Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die tydskrif 'Insig' het 'n interview met ons gedoen vir hulle Oktober issue en blykbaar is ons op die coverpage. Hulle wou weet wat ons dink van Robbie Wessels se 'Leeuloop' song wat blykbaar in die Vodacom ad feature. Ek het nie 'n fokken clue gahad waarvan hulle praat nie. Wie is Robbie Wessels? Ek het dit toe bietjie gaan soek op die internet. Julle kan maybe onthou dat ek gatvol is vir MTN en dat ek wou move sodra ICASA hulle minds sou opmaak oor wanneer mens kan "port" met jou nuwe provider en jou ou nommer hou terwyl jy 'n middelvinger ophou vir jou ou provider.

Ek het geskiem dat Vodacom die beter option sou wees, maar dit was voor ek geweet het wie Robbie Wessels is. Obviosly is daar 'n ding soos bad advertising. Ek het skoon vergeet dat Virgin ook nou op die mark is, so ek gaan nou maar vir hulle gaan.

Dis nou tensy hulle besluit om hulleself ook met 'n plank te slaan.

Hierie ad verhoed my ook om Supersport 1 of 2 te kyk. O ja, mens kry SA se DSTV in Thailand ook. Nou kan almal ons true colours speck. I present to you die deursnit Afrikaanse man:

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Mister Elly se Thai Holiday

El en Baz het so bietjie in Thailand gaan vakansie hou en hy het 'n blog oor die hele storie gedoen. Dis 'n work in progress, maar vir die wat in Thailand belangstel, gaan maak gerus 'n draai by hierie sait.

Lekker foto's en stories en so aan...

Ek fokof volgende week SA toe vir my Kaap holiday. Dank vader, ek het 'n break nodig van al die kuier hieso.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

SMS my weer

Ek haat dit as my inbox op my foon volraak. Gewoonlik kom 'n SMS deur en jy lees dit en vergeet om dit te delete. 10 Jaar terug was dit 'n ander storie. Daai Siemens S4 (not so) Comfort fone kon about 2 SMS'e hanlde voor die memory sat is en/of die TV-size battery weer ge-charge moet word.

Deesdae is dit geriefliker. Jy ontvang SMS'e dat die byle huil en na so paar weke moet jy begin delete omdat daar so envelope op jou screen flas. Omdat ek baiekeer besig is en net die goed lees weet ek nie altyd of ek reply het op die boodskappe nie. Gevolglik moet ek ek eers deur die goed lees voor ek dit delete want maybe mis ek iets belangriks. But let's face it, meeste van die SMS'e maak na 'n maand glad nie meer sin nie. Veral die boodskappe wat jy dronk ontvang of gestuur het. Party is net plain outdated dat jy nie 'n fok kan onthou nie. Naturally kan mens die goed heeltemal uit konteks neem. Kom ons kyk na so paar wat ek nou moet delete.

1. "No they don't have that in stock. I only got the big one."
Nou wonder ek of Hellboy vir homself dalk 'n groot dildo gekoop het en 'n SMS na die verkeerde persoon toe gestuur het.

2. "Haai, nou daar's nou 'n naam so reg na my hart."
Ek neem aan hierdie chick praat van my.

3."Today is international day for retards. Please send an encouraging message to a retarded friend as I've done. I don't care if you lick windows, interfere with farm animals, vote ANC or occationally shit yourself. You hang in there, sunshine. You're special."
Weereens neem ek aan hierie chick praat van my.

4. "Dude i'm out with **** and just bumped into ****. She gave me a msg.
Ek hoor mens kry baie msg in Aromat. Nice. Iemand het Aromat ge-score.

5. "Ok i will bring your msg i am shit"
So blykbaar kry ek ook Aromat wat die dronk persoon gescore het. Van iemand wat blykbaar kak is.

6. "Shit I pulled into **** best friend ****"
Obviously die newe-effekte van te veel msg.

7. "Ons drink almal vanoggend die comrades & luister chariots of fire in ons atletiek klere. Ons mail more die span foto vir jou mail. Ons neem aan jy drink saam - happy friday."
Die feit dat hy "mail" herhaal laat my nie twyfel dat hulle 5uur die oggend begin drink het nie.

8. "When & where is the Durban July??? U suck dude!"
Nou waddefok SMS mens terug vir so 'n persoon?

9. "OK ek is nou al weer single. Nou wat nou?"
Jy het my nommer. Hou aan SMS.

10. "Thats lovely. Thanks for telling me what you are doing for the weekend. I am broken today"
Klaarblyklik het ek 'n befokte naweek een of ander tyd gehad.

11. "Vra vir ***** hoeveel sy gister gedrink het"
Ek neem aan dit was minder as ek, maar nogtans fokken baie.

12. "Are you back yet"
Have I left?

13. "Got Jaggies and tequila and biltong. No Rapprt though. Sorry o."
Nou hoe de fok moet ek anders 3 weke oue nuus lees?

14. "Egoli het nou 'n goth genaamd Scab. Louwna se liefdeskind blykbaar. Moerse with it, die Egoli. En lame..."
As ek enigsins meer kan saamstem kry ek dalk 'n hartaanval.

15. "Ek's siek innie bed. Spuities of iets. Hopelik nie Malaria nie. Eish."
Turns out dit was Ecoli. Nie te verwar met Egoli nie.

16. "SESduisend Rand? SesDUISEND Rand? Sesduisend RAND? Ou Tjonkie het nie daai klas van gras nie."
Geen fokken idee nie.

17. "Maak net seker van jou hand se status."
Dis negatief. Next.

18. "Sometimes my mind asks.. Why I miss u, why I care4 u, why I always remember u, why I sms u... Then my heart answers.. it's simple bcoz ur WORTH IT!!"
Contents duly noted and fully understood.

19. "Toe nie malaria nie. Wel E.coli. Sesuur in Oop Spuittyd. E.Coli - plek van kak"
Ek verwys julle terug na nommer 15.

20. "Stuur vir jou ma ook."
OK, ma. Hieso is 'n middelvinger. Sorry ma.

21. "Terry here tomorrow untill Monday. Caroline."
Verkoop meubels, kar, elektroniese toesrusting en siel om lewer oorplanting se kostes te dek.

22. "Jy alternatief, in plain kommen Afrikaans is fokken weird."
Thanks ma. Moenie so vloek nie.

23. "Sweet! Hoor iets het jou gebyt. Is jy OK?"
Ek het die bytmerke e-Google. Dit was toe nie die travel-bug nie, maar 'n doos van 'n spinnekop.

24. "*some text missing* maar ek staan nog regop."
Dis fokken moeilik om regop te staan as jy text verloor.

25. "There's ALWAYS time for spuities! Spuities - like water for chocholate."
Ek stem 100% saam. Ek ken van.

26. "Jy mis seker Woza Weekend en JAm Alley en Shell Superstars. Baie goeie programme hier as jy hou van skrou (sit jou hanne op!)
WHAHAHAHAHAHA!

27. "My vlg artikel: Afrikaanse TV is poeskak. Klaar. N.a.v Sewende Laan, Amalia, Binnelanders, MK89, ens."
Ja, die Nigerians kyk ook 7de Laan hier in Nigeria. Met Engelse subtitles. Regtig baie mooi. Soos kunsflieks. Not.

28. "Ons soek 'n foto van jou voet"
Done deal.

29. "Hehe. Poep in Duits is 'broekhoes'. RRrrrrt!"
En jy betaal hoeveel per SMS nou weer?

30. "Usted aspira las bolas para el desayuno!"
Ek weet wat dit beteken jou fokkne pajero!

31. "Ek en die cherrie is in Amsterdam, bly in rooilig distrik. Baie nice. Ons vertrek Saterdag Skotland toe. Laat weet my as julle geld launder dan sit ek Rande oor. Ons beproef alles en behou die goeie. Bly in gay apartment met hoeke aan die dak om vas te bind. Cheers. Drink lekker whiskey."
Ek haat jou. Doos.

32. "Hey bra, hope all is well. The jobs are coming fast and furious now. Tel Hellboy I diced a V5 and its engine blew. Kak one."
Kom dice hieso ou pel. Jy sal jou gat sien.

33. "Fuck off"
Ag ek is seker ons almal kry die enetjie so nou en dan.

34. "Lagos airport is boring me shitless. I may start drinking soon."
Gewoonlik sorg ek dat ek fokken dronk daar aankom.

35. "Arrived in Bankok"
Ja, jy is ook 'n doos.

Ok dis nou genoeg vir eers. Actually is dit te veel. Jammer julle moes deur al hierdie kak sit, maar my internet was af en ek was fokken bored.

Smell you later, Steve Irwin.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Fall Out Boy - Waddefok sing hulle?

Enjoy hierdie video. Ek het myself kak gelag. Wys jou net wat gebeur as bands fokken mompel.

Labels:

License to drive / kill

Terwyl ek nog vir my bestuurderslisensie wag wat ek gekoop het hieso in Spuitieland, ry ek maar in elk geval rond. Ek skiem almal hieso wat soos kak bestuur het in elk geval hulle lisensies gekoop. Pas dit sommer in SA ook toe. As iemand soos 'n doos ry, vra hom of hy sy liksens gekoop het. Die antwoord is tien teen een 'ja'.

So in plaas daarvan om in taxis rond te ry wat soos dose bestuur, bestuur ek nou self soos 'n doos rond in ons 19-WWII Honda (not so) Civic 1600 hatch back. As jy niks aan die probleem kan doen nie, word sommer deel daarvan. Die kar self is nie te sleg nie. Ek moet net so elke nou en dan die battery se connectors met 'n klip bliksem sodat die metaal dele weer bietjie kontak maak. Daar is so residue build-up elke derde dag. Ja, ek weet ek kan Coke oor dit uitmoer, maar ek is bang die Coke vreet die hele kar op. Behalwe van dit is alles sharp. O ja en die feit dat 'n vol tenk petrol nie meer as R120 kos nie. Fuckin-A!

Hieso is 'n prentjie van ons trusty old cabbie. Dit was die dag toe ons hom gekry het, so hy het nog mooi gelyk. Hy sal nou tien teen een met 'n was of twee kan doen.



Wat bestuur hieso aanbetref is dinge maar redelik dodgy. Dis elke ou vir homself. Die ou met die grootste tekkies ry eerste. Hulle volg min of meer dieselfde unspoken reël as wat Indië ook doen: Kyk voor jou. Spieëltjies is vir sissies. Ek het al baie keer agtergekom dat ek fokol spieëltjies gebruik. Sien, ek en Hellboy ry altwee met die kar, maar my bene is 6 keer langer. So ek kap dit Schummie style as ek die kar klim. Lê about in die kar soos 'n Boksburg stoepsitter. Wanneer ek by die werk stop, check ek partykeer ingedagte die mirrors. Dan sien ek so my sak op die seat. Nice. So fokol spieëltjies.

Die volgende groot ding: jou toeter is die beste accessory op jou kar. Jou retgerhand word afwisselend tussen die gearleaver en die stuurwiel aangwend terwyl jou linkerhand min of meer heeltyd die toeter moer: wanneer jy op 'n stopstraat afry, wanneer jy om 'n draai gaan, wanneer die traffic light (indien in werkende toestand) groen word, wanneer jy wegry van 'n stopstraat af en wanneer jy op 'n reguit stretch pad ry (hoekm, weet ek nie). Ons kar het so verpoepte toeter en ek het aanvanlik geweier om dit te gebruik. Dit het about so laank soos jou average nuwejaarvoorneme om op te hou rook gehou. Nou lê ek op die ding. Wat ook interessant is, is dat trokke partykeer industriële fabrieke se fire-alarms het en so trickle dit af na kleiner voertuie in die chain. Karre het trokke se toeters en bikes het karre se toeters, so jy is geneig om so nou en dan jou kak wit te skrik.

Voertuie se roadwortyness is ook niks short van 'n fokken grap nie. Ek byvoorbeeld in hierdie week gesien hoe twee ouens 'n oorlaaide 1960's somthing bus saam bestuur. Altwee hou die stuurwiel vas terwyl een ratte doen en die ander een die pedals trap. Ek wou graag 'n foto vir julle neem maar ek kon nie byhou nie. Hulle het noggal gewikkel. Van die taxi's hieso is nie so cool nie. Ek het al so paar gesit menigte keer. Jy kan gewoonlik die teerpad deur die geroeste vloer raaksien. Ek het wel 'n foto geneem van die binnekant van een van hierie outjies se deure.

Check net hieso. Dis fokken pragtig.



So paar reëls dat die cops jou nie kak gee nie. Jy moet 'n lisensie hê. Jy moet jou kar se papiere hê en jou kar moet 'n brandblusser hê. Dit hoef tien teen een nie te werk nie, maar is jy daai items nie het nie extort hulle geld. O ja, en daar is 'n nuwe reël onlangs enforce. Jy moet sulke kak lelike reflector stickers agter op jou kar plak, anders is jy in die kak. Dis sulke fokken simpel peel-off kak en lyk simpel. Hulle kan eerder daarop konsentreer dat die mobile wrakke se agterste ligte in werkende toestand is, maar dis meer convenient om 'n law te inforce en te coin. Ek skiem een of ander governer se swaer of nefie het 'n sticker besigheid iewers. Belaglik.

Dis gewoonlik veiliger om dronk te bestuur in die aand want die polisie is gewoonlik dronker as wat jy kan wees. So altough hulle dan AK47-toting thugs is, is die reaksietyd stadiger en jy kan net rustig verby hulle cruise. Ons is ook nie te veel geworry oor insurance vir ons kar nie. Ons het hom gekry met met 'n verwaarloosde beertjie en 'n nice karton tag.

Aldus ons lewens en -karversekering:



Hieso is 'n bonus foto vir julle. 99% van die karre of taxi's het een of ander simpel sticker agterop. Jammer as julle nie mooi kan lees nie. Dis met my kak Nokia afgeneem en ek kry eers weer 'n behoorlike kamera as Hellboy besluit om nie vir ewig in Thailand te bly nie. Die homemade sticker lees "Mitsubishi Amen. Jesus carry go." Net Mitsubishi en Jesus sal weet wat dit beteken.



Cheersvireers. Ek moet nou weer traffic aandurf werk toe...

Labels:

Afrigator