Board Games

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur meisie

Met die hele "geek chic" movement wat die wêreld gaande het, reken ek dit gaan nie meer lank wees voor board games weer 'n come back maak nie. Miskien probeer ek net justify dat dit lekker was om so paar weke terug 'n Scrabble en wyn aand te hê. Maar met Monopoly wat nou 70 geraak het die jaar kan mens nie help om te sit en dink aan al die jare toe jy sielstevrede saam met jou familie laat aand op vakansie gesit en games speel nie.

Soms was dit net sodat jy die volgende dag op die beach by die sand kasteel bou kompetisie kan brag dat jy tot 12 uur wakker was die vorige aand. Ons het vakansie gehou op Stilbaai en die wind en alewige Desember reën het ons genoodsaak om vele aande binnenshuis te moet sit en ons self vermaak.

Dit is in die tyd toe SABC koning was en as dit gereën het, was dit 'n bekende verskynsel om net sneeu met sound in stereo op te vang. En as die sein uiteindelik homself uitsort, dan sit jy met uitsending ook verby tot volgende oggend toe. Ons het dus omtrent al die games gehad. Kaartgames van Canasta tot Double Solitaire wat mens in spanne kan speel.

Ek en my pa was altyd in 'n span en is nou nog unbeaten. Monopoly, Rumikub, Scrabble, Cluedo, Trivial Pursuit en 30 Seconds. Al hierdie games het verskillende memories en verteenwoordig verskillende eras in mens se lewe. Hier is myne. Monopoly was cool op sy dag. Maar ek onthou dat die helfte van die straatname fokol vir my beteken het nie. Ek meen, waar is Eloff/Musgrave straat? Is dit nogsteeds die rykste/armste straat in Johannesburg? Ons is van daai arrogante Kapies wat nog nie eintlik baie Jo'burg en daai plekke toe was nie, maar scheme ons kan actually 'n opinie he oor die plekke.

Ek wou net altyd die bank gewees het. Al daai geld, sjoe. Dit het min gebeur dat iemand actually gewen het in ons gesin, want ons is mos 6 altesaam en dit het dit nie baie moontlik gemaak dat iemand actually dit sou regkry om al drie van dieselfde soort te kry nie. En dan kom die tantrums as jy twee het en jou broer trek naat en wil nie vir jou die ander een verkoop nie. Vark (jy mag daai tyd nog nie gevloek het nie). Rumikub. Rumikub het eers later gekom.

Dit is toe ons ons shit Clanwilliam toe beweeg het vir vakansies en naweke. Daar gebeur nie baie in Clanwilliam nie (behalwe vir bass naweek en befokte ski water). So in die aand het ons Rumikub gespeel. Die wind waai soms in Clanwilliam in die aande, maar dit is niks teen die allesomringende hitte wat jou oorweldig nie.

Jy lê en fight teen die natgesweete laken en dan natuurlik die muskiete. Ongelukkig is die aircon net in die TV kamer so teen die einde van die aand lê die hele familie in die TV kamer op die vloer. Lekker moerig die volgende dag want niemand het lekker geslaap nie.

Cluedo, nou dit was my game. Hom kan jy lekker scally speel. Jy gebruik heeltyd twee van jou goed, sê nou maar jy het vir Colonel Mustard, Lady Scarlet, 'n kerskandelaar, 'n tou en die dining room en kitchen, dan as dit jou beurt is, dan sit jy vir Colonel mustard in die Dining room met 'n Mes en as niemand die mes het nie, dan weet jy wat die murder weapon is. Ek het elke keer gewen. Of meeste van die tyd. Nou weet ek nie of dit skill is of net is omdat ek goed jok nie. But I was a winner and it felt damn good!

Trivial Pursuit het ek gehaat. Ek meen, my pa was mos slim het en die Engelse een gekoop. En nie Junior of die semi-maklike senior een nie, o nee, die moeilikste een op die mark. In Engels. Dit was nooit 'n fair contest nie. Hy't altyd gewen.

30 Seconds se lasting memory is by my vriend Spurgie se strandhuis in Gansbaai. Daar was maklik 20 mense. Iemand het verjaar en iemand het spacecake gebak. Fef het potjie gemaak en die chicks het 30 seconds gespeel. En wyn gedrink. Ek en Chellie het heeltyd gewen, maar toe begin 2 ander chicks cheat, maar almal was te goofed om agter te kom. Totdat ons agtergekom het en toe kan ons nie ophou lag vir 'n uur solid nie.

Daai koek was potent. Die potjie was na so hele paar ure reg (so 'n potjie mos maar sy tyd kan vat, veral as die hout natgereen het en as mens moet oorbegin omdat die ouens vir ons gevra het om die vuur dop te hou terwyl hulle gaan surf het…), maar ek dink meeste van die mense was uitgepass of te fucked om te beweeg en het gesit en staar vir die mense in die eerste Big Brother huis.

Die uitsending was nog kak ook, want dit het gestorm reen. Ironically het ons die volgende dag terug gery Stellenbosch toe en dit was 9/11. Ons het gedog hulle praat van 'n movie. Dit was erg surreal toe reality ordentlik inskop hoor. Ai, die student life.

Scrabble is 'n nuwerige game. Ons het hom altyd gehad, maar hy het net uitgekom as ouma's saam vakansie kom hou het of as ons bored was met al die ander games. Die boyfriend se ouers like die game so elke keer as ons vir hulle gaan kuier, dan drink ons wyn tot die vroeg oggendure in en speel scrabble. Die oom raak baie opgewerk as hy opfok, so dit is supersnaaks. En die boyfriend is 'n bad loser. Hulle probeer my hap, maar gelukkig speel ons in Engels en ek het hulle asses al so baie geskop dat hulle nie meer 'n voet het om op te staan nie. Almekaar as ek sê kom ons gooi Afrikaans, dan gooi ons maar eeder nog wyn. Ja, sonder boardgames sou my lewe definitief meer boring gewees het.

Watkykertjie bydraeBoard Games

Gooi Comment