Drogbeelde in die Jacob’s Ladder hospitaal – Deel I

In Snotstories deur griffinRek jou bek

So ruk gelede met 'n trip terug SA toe van Spuitieland land af het ek en al die tjommies oudergewoonte gekuier asof elke dag nuwejaar was. Nodeloos om te sê dat ons elke dag opgestaan het met konsentrasiekamp hangovers. Een particular Maandag na 'n naam weggooi session by Tings an Times het ek met die kakste hangover ooit wakker geword. Een van daai wat jy fokkol graze nie en net in die bed bly lê vir die hele dag.

So teen Donderdag se kant het ek nog steeds die hangover gehad en in die vier dae altesaam kon ek manage om twee tamaties, 'n paar milkshakes en twee pakkies chips te eet. Nou nie juis jou top tipe imuunsisteem opbouende aanbevole diet nie. Ek het ook agtergekom dat een of ander malicious koors my beetpak so elke paar ure en dan weer gebreek word. Elke keer as ek weer weet wat my naam is, sweer ek Jagermeister af.

Teen die Vrydag het een van my buddies besluit sy is 'n dokter en my gediagnose met malaria. Aangekom by Little Company of Mary het ek in die wagkamer gesit en wag terwyl die sweet my afgetap het soos die Mac-Mac falls. Lekker papnat, warm-koud-warm-koud, uitgefreak en so deur die kak soos die Stormers se agterlyn. "So waarmee help ons", is die dokter se intro. "Ek dink ek het een of ander verskriklike griep of heel moontlik Malaria.

Ek is al twee weke terug in SA van Nigeria af." Oom dokter het gereken dat griep moontlik is, maar hulle het so paar buisies bloed getrek om te toets en ek het gelê en wag vir die results. So veertig minute later kom die oom terug met piering oë en volgende nuus: "Hoorieso ou maat. Daar is net een manier om dit vir jou in plain Afrikaans te sê: Jy is BLIKSEMS siek en moet onmiddelik in intensive care ingaan. Ses persent van jou bloed is Malaria parasiete. Vyf persent is klaar lewensgevaarlik!" Hy het ook aangegaan oor 'n vorige pasiënt met 'n 10 persent telling wat nie by die hospitaal uitgestap het nie.

Thanks oom, severity of life-threatening situation duly noted and contents fully understood (soos ouens in 'n 419 brief sou sê). Daar is egter een klein probleempie. Griff was in sy lewe nog nooit siek nie en voel gevolglik 'n fok vir mediese fondse. Die laaste twee kere wat mediese fondse nodig was, was met een moerse bike ongeluk waar alles gebreek was en fonds amper bankrot gespeel het en die tweede keer was met 'n been wat gebreek is tydens 'n brannas en coke induced sokker game. Na die sokker incident het ek die fonds gekanselleer. In retrospect 'n verskriklike kak move aan my kant. Dom poes.

Nou is daar twee deure om oop te maak. Altwee is sulke luminous groen en oranje deure, want die koors skop weer in en cloud my brein. Agter deur nommer een: een standaard poesgroot hospitaalrekening, gelykstaande aan 'n week se verblyf in die Palace by Sun City – betaalbaar in kontant, baie dankie. Agter deur nommer twee: HF (of die Pretoria Akedemiese Hospitaal soos hy nou bekend staan). Vir so rukkie staan ek voor deur nommer een en oorweeg dit actually. Nope, HF toe met my.

Ek fokken wil mos.

Die gawe dokter klim solank op die foon en reël met kollegas om solank 'n bed en 'n dokter te organise in ICU. Aan die erns in sy stem kon ek aflei dat hy gedink het dat ek heel moontlik gaan vrek. My tjommies het gou al my shit ge-organise, mense gebel wat moes gebel word en toe mission ons HF toe. Fokken deurmekaar plek en mense met hectic kwale en 'n variety van beserings en weird geluide die hele plek vol. Jacob's Ladder uitgeknip. Ek ruk soos 'n AWB troeteldier wat per ongeluk Welcanol ingekry het terwyl ek forms invul. Vir een of ander rede word ek solank pedriatic ward toe gestuur waar ek moet wag vir 'n nurse. Hulle moes seker geweet het dat ek verskriklik kinderagitg is. Ek lê toe maar tussen die kindertjies en ruk en trip en eventually kom 'n nurse / 'n dokter student en sit vir my 'n drip op sodat ek nie de-hydrate nie.

My are was heavy dors. Ek word aangesê dat ek hier moet wag totdat iemand my kom haal vir x-rays. Hoekom die fok mens moet x-rays neem as jy malaria het weet die vader alleen. Eventually kom kry iemand my en ek sit weer en wag. Rofweg 'n uur is reeds gemors en die parasiete verprei verder deur my bloedstroom soos Yskor se waste in die Vaal Rivier. Die drip begin leeg te raak maar dit help nie om iemand te vra om te help nie. Dit is al so 10 keer in die vorige uur probeer.

Gelukkig onthou ek so half in 'n waas waar hulle die drips bêre en ek mission terug na die pedriatic section toe, maak 'n kas oop, steel 'n drip en sit dit self aan. Ek weet. Baie kinderagitg van my. Daarsy. Baie fokken beter. Gaan wag toe maar weer in die x-ray lyn. Uiteindelik word die x-rays geneem en soos dit verwag is kom dit uit as 'n fokop en moet weer geneem word. Die bra in charge tune my ek het moerse groot en sterk longe en wou weet watse oefening ek doen. Ek het maar net eerlik ge-antwoord: "Ek rook so 20 sigarette per dag. Dis my oefening." Daar was toe nie 'n bed beskikbaar in ICU nie. Een van daai "I think I'm gonna have a heart attack and die of not being surprised" oomblikke.

Raait, ek sal maar hierie outjie op die punt vat baie dankie. Die mense in die ward is nie baie lekker nie. Mal omies op sterwe, een of ander boef met 'n skietwond wat ge-handcuff is aan sy bed en so dubbele longontsteking bra met 'n John Cena WWE t-shirt. Die mal omie praat en huil met homself in sy slaap. Nog een bliksem elke 30 minute van sy bed af en vloek die nurses as hulle hom probeer help.

Die skurmunkel wat ge-handcuff is huil heeltyd en vloek die dokters en nurses in Watkykjy tipe Afrikaans (hy is 'n Zoeloe) en ons held John Cena met die dubbele longontsteking staan elke nou en dan op om 'n Camel Filter te gaan rook. Hy het daai t-shirt vir die durasie van my hospitaalverblyf gedra. Ou stinkie.

Twee uur die oggend kry ek eers 'n quinine drup. Die nurse sit dit sommer fullblast want hulle moes opmaak vir die tyd wat gemors is met administrasie, papiere verloor ens ens. Die gewone tipe operations wat mens sou vewag van 'n staatsinstelling. O ja, en ek is eintlik veronderstel om in ICU te wees. Sowat 'n uur later begin my ore te suis asof ek twee PK's gelyktydig van weerskante af gekry het. Die quinine het begin inkskop en hierdie verskriklike befokte lekker gevoel van suisende ore en hoofpyn sou nog so voortduur vir 5 dae…

Deel met jou tjommies!

    griffinDrogbeelde in die Jacob’s Ladder hospitaal – Deel I

    Gooi Comment