Die UK trip – deel twee

In Travel deur griffinRek jou bek

Na die naweek het ons maar weer so bietjie gekuier en rondgemission in die stad vir die res van die weerk. Stenie was actually so gaaf gewees om my elke dag te laat slaap en het sulke briefies gelos met instructions. Wat om te doen met die sleutel, hoe om myself te help met kos, waar daar lekker plekke is om te gaan uitcheck of waar om haar later te kry.

Die probleem met die briefies was dat sy dit elke keer vir my persoonlik gegee het. As sy klaar terug gekom het van al haar missions vir die dag. Jirre maar ek is ‘n lui en sleg bliksem! So gepraat van briefies (en ons het dit in diepte discuss oor ‘n glas whiskey), what is up met hartjies op briefies? Ek praat nou nie van die vriendelike gesture nie, ek praat van die actual prentjie. Wie het besluit ‘n hart lyk so? Hoekom nou juis daai shape wat jy orals sien, especially in Februarie as klein meisies rondloop met teddiebere groter as hulle boyfriends. My hart lyk nie so nie. Ek dink nie enige iemand se hart lyk so nie. Weet jy soos wat lyk daai shape meer? Soos boude. Dis reg ja, boude. Rooi boude. So dink mooi as jy weer iewers ‘n “hartjie” op ‘n bumber sticker of ‘n kaartjie sien. Wat lees jy daar? “Ek boude jou vreelsik baie. Boude, Frikkie.” Of “Mamma mis jou en boude jou verkriklik”. Enetjie vir die taai ouens: “Ek boude rugby stukkend!”. Wat van “Ek rooi boude Jesus forever”? Just a quick thought. Wat nou in jou kop gaan vassteek. Boude. Rooies.

Afgesien van die kaarjies en briefies kon ons wel die middae beter sync en het menigte pints en Mudshakes (basically Nesquick en vodka) pakslae gegee tot die honne gehuil het. So paar keer het ek my video kamera saam gesleep en bietjie footage geneem. My tjommies het dit nie baie gelike nie want ek het het soos ‘n toeris gelyk <- hello, ek fokken is een! Ek het ‘n paar nice shots ingekry en eventually ‘n baie insiggewende documentary oor Londen gemaak wat dalk in hierdie issue sal verskyn, andersins sal jy dit op my blog kry as jy dit kan opspoor. Miskien rooi boude jy dit stukkend.

Teen die naweek het Skipper Glen ook sy verkskying gemaak vir sy weeklange vakansie op Modder Eiland en ons het die Saterdag weereens in Camden gaan spandeer en so paar skuimkoppes deur die nek gejaag. Ons het op ‘n staium ge-ponder om die rugby iewers te gaan kyk en het besluit op die Walkabout, so Aussie plek met cheap drinks (vir die ouens wat nie weet nie) en het die tube gevat. Ek mind glad nie die tube nie, maar dit kan partykeer nie lekker wees nie, veral as daar weirdo’s oppie trein is nie. Soos die Rasta dude met sy hoed wat groter as David Hasselhoff se ego is.

O ja, en die byvoorbeeld die groep 14 jarige pommies meisies wat opgeklim het. So 5 minute in die trip in, leuen een oor na my kant toe en ruik aan my. Toe haar maatjies haar vra wat sy doen het sy gesê dat sy net iets by die venster uitgecheck het. Ek het lekker geruik, maar ek skiem daars iets fout met die kind. By die volgende stop (ek dink dit was King’s Cross) het Skipper Glen belsuit dis tyd om af te klim. Sonder om my daarvan te verwittig. Fokken blaaint. Ek mis die deur net betyds terwyl dit op ky skouers toemaak en op die trein agterbly. Ek check toe vir Skipper deur die venster soos ‘n skaap. Lekker lag almal vir my kakgeid.

Ek het eventually by een of ander stasie uitgeklim en met busse begin mission na waar ek gedink het ek behoort te gaan. ‘n Uur later kry ek vir Skipper by die Walkabout and to top things het hy klaar ‘n paar biere en tequila’s agter die blad en die bargirl tune ons hulle wag vir die rugby DVD want dit word by die ander Walkabout ge-record. Whatever, ons het niks moerse gemis nie en van wat ek hoor was die Sprinkbokke se rugby in elk nog geval nog steeds kak ‘n maand later.

Ek kyk dit nie meer nie. Ek kyk eerder Southpark. Dis miskien nie so snaaks soos die Springbokke se spel nie, maar dis OK. Later die aand het ons almal by nogge club opge-eindig en nogge tjommie het ons gejoin. Op die ou einde was ek en sy die last standing soldiers. Wel, nie heeltemal standing nie. Ek het op ‘n stadium ‘n spul verjaarsdagkaartjies iewers op ‘n tafel gesien, dit opgetel en geskree: “Right, who is Evelyn?”. So paar mense het in ‘n vreemde meisie op die dansvloer se rigting ge-point.

Ek en my tjommie het altwee in die middel van die dansvloer voor die meisie op ons knieee gaan staan en happy birthday gesing. Ons was te dronk om te worry, maar ek dink die arme girl het nie geweet waar om haar kop in te druk nie. Op daardie (vals) noot het ons besluit om te fokof, want ek het baie meer mense in die club gesien as wat daar regtig was en my vriendin sy speech het ook meer shlurrie begin raak. Buite die club het ons eers weer in ‘n paar Nigerians vasgeloop en toe het ek die ouens weer vrot pidgin getune. Die derde ou in die straat af het nie kop of stert uitgemaak wat ek prbeer kwytraak het nie. Hy was blykbaar van Cameroon af.

Die laaste Sondag het maar rof gegaan. Dis nie altyd maklik om ‘n Bloody Mary af te wurg as nog probeer spuities inhou ook nie. En iewers in jou agterkop weet jy dat daar nog meer as ‘n uur se bus, trein en -tube trips ook nog voorle. Om nie eers te praat van rondhang by Heathrow vir 3 ure voor jy kan vlieg nie.

Ons het uiteindelik na een van daai “I-think-I’ll-have-a-heart-atack-and-die-of-not-being-surprized” oomblikke het ons opgestyg. ‘n Nigerian se tas moes van die aerie afgehaal word omdat die ou blykbaar nie op die vlug toegelaat is nie. Ek wonder hoekom. Ons vlieg dan terug Nigeria toe. Danksy die poepol het ek ‘n uur later in Spuitieland neergestryk wat tot gevolg gehad het dat die drywer nie daar was om my op te laai nie. Dis nou na ek ge-interview is oor my kamstige illegal military pants wat ek aangehad het. Sorry bra, no sale here. Jou bribe check is nie in die pos nie. Nog ‘n uur is gemors en eventually was ek terug by my crib in Spuitieland, reg vir nog wahala.

Deel met jou tjommies!

    griffinDie UK trip – deel twee

    Gooi Comment