Klein mannetjie sindroom

In Snotstories deur wezsideRek jou bek

Het julle gecheck watse kak advertensies deesdae op TV is? Dit irriteer my verskriklik. Dis eintlik nie die advertensies wat my pla nie, maar wie dit aanbied. Wag laat ek by die begin begin. So ruk terug toe ek nog in SA gewerk het, stap ek in 'n vergadering in. Die brieve was 'n nuwe produk wat bemark moet word vir een of ander gas maatskappy. Dit was een van ons kliente… 'n gas maatskappy. Ek moes toe al geweet het.

My eerste thought was, jirre wat doen mens vir 'n gas maatskappy. Hulle is so aantreklik soos 'n gatgabba in 'n stywe broekie. Presies het dieselfde gebeur vir 'n ander company wat tot my verbasing sy gat gesien het. Ek meen, wie kan nie wag om meer te weet van lugreeling vir 18 wheelers nie – komaan steek jou poot innie lug! Een van die idees was 'n klomp kinders met gasmaskers en stuff. Is julle vir-fokken-real? En sal dit nie cool wees as die aarde so ontplof en en en… Needless to say het daai idee sy gat gesien nog voor dit by die Broadcasts Complaints Commision uitgekom het.

Belaglikheid op sy gesit, hulle was serious oor een ding. En dit was dat daar so karaktertjie-dingetjie thingy moet wees wat die ikoon van die gas maatskappy moet word. Dit moet die alombekende kar en die horlosie van die maatskappy wees. As jy die karaktertjie sien dan moet jy dadelik dink… gas maatskappy! Fokken idiots. Ek het dit klaarblyklik net nie geweet nie maar reg oor die wêreld is daar 'n moerse beweging wat al lankal aan die gang is. Mens noem dit faktap-klein-fokken-karaktertjie-sin-fokken-droom. Wie het besluit dis oulik om sulke goed op tv te sit? Van gas mannetjies tot stootskrapers wat almal ogies en mondjie kry. 'n Krediet kaart wat b-boy moves doen of 'n water druppel wat koud kry? Wie is verantwoordelik vir hierie kak. En dis nie asof hulle vir kinners adverteer nie. Ek praat nie daarvan nie. Dis volwassenes wat hierie kak uitdink en dan 'n kakhuis vol geld betaal om dit aan miljoene ander volwassenes te wys.

Dis net plain fokken simpel as jy my vra. Ek gaan nie 'n nuwe kredietkaart kry omdat die een op tv ogies het en sulke holswaai moves in sy back pocket het nie. Ek kry net 'n nuwe krediet kaart as ek my subwoofer moet vervang vir die opkomende kompetisie, jy maak uit? En wie dit doen in die naam van bemarking is 'n idioot. Ons almal weet daar is baie zef goed op tv en dat dit reg oor die wêreld gebeur. Zefgeid ken geen perke. Once.

Ek dink die faktapste een van almal is seker Vodocom se klein mannetjie. Is dit 'n muis, of 'n rot? Maybe 'n meerkat of 'n klein unfortunate dassie. Wie okal hom uigedink het, het hopeloos te veel draks gebruik. Dis mos wat hulle doen by hierie "agencies". Hulle dink almal hulle is die kar en die horlosie na daai wit poeier van Rrrtgerië hulle so bietjie cross-eyed lat kyk. Skaam julle FCB Johannesburg. Julle wat so 'n Grand Prix Loerie vir hierie kak gekry het. Wys jou daai Loerie awards en Pendoring… sniff-sniff. Whao stadig daar cowboys dis net my opinie. Net nou kom ou bra briek innie moeilikheid oor hy sy boude afvee aan 'n karakter wat op Hot Chocolate se Miracles holswaai. Die vermetelheid.

Nou ek verstaan met movies soos Toy Story, Ice Age en diesmeer het figuurtjies vir hulself 'n nessie geskrop in die beursies van 'n hele paar grootmense. My probleem is net dat elke 2de fokker dink dis die kreatiewe uitweg vir hulle "unieke" produk. Die realiteit is, dit is nie. Want in die eerste plek lyk dit kak. Dis nie snaaks nie. En dink julle nie dis 'n bietjie creepy nie?

Om nog 'n voorbeeld te noem: McCarthy Call-A-Car. Onthou julle, daai klein telefoon wat so op wiele aaangery kom aan die einde van die advertensie? Sjoe, dis darem nou vir jou oulik. Ai, wat hulle nie darem vandag aan sal dink nie. "It's called a telephone dad!". Nee, it's called faktap-klein-fokken-karaktertjie-sin-fokken-droom! Fokken niks lekker nie. Ek skiem as hulle vir Roxy Burger in 'n sjoe-broekie op 'n warm gemaakte ford se bonnet sit, sal hulle baie meer oproepe kry. Maar nee, dit moet 'n fokken telefoon op wiele wees. Sit dan net ordentlike fokken tekkies op die telefoon indien julle dit nou moet doen.

Hier in die UK is dinge ook besig om te ontrafel. In die land van Kanaan is daar mos baie poese wat hulle beursies sal oopmaak om net van nuwe tegnologie gebruik te maak. 3D ou perd. 3D Animasie is die in ding. Vodacom was almal een voor en het daai outjie van 'n myl af gecheck jy maak uit. Apparently Robbie Klay ook. Ek sal nie verbaas wees as hulle hom vra om Die Leeuloop Koning op te voer geborg met komplimente van Vodacom en die ene faktap meerkat. Anyways, terug in die UK. Challenge Churchill is die ding se naam. Dis een van daai hondjies wat jy so op jou dashboard sit en dan beweeg sy kop so op en af op en af. Maar hierie ene is lifesize. Die mense vra dan vra en hy se dan "o yes" of "no" want sy kop kan net in soveel rigtings beweeg jy maak uit? Is dit nie een van die mees belaglikste konsepte wat julle al ooit gehoor het nie? 'n Drie dimensionele hond wat aan jou verskering verkoop. Wat word van die wêreld.

In die ad agencies se defence. Dis meeste van die tyd is dit die kliente wat opkom met hierie bullshit. Ma ek hou hulle verantwoordelik. Dis hulle duty as kreatiewe klein snuif koppe om vir die klient te sê: "Nee ou perd, dis nie cool nie. Sniff. Ons reputasie is op die spel". Dis belangrik om te verstaan dat ek nie van teken prentjies praat nie. Dis wanneer die karakter nie actually 'n karakter is nie. Dis wanneer dit 'n objek is wat in 'n karaktertjie verander word. Check bietjie hoeveel belaglike verlore figuurtjies daar buite in die wêreld van bemarking is. Julle sal verbaas wees ek is seker.

wezsideKlein mannetjie sindroom

Gooi Comment