Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Long lost friend gets in touch...

I received the following e-mail from a long-lost friend and decided to publish it on my blog, because it can like to be rather unique. Greame is the only English oke I know what like to spoke the English tail stukkend in real life. If you come across someone in Pretoria what try to sell you giftig snakes and he speaks English load amongs your ear so the example below, his name is Greame. Buy him a beer for me...

=======================================

Well I actuall don't know how to drive the interweb proper yet, but I've already won 100 000000 pounds from a oke in nigeria what says I can keep half when he comes to SA. He just needed some of my details. Cool hey? Any way I've, bought the interweb and am making lots of friends from all over Pretoria. Your blog is quite lekker and kept me laughing till my beer came out my nose and walked down my jersey.

Powse is helping me with my webpremises so I should be selling even more slange shortly. Jacqui says hi and wants to know when youre coming for a braai? 082 ******* gets you a sms to my fone, even if you do live in Bigbrother Nigeria. I keep watching the show and carent see you anywhere.

I take fotos of cars now for a living as well as break homes by selling very ugly snakes what can kill hundreds of people(so Idi Amin) to small children. I decided that if i carent gym myself big i will eat myself big, so i now look like a Ford F-250 with tits. Last year i got so drunk so Michelle Rodriguez during the day by Sean's house that by the time dusk rolled in I was in no state to walk to the Dros, so i tried to fly. I climbed on top if a chimney and took a leaping jump upwards (to clear the electric fence) then landed on some rocks many meters below. Broke both my ankles and got misdiagnosed at HF. Spent 4 months on crutches and now I walk like a t-rex. Carent work in restuarants any more cause of the standing. So i was forced to seek employment with the people that have real jobs. Thats why I'm now with autotrader, all corporate and stuff.!!

anyhow thats all for now, will keep in touch
graf
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier


Moet seblief nie op die strand kak nie. Maar as jy regtig lus is, kos dit jou R25 virre kak. RRRrrrrt!!! Posted by Picasa

Die hash - deel een: Die hash

Ons het besluit om Saterdag die hash te doen. Vir die oningeligte mense onder julle: dis iets wat jy hardloop. Nie iets wat jy rook en dan allerhande pers pikkewyne en weird kak sien nie. Dis soos 'n funrun sonder die fun deel, want dis meer 'n cross-country tipe vibe waar jy op berge en in dale hardloop.

Die driving force agter hierdie besluit sluit die volgende paar redes in:

a) Ons het dit nog nooit gedoen in die 3 jaar wat ons hier is nie (in fact ek het dit nog nooit gedoen in my lewe nie - ek het 'n goue reel as dit by oefening kom: as die destination enigsins verder as 300 meter is, gebruik ek my kar.)
b) Dis 'n maklike manier om nuwe en interesting mense te ontmoet
c) Onder hierdie nuwe en interesting mense is daar nice chicks
d) Vir 'n entrance fee van R100 is daar 'n nice ete na die tyd en al die bier watjy in jou lyf kan stop is ingesluit by die prys. Ek is seker hulle sal die bier deal stop nadat ons so paar keer bygwoon het.

Na so paar SMS confirmations oor waar en wanneer en wat ons moet saamvat, mission ons na die Hilton Hotel se parking lot toe - die meeting point. Vul registrasieforms in en hang bal tot almal opdaag. Twee van die Franse dudes wat saam met my werk daag ook op en die een lyk 'n bietjie af soos brood. Dis confirm deur sy groetvorm: "I have ze fukckink headache". Die roete is vinnig verduidelik en toe dit lyk of ons moet wegspring, klim almal in hulle karre en ry. Soos poepols staan ek en Hellboy in die parking lot. Ons het gedog ons hardloop van hier af, nou ry almal vir ons weg. Gelukkig gee 'n chick van Argentina ons 'n lift. Blykbaar ry almal eers na die quarry toe en ons moet van daar af wegspring. Die karre ry soos 'n begrafnis stoet en die simpel Amerikaner in sy moerse gas guzzler wat veronderstel is om almal na die regte spot toe te lead, verdwaal. Nou is daar 40 karre wat agter hierdie poepol aan verdwaal en dit lyk soos daai Snake game op een van daai kak Nokia 5110's.

Eventually kom ons by die spot aan en die organiser skree dat ons moet gou maak, want hulle blast oor 'n halfuur in die quarry. So paar mense lag vir sy kak attempt tot 'n joke. En toe begin ons hardloop. Jirre wat 'n fokken straf. Die eerste 100 meter het goed gegaan toe dit nog op 'n grondpad is, toe begin ons teen die koppie uithardloop en dis fokken steap. Eventually gee ek op en begin loop, want die koppie verander in 'n berg. Die feit dat 'n klein 8 jarige meisie my weghardloop het my ook nie laat skaam kry nie.

Ek was vodde toe ek bo-op die koppie kom. Daar het ek 'n Nigerian vrou gesien wat gelyk het of sy 'n 1000 jaar oud is. Sy het 50kg hout op haar skouers gedra. Ten minste het ek geweet dat ek nie sal vrek nie. As hierie fossiel met hout op haar skouers kon loop, was ek seker dat ek die laaste 1km tot by die bierstop kon doen. Die village bo-op die koppie/berg het fokken baie hout gehad. Maybe was hout-aandra maar 'n hobbie. Daar was genoeg hout om 'n ark mee te bou. Maybe was dit hulle mission. Ek weet net nie waar hulle twee van elke dier sou opspoor nie, want die mense in Spuitieland het alles wat leef (gecko's en die odd heyena uitgesluit) klaar opgevreet.

Nogge funny ding wat Hellboy opgemerk het was dat die village se honde vir ons geblaf het. Imagine hierie setting - 'n swart village. Witmense hardloop verby. Honde blaf vir die witmense. Ek het dit nogal snaaks gevind. Anyway, ons kom toe by die bierstop aan ek ek down 'n Gulder (750ml bottel local bier) en begin sommer 'n tweede een na dit ook te down en kom halfpad. Met die bier - nie in my broek nie. Ek het nie eers gemind toe dit begin reën het nie en begin die laaste stretch aan te durf. Halfpad teen die afdraende af is daar een moerse oorverdowende ontploffing. So die ou het toe al die tyd nie nie kak gepraat nie. Dis die eerste keer in my lewe dat ek sien hoe 'n koppie moertoe geblaas word en dit was fokken awesome! Dit (awesome) is my nuwe favourite woord, maar jy spreek hom met so Amerikaanse aksent uit dat dit so lekker kak klink soos die Afrikaanse woord, asem. "Hoe was kerk vang, Gert? Nee, dit was fokken asem, thanks!". Ook mainly omdat ons twee cool Amerikaanse chicks ontmoet het. Hulle het twee nuwe woorde by my geleer: "plakkies" en "tekkies" en hulle smaak dit stukkend. "So I see you're wearing your plakkies? Your tekkies must be in your bag. Awesome!" Sien? Dit klink lekker kak. Partykeer is dit lekker om net kak te wees.

Na die hash het ons by die Amerikaners se lifecamp 'n soort van 'n braai gehou, geswem en baie verniet bier gedrink. Ek het toevallig 'n anti-Bush t-shirt aangehad. Een van daai "Good bush | Bad Bush" t-shirts. Vir die wat dit nog nie gesien het nie: die "good Bush" deel is 'n prentjie van 'n chick wat haar jean aftrek en koekhare wys en die "bad Bush" deel het obvjously net 'n prentjie van ou George. Helfte van die Amerikaners het nie van my t-shirt gehou nie, maar een van die chicks het so baie daarvan gehou dat sy sommer 3 wil hê om vir haar tjommies te gee. Ek dink ek moet maar 20 gaan koop in Camden as ek hierie vrydag Bomden toe gaan. Maybe kan ek dit vir ekstra zak kom smous hieso in Spuitieland.

Dit sal nogal asem wees.

Die hash - deel twee: Die afterparty

Nadat ons so bietjie gespat geraak het by die Amerikaners, is ons na die British village toe. Soos wat Britte maar is, is die plek ook heavy uptight. Jy moet deur 'n member van die club uitgenooi word om in te kom en even as dit gebeur word jy in elk geval ge-interogate by die hek deur die security dudes met hulle AK's. Ouens met chips op hulle skouers. Gelukkig was daar min kak om in te kom hierdie keer en ons het reguit bar toe gekiet en 'n dop gedrink saam met 'n depressed Zimbabwean in die hoek en toe saam met die Amerikaners wat ons gevolg het.

Daar was 'n weird vent van Finland af ook. Hy was al by 'n vorige partytjie ook waar hy heel normaal voorgekom het, maar hierdie aand was hy bietjie geklits en het begin aanlê by ons vriendin van die UK af. Dit het ook voorgekom of sy aksent omtrent 40% gayer geklink het as die vorige keer toe ons die dude gesien het, maar ons het maar geskiem dis hoe mense van Finland af klink as hulle gespat raak. Totdat hy by my ook begin aanlê het. Dit was nou vir jou fokken creepy gewees! Ek tune die dude half beleef, half ge-irriteerd dat hy my maar moet uitlos, maar hy begin toe aan my arm te trek en skree "Come with me! These people want to hurt you!" Jirre, jissis, god dit was fokken embarrasing! Niemand het geweet waaroor die ou so tekere gaan nie. En die dude hou nie fokken op nie, totdat ek die manager vra om hom asseblief te verwyder voordat ek homself bliksem en uitgegooi en verban word vir disturbing the peace. Fokken Jerry Springer shit hierie!

Met meneer Nokia eventually uit die bar verwyder en verban kon ek rustig verder kuier saam met die USA girlies en het lekker punte gescore met voet massages.

Toe ek die volgende dag wakker word met 'm moerse hangover onthou ek dat ons almal 'n moerse 80's partie by ons huis belowe het hier teen einde Junie. Fok. Gelukkig het ons about 'n maand om die hele storie te organise, so ons sal maar die cocktail-pool-80's partie van die jaar moet gooi in Spuitieland...

Vir julle ouens in Spuitieland wat wil kom: Dis Saterdag die 24ste Junie. Bel of mail vir verdere instructions en details.
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier


Sypdaadjie Posted by Picasa


Biker Posted by Picasa


Sypaadjie Posted by Picasa
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kom ons bou sidewalks

Bouery in Rrrrtgerië is 'n gemors. Gevolglik is instandhouding direk eweredig aan bouery. Mens sou verwag dat die twee verwant is en mekaar komplimenteer, soos kaas en crackers by 'n wynproe aand. Dit doen nie. Die regering hier hou daarvan om drie of vier keer vir dieselfde projek te betaal en dit is evident aan al die geboue rondom my oppad na enige destination hier. Dit is ook confirm deur 'n Duitser wat al vir die afgelope 25 jaar hier bly en vir een van die groot Duitse construcion companies werk.

Die dudes sal begin bou sonder enige beplanning. Sowat 75% deur die konstruksie proses kom hulle agter dat die geld opgeraak het. O fok, wat nou? Dis maklik, los die gebou net soos hy is vir omtrent 5 jaar tot hy vanself uitmekaar begin val en herhaal die bouproses elders. Nice. Imagine 'n retro gebombde Irak. You get the picture.

Iets het my begin pla sowat 'n week terug, maar ek kon dit nie pinpoint nie. Dis seker omdat ek al te lank hier is en min of meer aan alles gewoond is of raak. Toe strike dit my vandag. Dis die sypaadjie. Hulle is besig om 'n sypaadjie in ons straat aan te lê. Nie met sement of konkryt blokke nie. Paving stene soos wat jy langs 'n swembad kry. Aan altwee kante van die straat vir 2km lank. Dit lyk pragtig. As jy nie opkyk nie. Imagine Constantia Kloof gemeng met Delmas en so dash Sharpville. 'n Groot flashy mansion, dan 'n houthut met tyres rondom ("for any cloths dying"), gevolg deur 'n bouval (mansion size) en 'n sort-of running, rundown hotel.

Dan draai jy op in die main straat. Wat het ons hieso? 'n Nuwe Sypaadjie! Twee meter wyd, beide kante van die pad, kompleet met 4 Cat bulldozers, stoomrollers en legio werkers wat natuarally die traffic opfok sodat almal gebruik van whatever deel van die twee one-ways hulle please whatever tyd van die dag. Bike ongelukke? No problem, daar is mos baie slote, donga's en natuurlik die nuwe sypaadjie om op neer te bliksem.

Maybe post ek 'n foto of twee van hierdie revolutionary bouwerk binnekort.
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Eina, dis seer om te verjaar

Hopelik is dit die laaste party virre wyle gewees. Die naweek was groot. Heavy groot. Ons het die bra van die Noorweegse ambassade se partytjie bygewoon Saterdagaand. Gewoonlik met my eie verjaarsdag hou ons 'n groot bash in Snor City, maar vir die eerste keer sedert ek hier in Spuitieland is, het ek my verjaarsdag hier gevier saam met die ander mense. Daar was actually 5 mense by die party gewees wat verjaar het, so daar was 'n toast elke nou en dan en baie, baie whiskey. Totdat ek en twee Amerikaanse chicks 'n bottel tequila opgespoor het. Tequila (veral Olmega) is 'n moerse skaars ding hieso. Actually is 2 hot Amerikaanse chicks nog skaarser as Tequila hieso en as 'n added bonus was hulle gesoute tequila dinkers if you'll allow me the pun.

'n Skaars kombinasie inderdaad.

Nadat almal soos dronk maniac robots gedans het is ons weg by die party na die Hilton toe. Omdat my pel vir my weggery het (blykbaar herhaaldelik vir my gesê dat ons gaan waai) het ek 'n lift na die Hilton toe gekry saam 'n Suid-Afrikaanse chick wie se naam ek nie nou kan onthou nie. Daar aangekom, het ek my buddie opgespoor en ons almal het so paar cuts gaan maak op die dansvloer. Dit gebeur gewoonlik tot die ontsteltenis van die res van die club. But who gives a fuck, right? As jy so baie drank verkoop, is dit onmoontlik dat dit nie op jou dansvloer of mense se koppe gaan beland nie. Vir een of ander rede het die barman heeltyd gebottelde water aangedra dansvloer toe waarvoor ons in retrospect vreeslik dankbaar is want ek het net 134% kak gevoel toe ek Sondagmiddag laat uit my koma ontwaak. Dit kon so hoog soos 345% gewees het.

Ons maak alreeds planne vir die volgende party, so idees is welkom. Strip Scrabble is uit want ons het nie Scrabble nie, so skrap daai ene vir nou. Hopelik is die party eers middel Junie iewers, want die Londen trip lê vlak om die draai en soos ek myself ken is dit moontlik dat ek myself van 'n boot af gaan partytjie of opeindig iewers in Clapham waar ek Chinese waitresses se voete meet soos wat laasjaar gebeur het. Aijaijai...
Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier


Friday is Pizza day at work. The pizza is wrapped in foil for some reason. Usually I make myself a hat and wear it, but it got boring, so I started making foil dicks and leaving it on one of our manager's desk as soon as he is not around. When I go around later to check the reaction later, it is moved. He places it upright on the secretary's chair. After that I don't know what happens to the foil dick. It is gone. As long as I have pizza's on Friday's, they'll keep turning up and ending on the secretary's chair. Upright. Posted by Picasa
Afrigator