net mooi verstaan het ek prentjies ingesluit.

Dis hoe my TDI lyk nadat sy turbo vervang is. Let asseblief op dat die keyword hierso ‘turbo’ is en nie ‘wiele’ of ‘brieke’ nie. Dit sit op ‘n heeltemal ander plek.

Sien julle? Dit reën nog nie hubcaps waar ek bly nie, en ek het ook nog nie ‘n briefie in die pos gekry wat sê my hubcap wag vir my by die poskantoor nie.

Weet julle hoe moet my kar lyk voor en nadat sy turbo vervang is? Hy moet lyk soos ek hom vir julle accredited VW smous se service afdeling gegee het. Ek het ‘n foto van die ander kant van my kar geneem. Dit is, my liewe vriende, hoe ‘n standaard hubcap lyk op ‘n Golf 5. Kan ek asseblief een kry? Pretty please, met ‘n hele Huletts factory on top.

As daar enige onduidelikhied is, laat my asseblief weet, dan kan ek hoër resolution foto’s vir julle neem. Andersins sal ek as last resort genoop voel dat ek vriende van my (TV crew) moet saamsleep na Lindsay Saker in Rovonia en maar vir myself ‘n hubcap van een van hulle nuwe motors op die vloer moet gaan afhaal met ‘n crowbar of iets, siende dat hulle my een skuld. Fair is fair.

PS: Ek wag nog steeds vir my report wat aandui dat ‘iets’ aan my kar gedoen is, behalwe natuurlik nou vir die hubcap wat missing is. Gaan iemand iets hieromtrent doen of het julle een persoon wat een keer per week hierdie mail kyk dit dan shift+delte?

Vir Christo: Het VWSA jou toe gehelp of brand jy nog more jou kar af voor hulle hoofkantoor?

Hierdie post is 155 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,614,977 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinEk wag nog steeds. Fok!