Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier


Lucky Kentucky Condioner. Discovered by a horse trainer. Used by everyone. Word. Posted by Picasa
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Terry you fucking lunatic!

After having a couple of beers in Londen about three weeks ago, one of my friends, Terry, said that he would pop into Nigeria (Abuja more specifically) for a weekend and we'll have a lekker party. Terry used to work here about a year ago and he is not lekker in his head. Understandably, he became a good friend of mine.

Now when we had this conversation back in the UK, we got very drunk and were having a laugh about all the drunken nights at the casino, the money we won and the shit we got up to. Groot moeilikheid.

This is when Terry matter-of-factly said: "I'll come around for a weekend and we can go big again."

Obviously nothing of that sort happened, untill I got a call from another UK friend, Caroline, telling me that Terry was in town.

We all met up at some chick's party, had a couple of toots and shure as hell,
Terry was there. I asked him if he just came back to tie up some loose ends from his previous contract. His answer (matter-of-factly again) was: "No man, I told you I was gonna pop through for a weekend at some or other stage!'

Now normally when people from the UK wanna get away for the weekend, they tend to take the Eurostar to Paris or some cheap flight on Ryan Air to to the UK's Margate (Ibiza or Tenerife).

Nope, not Terry. He took a flight on a Friday morning from Heathrow to Nigeria to party with us on the Saturday, suffer a hangover not even God can nurse and fly back to London the Sunday evening so he can be back at work in the UK on the Monday.

Jesus on ice skates!

Well done dude. I don't know what is going on in your head and I don't intend to find out.

You, sir, are a fucking lunatic!

Thanks for for visiting on the most inconvenient weekend where I had to choose between nursing myself back to health with anti-biotics or getting shit-faced. Obviously I could not let you down.

Oh my god, how it hurts!

Ek is op die oomblik te dronk om alles te onthou, maar ek sal probeer... een of ander tyd. Dit was 'n fokken groot aand.
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Londen documentary

Ek weet dis hectic om twee video's op een dag te post, maar ek is nie regtig fokken lus om iets te skryf nie, toe edit ek maar van die paar video clips wat ek in Londen geneem het. Ek moes my stem 'n bietjie edit sodat dit klink soos een van daai boring 50/50 documentaries.

Die idee is om nog so paar video's te maak. Documentary style. So hou maar hierie space dop so elke nou en dan.

Hoop jy geniet dit en leer dalk so paar nuwe dinge oor Londen. Die video is baie saaklik en insiggewend.

Sharp.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die UK trip - deel een

Terug in Spuitieland na 'n vinnige stint in Londen. Het so bietjie by bra Briek en sy goose, Stenie gaan kuier en dinge lyk of dit net beter raak vir hulle (vir die wat wou weet).

Gelukkig vir my is Stenie ge-fire by haar werk twee ure na ek geland het. Dit het beteken dat ek 'n buddie gehad het om deur die week van pub na pub te kruip en bier en whiskey te drink. Bra Briek moes heeltyd werk soos 'n grootmens terwyl ek en sy werklose goose rondgefuif het, but things are turning around aangesien 'n model agency haar in die hande gekry het. Smaak my Stenie gaan maar moet moudil vir 'n lewe. Glad nie sleg nie.

Ek het darem op 'n Vrydagmiddag daar geland, plus dit was langnaweek, so kuier en suier het sommer dadelik afgeskop deur 'n klomp bier, 'n bottel whiskey en 'n bottel (2 maybe?) wyn pakslae te gee. Na moerse hangovers en laat slaap (a pattern started forming) is ons die Saterdag deur Camden toe, een van my all-time favourite spots. Dis waar die punks en gopse uithang, maar is ook een van die coolste markte in Londen. Elke keer as ek in Londen is, is dit die spot waar ek meeste van my geld spend. Fokken cool klere, skoene, metalheads, kos, bier, goth chicks, horlosies, punks, musiek, etc etc. Iet s waaroor ek verskriklik bly is betreffende Camden, is dat Fopp uiteindelik 'n branch daar oopgemaak het. Vir die dudes wat nie weet nie, Fopp is 'n befokte music / boek / DVD shop waar jy alles kan kry waarvoor jy soek en hulle is dirt-fokken-cheap. Die ander branch is in Convent Garden en ek was al daar ook, maar dis 'n bitch om op te spoor as jy nie 'n local is nie. Dis naby die open market deel vir die ouens wat dit wil probeer kry. Daar is 'n cool clothing shop in die omgewing wat weird shit verkoop. Soos army uitrustings.

In Camden het ons rondgedwaal, ek het so paar goed gekoop en toe roep die kos ons. In die mark kan jy tradisionele Engelse kos koop (met ander woorde curry of chinese) vir onder 4 pond wat 'n absolute bargain is. As jy deur die rye kos stalletjies loop is daar 'n spul chinese wat vurkies uithou om hulle kos te sample. Hulle love dit long time. En hulle stop jou take-away bakkie so vol soos wat mens gat raak vir die Springbokke. As jy verniet wil eet stel ek die volgende voor: loop eenkeer deur die ry en vat 'n hap by elke stalletjie. By die einde, sit een van daai plastic snorre met brille op en loop terug. Vat weer 'n hap by elkeen. 40 Happe take-away is min of meer een en 'n halwe meal. Koop 'n Coke by die laaste stalletjie vir 80p. Dis hoe min 'n ete jou kan kos in Camden.

Ons het dors geraak vir bier maar moes eers gou by Cyberdog 'n draai gaan gooi - dis so hectic rave shop wat allerhande weird kak verkoop soos t-shirts met flashing screens en snaakse kontak lense. Die sound wat deur die speakers pomp in die winkel is so fokken hard en van sulke goeie gehalte dat mens amper oorweeg om van rave musiek te hou vir 'n halwe minuut. Iets wat elke keer my aandag trek in die shop is die freaky kontak-lense. Elke jaar sê ek vir myself ek moet dit koop, maar elke jaar besluit ek dit is te duur en elke jaar wil ek my eie gat skop as ek weer by die huis is omdat ek dit nie gekoop het nie. Hierdie jaar het ek maar besluit om 25 pond uit te ruk en die kat-oë kontaklense aan te skaf. Na dit move ons oor na die Cuban bar toe om so paar skuimkoppies deur die nek te jaag. Dis hieso waar ek ook sommer die nuwe slang/kat oë probeer insit het. Vir iemand wat nog nooit brille, let alone kontaklense gedra het nie kan jy seker dink watter gemors dit was om die goed in te kry. En om "Is hy in!? Is hy in?!" te skree in 'n bar help ook nie die cause nie. So leer uit my fout uit en moenie duur novelty kontaklense koop nie, tensy jy van brand-oë like.

'n Hele paar biere later besluit ons om die tube terug Battersea toe te klap.
*En hieso skip ek die uurlange tube trip waar ek amper (well, basically) in my broek gepis het. Tip: die toilets by Clapham Common is nie toilets nie - dis 'n ondergrondse opgefokte stink kamer waar boemies slaap en kak *

'n Pel hier in Spuitieland het vir haar sussie 'n handsak gekoop by die mark en my gevra om die ding saam UK toe te vat en vir haar te gee. Pragtige leerproduk. Regtig duursaam. En baie gay as ek met die fokken ding in my hand op die vliegtuig moet klim omdat daar die plek in my tas is nie. Maar dit nou maar daar gelos. Ons het Vrydagaand opgehook en White House toe gegaan. So half larney nightclub in SW4. Ek sê half larney want ek kom vars uit Rrrtgerië uit en hieso kan mens seker maar die Hilton as decent beskou. Daar was 'n paar verskriklike mooi chicks in die club wat hulle asses op die dansvloer geswaai het en die 20 pond 'n rondte vir 4 drinks het ook nie sleg afgegaan nie. Die prys het net bietjie 'n bitter smaak in die bek gelos.

Over all enjoyable, net jammer vir afwesigheid van fashion sense onder paar van die girls. Ek wil glad nie maak of ek enige iets van fashion af weet nie, maar ek kan ten minste onderskei tussen iets wat sexy is en iets wat lyk of die persoon oppad is om in die tuin te gaan werk of pas pas van die biblioteek afkom. Of 'n kombinasie van die twee. What the fuck is up met die koertbroek craze? As ek sê kortbroek meen ek nie hotpants nie. Ek meen kortbroek. Soos wat 'n boer in die Vrystaat sou dra. En daai staatsdepartemnet skoene? Nee fok man. Ek weet julle het nou 'n patetiese verkoning vir somer vir so paar weke, maar for the love of god, as jy jou lyf wil wys, doen dit in iets cool. Ek wil nie voel of ek by 'n beesveiling in Orighstad is nie. Fok.

Na so paar rondtes bier en whiskey wat Alice op haar koek uitgegooi het (haar eie woorde) is ons uit by die club. *Skip so paar miute vorentoe. Ons het niks in die straat gerook nie* Soos dinge maar loop met my, het ek vir ons 'n Nigerian taxi driver raakgefluit in die oggendure wat ons huistoe gevat het. Hy het aanvanlik gesê dat hy van Polland af is (ek kan ure se comment omrent hierdie leuen verskaf) totdat ek vir hom vertel het wat is wat. Basically in sy eie taal. Overall 'n nice dude gewees.

By my tjommies se huis aangekom was dit nog nie ogies toe nie. Ek en juffrou Stenie het gou-gou eers 'n bottel wyn pakslae gegee. Dit mag dalk twee gewees het. En toe begin ek in my dronkenksap weer shares koop in MTN. Ek is particularly bekommered oor die 40 minute oproep na my pa toe en wonder of of MTN bereid sal wees om een van my werkende niere as betaling te vat. Ek belowe ek is mooi ge-detox na die vakansie, MTN. Ek fokken sweer.

== So paar foto's en die res van die storie sal bietjie later volg. Hang net bal. ==

'n Anwoord op die Axe advertensie...

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier


Onthou om jou kloue te was Posted by Picasa
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Chrizette

Ek sien Hestrie Cloete en Jurie Els het besluit om hulle baba dogtertjie Chrizette te noem. As daar nou een ding is waarme Suid-Afrikaners verskriklik goed is, is dit hierie tipe versmelting van die ouers se name om een groot kak naam te maak vir die arme kinders.

Hier is nogge voorstel vir julle ander chicks wat in die eighties groot geword het. Al die chicks met mense in die pense let asseblief op: Hoekom nie jou dogter vernoem na twee 80's icons nie huh? Wat van Sigourney Weaver van die Alien movies? Wat van daai sexy blou Smurf, Smurfette?

Dis reg ja, noem jou kind Sigorette. Dis amper net so belaglik soos die hoogsing couple se kind se naam. Sien wat ek daar gedoen het? Hulle careers gemix: hoogsring en sing.

Actually is Sigorette 'n mooier naam. Dit het maybe net een downfall. Die arme kind kan dalk gerook word as sy puberty slaan ...

Genoeg kakpraat vir eers. Ek is pas terug uit Londen na 'n moerse vakansie en sal hopelik 'n bietjie later 'n paar foto's en stories oor die gedoentes post.

In die meantime, dink maar solank aan kak name vir jou kinders. Smaak my dis die proudly South African thing to do...
Afrigator