Ramblings uit die UK

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur meisie

Ons het gisteraand so flippen cool (ag dit sê so lekker) Belgium bier plek gekry in Clapham, so vandag is ek fokkol lus vir werk nie en baie lus vir kak praat. So die ramblings kom uit 'n goeie plek uit – se-rias-ly. Croydon Facelifts: Dit is nou as ‘n meisie se hare so styf in 'n ponytail opgevat is dat 'n gesigsuitdrukking heeltemal onfokkenmoontlik is – goedkoper as 'n trippie plastic surgeon toe, maar jy lyk amper soos Sher.

As Sher ‘n award wen weet jy mos nie of sy lag of huil nie. Croydon facelifts word meesdal gebore en gedra in Croydon. Croydon is Souff London, fokken rowwe plek. Sien, die Home Office is daar. Ek moes eendag soontoe gegaan en wens dit aan niemand toe nie. Julle wat dink dit is erg om te queue om jou oe te laat toets vir jou rybewys, gaan staan in daai queue.

Ek het 'n taxi gevat en so half 5 op 'n koue wintersoggend begin queue. Teen daai tyd was die queue al ten minste 100 mense sterk, sommiges lyk en ruik asof hulle al 3 weke daar geslaap het. Niemand praat Engels nie, net 'n klomp wat ek nie kan uitken nie. Niemand praat nie rerig nie, almal fluister vir mekaar. Djirre, dit was so erg dat ek te bang was om op my horlosie te kyk hoe laat dit is, want daar kan hulle jou tien teen een vermoor en laat verdwyn in 10 minute onder die supervision van CCTV sonder dat enige iemand iets sou doen om dit te keer want almal is te poesbang. Jy vermy enige oogkontak, want net nou dink hulle jy sal hulle kan herken in 'n line-up.

So jy staar vir die beton vloer asof jy op acid is en die aarde se hartklop check. Jy weet. Maar staan sal jy staan, wat fok weet, jy wil net een keer kom. Jy sal nie eers 7uur, wanneer Starbucks oop maak, gaan om koffie te gaan koop nie, want jy is te bang om vir enige iemand te vra om jou plek te hou. Die punt is dat met die home office in Croydon en hang daar baie asylum seekers (trawante wat kom skuiling soek in die UK om te ontsnap uit die haaglike omstandighede in hul tuisland) rond om met die home office te praat oor Citizenship.

Sonder om te klink asof ek op oogslag kan sê wie’s dodgy en wie’s nie, maak ek die statement dat seker 50% van die mense wat in daai ry staan wat 'n kansvatter is. Of dit nou gekoopte Britse bruide is of vervalse dokumentasie is, jy kan die dodgyness aanvoel en jy voel later dat jy iets verkeerd gedoen het. Daar is ook 'n moerse klomp council estates. Council estates is high rising flat blokke (meesdal) wat deur die government aan die needy gegee word, of vir verniet of vir baie lae rent. Hoe hulle "needy" define weet die fok alleen. Die mees algemeenste "needy" mense jy sien, is pregnant meisies. Ek gebruik die term meisies baie los hier, want dit is amper te luuks vir hulle.

Fokken tappit 16-jarige dogtertjies met Croydon facelifts met golden earrings, wat nog puisies het en fluweel pienk sweetpakke dra om soos Jordan te lyk (daai wat juicy op die ass sê terwyl die seluliet al klaar deurskyn). Hulle kry council flats omdat hulle per ongeluk pregnant geraak het toe die kondoom geskeur het. Ja right jou slet. Kyk, hulle is nie net uitdrukkingloos en pregnant nie, nee dit is nie genoeg nie.

Hulle het A-T-T-I-T-U-D-E. So gespel en uitgespreek. Sms mekaar in code. Daai van "R u cmg 2nt?" En noem mekaar babe. (Van os op jas – het julle gehoor wat Paris Hilton nou weer probeer doen het? Sy wou "love it" gepatenteer het want sy scheme sy het die phrase famous gemaak. Iemand met genoeg sense het haar afgekeur.

Ek dink daai persoon moes ‘n vrou gewees het.) Hulle is op hulle gevaarlikste (en seker "needy-ste") as hulle met hul prêms gewapen is. Want kyk, dan moet almal voor hulle pad gee want hulle is fokken queen of the sidewalk. Hulle pyl op jou af en as jy nie betyds weg spring nie, fok hulle in jou vas en gee vir jou ‘n fokken death stare, so asof jy ‘n Gert-van-Rooyen is wat die kind gaan gryp en verkoop vir drankgeld.

Rerig die land het nou vir jou common mense. Almal het al van "chavs" gehoor. Dit is basies die white trash van die UK. En hulle is rerig meer trash as enige iemand uit V-town uit. Want hulle dink actually dat wat hulle dra en hoe hulle aan trek is actually cool. Maar dit opsig self is ‘n hele ander conversation.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeRamblings uit die UK

    Gooi Comment