Watergate – skandalige media

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Ek fokken haat dit as mens se dag soos 'n cartoon begin.

Ek het 4 uur wakker geword omdat my AC uitgefok het. AC in Spuitieland is nogal belangrik as jy nie met die gebakte pere wil sit nie. Sien, ons het net 2 seisoene hieso: warm en poes warm. AC is die shit.

Vir about 'n uur lank het ek vir die dak gestaar soos 'n zombie voor ek weer aan die slaap geraak het en eventually 7 uur deur my alarm wakker gemaak is (so fokken loud hoender). Een of ander tyd deur die nag het die geyser my ook 'n pit gedruk, 'n aar in sy kop gebars en oor die hele teelvloer gepis. Gevolglik het my eerste treetjie uit die bed uit gelei tot 'n 9.7 special olympic dubbele salto voor ek square op my rug neergebliksem het in die plas water op my vloer. Dis moontlik dat ek my kop ook gestamp het want ek het aan allerhande weird stuff begin dink terwyl ek half aan die slaap badkamer toe begin mission het. Come to think of it, is dit moontlik dat my ma my op my kop laat val het as 'n laite, wat ek dink gereeld aan weird stuff.

Omdat daar fokol warm water was moes ek maar 'n vinnige BP move pull in die stort en opt virre koue wash 'n go. Geen rims polish of special deeltjies buff nie. Net 'n quick once over. Dit het darem iets uitgesort wat die fall from grace nie kon nie – ek was ten minste nou halpad wakker. So tussen tande borsel check ek myself in die spieel en besluit om maar vandag te shave aangesien ek dit nou al twee dae ge-skip het en soos Lucky Luke begin lyk het. 'n Regte slegte oorgeklanke Lucky Luke met so Lochner de Kock stem of iets dergeliks. Halfpad deur die shave session besluit my Philishave om die geyser se roete te loop en hy gaan staan soos 'n Sandton Citroen. Fokol batteries. Nice. Lucky Luke se hond. Met brandsiek.

"Watergate" skiem ek. "Dis fokken Watergate hierie."

Na ek my werksklere vir die tweede keer aangetrek het (die eerste keer het my broek se knoop afgemoer) het ek my I-pod op superloud ge-tune en kar toe mission. Ek moes die I-pod mission ook maar los na ek myself amper verwurg het met die seatbelt-earphone kombinasie toe ek myself instrap. Goed afgepis en tjoepstil start ek die kar en toe begin ek weer oor die oggend se weird gebeure te dink.

OK, nou moet julle mooi bybly, ek kap in 'n ander rigting in om uiteindelik by my punt uit te kom. Hou mooi vas, arms binne die kar, asseblief …

Hoekom het ek aan Watergate gedink, het ek gewonder. Dis fokken lame. Dis so lame soos alle skandes in Suid-Afikaanse media wat die -gate suffix kry. Check bietjie hoe die ouens dink hulle oor gebeure en veral skandale moet berig – regeringsamptenare mors tax geld op oorsese trips en onnodige travel: Whaaaaa!!! Dis Travelgate!!! Imvume Holdings betaal R11 mil aan die ANC om gat te kruip: Moerse skandaal. Waaaa!! Dis Oilgate!!

Is julle media dudes fokken vertraag?Weet julle ooit waaroor Watergate gaan? Watergate het sy naam gekry omdat daar moerse skandale was tydens Richard Nixon se ill-fated politiese loopbaan toe daar pampiere uit die WA-TER-GATE HO-TEL in Washington uit gesteel is wat hom in die kak laat beland het. Dit het hom eventually sy job gekos. In die seventies. Dit het meer as DERTIG jaar terug gebeur. Kan jy nou meer huh?

Ek is bly julle het nie met die onoorspronklike terms Zuma-gate en Shabir-gate opgekom nie. Of wat van daai 1 miljoen liter petrol wat by Johannesburg Tambo Smuts lughawe gemors het? Klink dit vir julle bietjie te naby aan Oilgate huh? Is julle bang ons check julle colours? Of wag julle vir 'n groter spill? Asseblief, vertel vir die Watkykertjies hoeveel petrol daar gemors moet word voordat mens dit Petrolgate mag noem? Ek is vas oortuig dat dit julle minds op een of ander stadium gecross het en dat julle editors julle getune het om asseblief verby te hou. Is dit so fokken moeilik om headliners af te pull sonder om soos 'n doos te lyk? Dink bietjie vir julleself man.

Nagte en nagte rol hierie editors en reporters lusteloos in hulle beddens rond en bid dat Tollcon 'n verkeerde voet iewers moet neersit, want dan kan hulle dit net bloot Tollgate noem. They shoot, they score! Vir die van julle blare wat nie weet nie – Tollcon is die ouens wat die tolhekke operate op nasionale paaie. (Veraal daai gewilde paaie waarop al 5 miljoen Gautengers 3 uur die oggend klim op 16 Desember. Dan slaap almal mos. Soos daai oppad Margate, Ramsgate of Golden Gate toe. No sweat. )

Eventually word hierie koerantmense wakker uit hulle koorsdrome en borsel hulle tande met Colgate en wonder waar hulle nog belaglike kak kan uitkrap.

Ek wens hulle wil ook bietjie gly in die oggende na hulle geysers gebars het en sommer square op hulle eiers val.

Fok.

Deel met jou tjommies!

    griffinWatergate – skandalige media

    Gooi Comment