Oom Giel en sy Marie

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Oom Giel en tannie Marie het baie genaai.

Inteendeel, as ek reg onthou, het hulle hulself in die eg in genaai met die eerste van die vier kinders wat ook die troue bygewoon het as 'n embrio. Sy was iets soos sestien en oom Giel 'n jagse gomgat van sewe-en-twintig. (Sy het my eendag vertel hy het haar virgin in die sloot voor die dorpshuis gevat toe sy vyftien was.)

Hulle was so 'n halwe geslag jonger as ma-hulle en 'n halwe geslag ouer as ons kinders. Ons kids het dit as super sensasioneel beskou en ons gebreek vir die kinders wat met die leļ blikkies van die ef-els speel. Sakke en sakke vol van die goed waarmee hulle huisies gebou het.

Oom Giel was 'n nederige plaasseun wat groot geword het om 'n nederige, onbelangrike onder-gemiddelde man te word. En hy het blykbaar nie geglo in pille en goed nie. Die enigste manier om nog 'n honger bekkie te keer was om toe te maak.

Vandag, by nabetragtiging, verstaan ek hoekom tannie Marie altyd 'andersÆ was. Sy het altyd haar massiewe, styfstarende oļ van die lid se vou tot by die lang, lang wimpers pikswart ingekleur. Haar hare lank gedra. En net anders gelyk as die ander getroude vrouens in Delmas. Heeltemal. Sy was die eerste ware sensualis wat ek teegekom het.

Tannie Marie het geweet wat die mag van 'n koekie was. Haar lang, maer man het die grond aanbid waarop sy geloop het. En haar heeltyd in sy bakarm gehou in die publiek, terwyl hy al wat 'n man voor, agter en om haar aangegluur het. Want almal het altyd vir sy Marie gekyk.

Sy het 'n regte Coke-bottel lyfie gehad, hierdie kort vroutjie met die lang blonde hare, wat sy al vyftig jaar in dieselfde styl dra. En die lyfie is beklemtoon met groot blink belde om die middel en uitskoprompe wat die effense te groot gat moes verbloem.

Na die derde kind het die familie begin skinder dat Marie verslaaf is aan dieļt pille. Omdat sy nie bereid was om op te hou vrou wees nie, verstaan ek vandag. Toe kom die stories van die drankbottels wat weggesteek word. Die vierde enetjie word toe gebore, nog voor die wereld begin praat het van die alkahol verskaafde kinnertjies, en ma begin dadelik skinner dat die kind half vertraag is. (Was toe nie, net stadiger as die gemiddelde Kruger).

Teen hierdie tyd is ek al groot en tannie Marie is nou net Marie. Marie raak toe dramaties bekeerd, so saam met die verlossing van die verslawing. Sy sluit aan by 'n sekte en hoon haar Dopper man en vir die eerste keer kom daar krake, want eenvoud of nie, Oom Giel is 'n groot Christen (wat dit ook al beteken).

Ses jaar lank baklei Giel en Marie oor wie se geloof nou reg is. Ons sien min van hulle, want Marie het besluit my ma is 'n heiden en sy mag nie met heidenne omgaan nie. Uiteindelik besluit sy haar man, die gelowige Dopper, is ook 'n heiden, na 'n dramatiese geveg oor Groot Doop en skei hom.

Bedremmelend trek Giel by my in en sorg ek vir 'n paar maande vir hom. En luister elke aand na sy verhaal van sy huwelik. Met 'n oop bek. Want die storie is deurtrek met romanse, idilliese liefde, groot passie en wilde, onbeheersde seks. Vernaamlik seks. En terwyl my middeljarige oom, lelik vir my en half eenvoudig, met blink oļ vir my van hulle weergawe van Romeo en Juliet vertel, noem hy nie een keer sy kinders nie.

My niggies, wat 'n halwe geslag jonger as ek was, word groot en baie mooi, maar glad nie sensueel nie. Mooi, geslaglose dametjies. En 'n dekade of wat later hoor ek eers hulle storie oor hoe dit was om in 'n huis te bly waar doos koning was. En waar die draer van die doos 'n alkaholistiese pil verslaafde was.

Hoor ek van die histerie uitbarstings, van die onredelikheid. Van 'n pa wat huis toe kom en konfronteer word deur 'n tierende vrou wat hy verafgod. Dieselfde vrou wat dan vereis dat hierdie kinders geslaan moet word oor verbeelde en normale oortredings. Van klein kinders wat aanmekaar klou en hulself toesluit in 'n kamer en in helse vrees leef vir 'n mal ma en 'n doos befokte pa. Wat liewer sy kinders sal aanrand, terwyl Marie toekyk en aanhits tot sy voel dis genoeg straf, as om een aand sonder sy vrou se gawes te gaan slaap.

Oom Giel het sy Marie gejag vir vier jaar na die egskeiding en hulle is uiteindelik weer getroud, al was hy steeds 'n Dopper en sy 'n sekte lid. Gee hom dit ter ere: nie eers vir doos het hy sy geloof opgeoffer nie. Hulle kinders het hulle vergewe, aanvaar en steeds lief gehad. Toe gaan hy dood, en sy laat hom uit haar sekte kerk begrawe, die Dopper wat geweier het om sy pote daar te sit.

En as almal so vertel van hoe belangrik seks in 'n huwelik is, dan dink ek aan Giel en sy Marie en wonder ek… "Werklik?"

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeOom Giel en sy Marie

    Gooi Comment