Girls’ night out

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Skinder en bitch en moan. Dit gaan nou maar eenmaal hand aan hand aan hand. En ag, ek gaan nie nou vir jou jok nie, dit is lekker. Ek meen, wat kan nou beter wees as jy en jou vriendinne bymekaar kom, ‘n paar bottels knak en hier laat aand begin vertel van lekkerande true love of horror stories. Toe jou ouers jou amper gebust het. Toe Mr Big, Long and Strong rerig Mr Small, Lean and Not so Mean was. Die gefaalde probeerslae om die mile high club te join. Daai keer in die badkamers van die club toe die bouncer julle uitgegooi het en julle vir julle pelle moes verduidelik hoekom almal vroeër moet huistoe gaan want julle het bestuur en kon nie weer in gaan nie.

Dit begin natuurlik altyd by ‘n koffie na werk vir ‘n vinnige chat-up met die girls. Dit vat ook net een persoon om ‘n glas wyn te order, want “ek het ‘n kak dag gehad”. Dan begin almal wyn drink vir plesier. Order spritzers totdat jy te veel spoeg as jy dit order. En dan is daar chaos en as jy weer kyk, is almal gekletter. Tonge raak losser en kaste wat soms eerder moet toe bly, word oopgemaak. Ek kry eintlik soms van die ouens onder bespreking nogals jammer, want as jy een van die chicks afpis, dan word jy ontleed dat jy net so wel kaal voor ons kan staan, want ons weet waarmee jy sukkel, waarin jy goed is, wat se kant toe hy swaai en alles. Boetie exposed. Sies tog. Dit is nogals moeilik om die persoon onder bespreking met dieselfde oë aan te kyk. But girls will be girls…

Alle stories begin om en by dieselfde. Jy gaan uit en dit is hier net na tien en die ou wat jy nog die heel aand eye kom uit eindelik naby genoeg dat jy vir hom iets onhoorbaar kan skree sodat hy moet nader kom om te hoor wat jy te sê het. Works like a bomb. Jy staan en holswaai op iets belagliks soos Bon Jovi se “Living on a Prayer”. Jy dans fokken sexy (dink jy). Nes Christina in Dirrty. Swaai hol soos Beyoncé. Hoekom? Want jy fokken kan, dis hoekom. (Ag die shame as jy die volgende oggend wakker word…dit vreet en jy try jou memory erase, maar jy kan net nie….)

Anyway, so nou het jy en jou prey oogkontak gemaak en fokken kom wat wil, jy is Angelina, jy is Cameron, selfs Jennifer of Penelope en jy kan wegkom met enige iets. En dan kom die stories…

Iemand vertel ‘n kort liefdesverhaal wat die vorige naweek afgespeel het, na said scenario. Typical girl meets boy in drunken state attempting to do a little dance, make a little love, get down tonight – almal ken die dril. Nou dit was hoeka met die get down tonight waar dinge toe begin damage los. Want die man skeer to mos sy borshare. En of sy skeermesleemmetjie stomp was of hy die tyd die week gehad het om te skeer nie, dit was instant rash. As sy wou exfoliate en scrub, so sy na ‘n spa toe gegaan het. Nie na ‘n bottel wyn ‘n ou gevra het om sy skuurpapier bors teen hare te kom skuur nie.

Anyway, terwyl sy daar lê en haar dilemma nugter probeer benader, wonder sy of sy hom vra om moet sy hemp aan te trek. Maar dan kan sy nie sy pecks sien nie en dit sal haar noodsaak om na sy gesig te kyk. En sy wil nie in sy oë staar nie, want dit kan die verkeerde boodskap gee. Net nou raak hy een van daai needy mense wat met bomme en wyn en ‘n liefdesgediggie opdaag by haar werk vir middagete die volgende dag – hy het vroeer liries geraak en tendencies daai kant toe gewys. So scrap die oë staar opsie. Opsie nommer twee, sy kan haar hemp aantrek. Maar dan sal hy moontlik dink dat sy issues het met haar lyf en dit sal vereis dat hy stop en dit gaan nie werk nie. So wat nou? Grit your teeth and bear it? Gelukkig is sy darem effe kreatief en nie te dronk om van die rodeo af te val toe sy eventually opklim nie. Dit, however, het ook al gebeur. En nie net sommer van die rodeo af nie, maar sommer geheel en al van die bed af geval.

Nog een vertel van die storie wat alley way toe gevat is. Alleyways is mos fokken sexy in die nag. Jy reken niemand kan jou sien of hoor nie, want jy kan niemand sien of hoor nie. Lekker scally. Issit? Sy skeem sy kan skree en alles. Die volgende oomblik is daar ‘n flitslig op hulle. En die eerste ding wat sy dink is fokkit, die ou wat baie hotter binne as hier in die scally alley way met die fokken sharp flitslig in die oë. Maar dan kom die stem en dit is nie ‘n gawe stem nie. Dit is sommer ‘n cop wat skeem hy wil julle opsluit vir indecent behaviour/exposure in public. Daar staan sy, klere half aan, half af, makeup gesmudge, hare woes, stom geslaan. Gelukkig is said Romeo glad met sy mond (so DIS hoe hy my hier buite gekry het skeem sy…) en kry hulle af. Sy moes haar nommer vir hom gee na die tyd, ek meen, so performance kom mens nie elke dag teë nie. Nie dat sy sy calls geanswer het nie, maar the thought was daar.

Ai, dan die fokken striptease episodes wat op eindig met een van die girls wat trip oor haar eie klere en dan haar kop oop kap op die hoek van die tafel en hospitaal toe gejaag moet word. Hoe verduidelik jy dan daai merk op jou kop vir die mense by die werk? Ek het gegly in die stort en my kop gestamp? Ek het nie gekyk wat ek doen nie en toe loop ek in die deur vas? Iemand by die hospitaal het tot vir haar ‘n kaartjie gegee en gesê: “As hy dit weer doen, bel hierdie nommer.” Half blind en effe ontnugterend!

Dan is daar natuurlik die dreaded office parties kaskenades. Want by die goed gebeur die snaakste dinge. En ongelukkig moes sy die stories dra tot volgende jaar, want Krismis kom net een keer ‘n jaar. Sy word in die middel van die nag wakker met ‘n ontroosbare dors, wetende as sy gaan beweeg gaan sy kots. Catch 22. Maar dit is nie al nie. Want langs haar, lê evidence dat die tequila bodyshots nie by die bar gebly het nie. Toe wil sy eers kots, want sy is nie seker of dit daai cute ou van Accounts is en of dit die sleazy direkteur is wat nie sy hande kon tuis hou nie. Hoe de fok het hy anyway in haar kamer gekom? Hoe de fok het sy in haar kamer gekom? Waar is die res van haar klere? Sy chase badkamer toe en vat stadig ‘n klein slukkie water. Skadeloos. Groot gulp. O fok hier kom dit. In een beweging draai sy om, sit en lig die porselein troon se deksel op.

En toe sy weer wakker word, lê en hug sy die toilet, iemand klink of hulle die deur gaan oopbreek soos hulle klop. Die deur gaan oop en haar office buddie stap in, gee haar een kyk en bars uit van die lag. “Jy gaan die fokken trein mis terug Londen toe, fokken pak jou shit en kom!”. Al wat sy kan dink is, is daai fokker al uit my bed uit. Sy spring in ‘n outfit in, gooi al haar shit in haar sak en hardloop om te gaan uit check. By reception gekom, is haar CEO en CFO en al die UFO’s daar. En almal staan en lag vir haar, want sy lyk asof ‘n trein haar getrap het. Haar buddy kom agterna met ‘n suspiciously familiar das in haar hand en gee dit rustig vir die cute ou in Accounts. Apparently het hulle terug in die kamer gekom en albei was so gesuip dat hulle albei net so uit gepass het. Hulle is nou al saam vir amper twee maande.

Al die stories is natuurlik nie dronk stories nie.

Een van die chicks vertel toe ook van een of ander ou wat sy ken wat besig was met ‘n indiepte diepsee bowater duik en hedge trimming exercise toe die meisie wat hy so gedienstig service se pa rustig verby die venster cruise en grassny. Die arme kind was daarna gekonfronteer deur die die chick se pa en sy eie ma wat die pa daadwerklik gebel het om hom te kom help die storie uitsort.

Die storie raak rowwer en almal screech en gaan te kere. So veel so dat die manager van die restaurant reken ons moet stiller wees. Wat net een ding beteken – ons is oppad uit en volgende keer sal een van ons nog ‘n edition kan bylas tot vandag se stories.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeGirls’ night out

    Gooi Comment