Gym is ‘n plek wat vet mense vals hoop gee

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Deur meisie

Almal vir die statement steek hand op. Haha, nou sit jy met jou hand opgesteek, tien teen een in 'n office en almal lag vir jou. Idioot! Terug by die punt. Ek is 'n meisie in London nou al vir 5 jaar. Die 'Heathrow injection' het my getref – ag om eerlik te wees het ek net hopeloos te veel gedrink toe ek hier aangekom het. Snakebites. Sies.

Ek moes helfte van my Suid-Afrikaanse wardrobe uit gooi binne die eerste 3 maande van hier wees as gevolg van Snakebite stains. En dit was mooi Quadrophenia en Young Designers stuff. Dit maak seer om daaraan te dink.

Anyway, om ontslae te raak van die oortollige vetlagie wat nou my maag op 'n permanente basis bedek, sluit ek by die gym aan en begin gesonde eetplanne volg. Mens noem dit mos nie meer diets nie, o nee, mens maak nou 'n lewenstyl verandering en begin meer gesond lewe.

Stap 1: Sluit aan by die gym.
Stap 2: Eet enige iets behalwe vir die goed waarvan jy hou en wat kos lekker maak (soos mayonnaise en slaaisous en sout). So net slaaie en blare en natuurlike goed soos vrugte en groente en vis en wit vleis en net water… fokken lekker gesond.

Nou gym is 'n snaakse plek. Nie net oor die manne in die weights gedeelte met die klein kop, groot bolyf en fokol bene nie. Jy moet 'n moerse groot aansluitingsfooi betaal en dan hier by £55 per maand betaal. Dit is nou as jy, soos ek, die naaste een aan jou join, want anders weet jy voor jou siel sal jy nooit gaan nie. Ek het daai fout gemaak met die eerste gym wat ek gejoin het. Dit was 'n Leisure Centre, basies die council se version van 'n gym. 'n Steal teen £30 per maand, maar swem/stort daar en jy loop krap krap rond vir so paar weke as gevolg van die athletes foot wat jy sommer verniet daar kry.

Die leisure centre was 'n 15 minute loop van my huis af en dit het genoodsaak dat ek in die winter aansienlik minder gegaan het. Diè van julle wat kop skud – loop jy rond in 1 grade celcius met jou enigste jas (wat jy werk toe, uit en gym toe nou dra omdat jy nog nie genoeg geld maak om nog 'n jas te kan justify nie – een is genoeg vir nou) na jy natgesweet is van gym huistoe en kyk hoe lekker dit is.

Net so lekker soos mangelontsteking of bronchitis.

Gelukkig trek ek toe en kan upgrade na die volgende gym – Holmes Place toe. Nou die gym charge gewone mense £65, ek kry dit vir £55, want hier in die UK probeer companies dit beneficial vir jou maak om goed te lyk en substitute of sluit 'n kompromie met 'n gym chain sodat hulle werkers afslag kry. Ek het fokol verskoning gehad om nie te gaan nie, want dit gym was 2 minute se stap van my af.

Die plek het gelyk soos 'n airport lounge. Baie baie la-di-da. Ladies gym, storte/swembaddens sonder athletes foot of hepitius B. Baie cool. En as jy aansluit kry jy 5 verniet personal training sessions wat ek natuurlik opgevat het, want magie sit nog lekker knus. Ek het elke oomblik gehaat en dit omgewens, want ek kry natuurlik 'n drill sergeant wat so op my skree dat ek amper 3 keer van die masjien afgeval het. Hy help jou strek na die tyd en glo my, by enige ander plek sal dit grens aan eroties, maar gelukkig is daar niks sexy aan 'n oorgewig, natgeswete, naby-kotsende meisie nie. Phew…

Besluit toe ook maar masjiene is nie vir my nie en begin toe klasse doen. Nou high-low aerobics is lekker. Ja, lekker as jy ritme en tydhou vermoe het. Lekker as jy 'n goeie geheue het en as jy fiks is. Lekker as al die mense in die klas ewe goed is. Kak as jy so onfiks is dat jy in almal in fok want jy is te fokken moeg om te onthou wat se roetine jy 10 minute geleer het.

Kak as die mense in die klas dit ALMAL kry behalwe jy en vir jou vuil kyke gee. Kak as jy so hondkak is dat as jy in die klas instap, almal half weg beweeg om nie langs jou te staan nie, want jy is 'the one who can't get it right'. Arme Caroline, sy't nooit daai klasse gelike nie. Ek, aan die ander kant, het dit gestyle. (you didn't see that one coming!) Teen die tyd is my healty eating plan al reduced tot vrugteslaai in die oggend, 'n pita broodjie met ham & slaai en 'n yogurt vir middagete en 'n aartappel met maaskaas vir aandete.

My gym roetine is 4 x 'n week en sien ek enige results = FOKOL. So let's step it up a knotch. Ons begin spinning klasse doen. Nou vir die van julle wat nie weet nie, asseblief gaan doen een by die gym. Asseblief.

Dit is actually nogals lekker. Jy sweet jouself fucked. Jy drink 1 liter water tydens die klas en na die tyd spuit die donnerse waterspuitfonteintjie by die gym gee net nie vinnig genoeg vir jou water nie. Jy staan en klou en splutter en suig en hog die fontein terwyl daar 'n moerse queue agter jou vorm en as jy klaar is is daar niks maar water nie en jy is nogsteeds dors.

Maar dit is 'n moerse cool workout. Na die eerste klas loop jy vir so 'n week soos John Wayne – die saal is nie die gemaklikste ding om op te sit nie. En as jy die volgende dag weer gaan, voel dit asof jou holbeen en laer gebruise is. Anyway, terug by die saga van die vetrol op die maag – die wil nerens heen gaan nie. Nerens nie.

Toe besluit ek wel fok dit. Fok die gesond eet. Fok die gym. Fok die klere wat nie pas nie en veral fok slaai. Al die gefokkery het my ook fokol gehelp nie, want toe kry ek die boyfriend wat fokken gym befok is. Dit is seker my skuld, want ek het gemention dat ek nog membership betaal ('n gym kontrak is nogals moeilik om uit te kom) en toe se hy hy sal ook join. En nou kan hy nie wag om my 6uur in die oggend wakker te maak om te gaan gym nie.

Ek is nie 'n oggendmens nie, so dit is altyd interessante conversations daai tyd van die oggend. En as ek nie gaan nie, voel ek so fokken skuldig dat ek sommer vir hom wil kwaad raak! Nee, hy is nie 'n muscle juncky nie – hy hardloop. Hy sal vir ure hardloop as hy kon. En binne 3 maande van gym het hy sy bier pens verloor. Ek, aan die ander kant, sit steeds met myne.

Dis hoekom ek scheme dat Gym 'n plek is wat vir vet mense vals hoop gee.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinGym is ‘n plek wat vet mense vals hoop gee

Gooi Comment