Mediacracy – Die ou met die brille en die tikmasjien loer oor jou skouer

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Wie is Kate Moss? Ja, dis reg, dis daai rokende catwalk chihuahua wat so rukkie terug in die nuus was omdat sy so so bietjie snoetspoed gevat het by ou Piet se studio recording. Een of ander poepol het 'n video gemaak met sy Nokia terwyl Katie die wit soldaatijes deur haar neusbrug laat march het. Blykbaar ook bietjie van die Columbian marching powder by oom Dela se huis ook gedoen. En toe beland sy in die kak by die media en verloor so bietjie contracts, respect en perspektief hier en daar.

Die media is mos almal se daddy. As celebs skeef trap, haal daddy media sy belt af en moer hulle sterre aan die brand. Daddy media maak ook celebs onwetend pregnant of trou hulle sonder dat hulle weet daarvan. Check nou vir Brad Pit en Angelina Jolie. Die media het hulle getrou in 'n publieke seremonie omdat die media ringe aan die vingers gesien het. Vandag weer gelees dat Jolie gaan geboorte skenk iewers in Afrika in Junie later die jaar. Why the fuck should we care? Hoekom wil ons dit weet? Die koerante gaan ons in elk geval elke twee weke op hoogte probeer hou. "Jolie se maag 3 cm groter as as 'n week terug". Of maybe is daar een of ander poes wat in 'n boom wegkruip met sy 4000mm Carl Zeiss lens en 'n close-up snap van haar ringlose vinger (as sy bv skottelgoed was): "Jolie & Pitt call it quits". Maak julle maar reg vir foto's van nageboorte iewers tussen klippe en sand in Kenia. Ek is seker dit sal ge-snap word en hofsake sal volg. Amerika is mos lekker – sue links en regs mekaar se broeke af.

Die ander kant van die coin is ook natuurlik dat die celebs meeste van die tyd die media nodig het. Vat nou maar vir ou Pete Doherty. Wie? Exactly. Wie de fok is Pete Doherty? Pete Doherty is Kate Moss se ex-boyfriend. Hy is ook heeltyd in die kak omdat hy so baie drugs doen, geswaai raak en in fights kom. Ek skiem hy loop meer deur die polistasie se voordeur as sy eie huis s'n. Kom ons kyk… hmm.. o ja en hy doen drugs… nee wag, ons het dit al gemention… wat nog? O ja, hy is in 'n band genaamd Babyshambles. Nog nie van gehoor nie? Ek ook nie. Die enigste kere wat ek van hierdie band gehoor het was in nuusberigte waar hulle tekere gaan oor hoe ou Piet nou alweer met coke gevang is of iemand 'n oorfluiter gegee het of sy eie vinger in sy hol afgebreek het met geweld. Verder het ek nog fokol van hierie band gehoor, maar ek beplan ook nie ook om na hulle te luister of te kyk nie. Met so faktap naam soos Babyshambles kan hulle maar hulleself (of mekaar) gaan naai. Geen belangstelling hieso nie, thanks.

Ten minste weet die ou hoe om sy kak groep se naam in die media te kry. Hy gaan miskien drie ekstra DVD's verkoop in die proses, maar hy gaan die binnekant van sy neus laat lyk soos die buitekant van Michael Jackson se neus as hy met sy kak aanhou. Dan vrek hy en almal vergeet van hom instantly. Die dae van mense onthou na hulle dood en parties gooi in hulle eer is verby. Johnny Cash was die laaste bra wat dit reggekry het. Maybe kan George Bush dit ook afpull, maar myns insiens sal mense dalk juis partie OMDAT hy dood is.

But a little bit more close to home… Ek check nouieaand Carte Blanche en daar was 'n storie oor SA kunstenaars en meer spesifiek Afrikaanse kunstenaars se musiek wat ge-pirate en gesteel en herverkoop word. Ek kan nie onthou wie die kunstenaar is nie want ek luister nie daai tipe musiek nie en stel nie belang nie (vervang "daai tipe musiek" met "stront"). Dozi was ook op die program. Ek weet darem hoe Dozi lyk (kry ek 10 punte?). Hy het ook sy ten cents worth rakende die subject oor pirate en gesteelde musiek gegee. Dis actually nie fokken cool om iemand so te besteel nie, want dis hierie mense se day jobs. Dis fokken bad. Sies man. Sies vir daai tannie in Brakpan (dink ek?) wat die kunstenaars se musiek sommer so van haar PC af copy en smous. Sies ook vir die ou wat dit koop. Het jy nie geweet dis backtracks nie? Nee gagga man!

Piracy het nouwel 'n groot impak op hierdie kunstenaars se record sales, maar aan die ander kant het hulle prime time advertising vir mahala gekry op een van SA se grootste TV shows. Ek is oortuig daarvan dat Dozi en daai ander ou wat op Carte Blanche was die week na die TV program beter CD sales gehad het. En maybe na hierdie arikel ook. Gaan koop sommer nou Dozi se nuwe album by Seedy's in Hatfield. (Ek promote nie vir Dozi nie, ek promote vir Seedy's).

Nogge business spin-off straight van die kassie af is Ferdinand Rabie van Big Brother. Ure, dae en weke se advertensie. Wen Big Brother en begin of gaan aan met sy besigheid. O ja en 'n miljoen Rand om darem ook ietsie in die maag te kry. Hierie ou hoef nie te adverteer nie. Dis klaar gedoen. Hy kan op Saterdae voor Loftus gaan Blou Bul jakkies verkoop en hy sal nog steeds 'n killing maak. Die media het daai ou ge-shape.

Ek dink self daaraan om in te skryf vir die volgende Big Brother. Die eerste ding wat ek sal doen is om in die tuin te kak. Nie een van daai Ferdie beertjies tussen die dahlia's nie. 'n Behoorlike, proper dertig sekonde spuitie teen die Velvaglo muur. Dan sal ek op my gat sit en kak praat in prime time, wag tot hulle my uitskop of tot ek wen en kyk hoe hierdie free advertising vir my uitwerk. Vandaar sal ek al my skille vat, Parys toe vlieg en 'n paar happe by die Ritz gaan maak voor my dronk chaffeur met ons altwee in 'n brug vasdonner. Dan kan kan die media gou hulle storie doen, foto's neem en Jurie Els of Patricia (de Lille) kan by my begrafnis sing. Actually, nee wag… ek fokken draai in my graf om.

Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie, die media sal altyd daar wees. Vir botter of vir wors. Until death do us party.

Deel met jou tjommies!

    griffinMediacracy – Die ou met die brille en die tikmasjien loer oor jou skouer

    Gooi Comment