License to drive / kill

In Snotstories deur griffin9 Eiertjies

Terwyl ek nog vir my bestuurderslisensie wag wat ek gekoop het hieso in Spuitieland, ry ek maar in elk geval rond. Ek skiem almal hieso wat soos kak bestuur het in elk geval hulle lisensies gekoop. Pas dit sommer in SA ook toe. As iemand soos ‘n doos ry, vra hom of hy sy liksens gekoop het. Die antwoord is tien teen een ‘ja’.

So in plaas daarvan om in taxis rond te ry wat soos dose bestuur, bestuur ek nou self soos ‘n doos rond in ons 19-WWII Honda (not so) Civic 1600 hatch back. As jy niks aan die probleem kan doen nie, word sommer deel daarvan. Die kar self is nie te sleg nie. Ek moet net so elke nou en dan die battery se connectors met ‘n klip bliksem sodat die metaal dele weer bietjie kontak maak. Daar is so residue build-up elke derde dag. Ja, ek weet ek kan Coke oor dit uitmoer, maar ek is bang die Coke vreet die hele kar op. Behalwe van dit is alles sharp. O ja en die feit dat ‘n vol tenk petrol nie meer as R120 kos nie. Fuckin-A!

Hieso is ‘n prentjie van ons trusty old cabbie. Dit was die dag toe ons hom gekry het, so hy het nog mooi gelyk. Hy sal nou tien teen een met ‘n was of twee kan doen.

Wat bestuur hieso aanbetref is dinge maar redelik dodgy. Dis elke ou vir homself. Die ou met die grootste tekkies ry eerste. Hulle volg min of meer dieselfde unspoken reël as wat Indië ook doen: Kyk voor jou. Spieëltjies is vir sissies. Ek het al baie keer agtergekom dat ek fokol spieëltjies gebruik. Sien, ek en Hellboy ry altwee met die kar, maar my bene is 6 keer langer. So ek kap dit Schummie style as ek die kar klim. Lê about in die kar soos ‘n Boksburg stoepsitter. Wanneer ek by die werk stop, check ek partykeer ingedagte die mirrors. Dan sien ek so my sak op die seat. Nice. So fokol spieëltjies.

Die volgende groot ding: jou toeter is die beste accessory op jou kar. Jou retgerhand word afwisselend tussen die gearleaver en die stuurwiel aangwend terwyl jou linkerhand min of meer heeltyd die toeter moer: wanneer jy op ‘n stopstraat afry, wanneer jy om ‘n draai gaan, wanneer die traffic light (indien in werkende toestand) groen word, wanneer jy wegry van ‘n stopstraat af en wanneer jy op ‘n reguit stretch pad ry (hoekm, weet ek nie). Ons kar het so verpoepte toeter en ek het aanvanlik geweier om dit te gebruik. Dit het about so laank soos jou average nuwejaarvoorneme om op te hou rook gehou. Nou lê ek op die ding. Wat ook interessant is, is dat trokke partykeer industriële fabrieke se fire-alarms het en so trickle dit af na kleiner voertuie in die chain. Karre het trokke se toeters en bikes het karre se toeters, so jy is geneig om so nou en dan jou kak wit te skrik.

Voertuie se roadwortyness is ook niks short van ‘n fokken grap nie. Ek byvoorbeeld in hierdie week gesien hoe twee ouens ‘n oorlaaide 1960’s somthing bus saam bestuur. Altwee hou die stuurwiel vas terwyl een ratte doen en die ander een die pedals trap. Ek wou graag ‘n foto vir julle neem maar ek kon nie byhou nie. Hulle het noggal gewikkel. Van die taxi’s hieso is nie so cool nie. Ek het al so paar gesit menigte keer. Jy kan gewoonlik die teerpad deur die geroeste vloer raaksien. Ek het wel ‘n foto geneem van die binnekant van een van hierie outjies se deure.

Check net hieso. Dis fokken pragtig.

So paar reëls dat die cops jou nie kak gee nie. Jy moet ‘n lisensie hê. Jy moet jou kar se papiere hê en jou kar moet ‘n brandblusser hê. Dit hoef tien teen een nie te werk nie, maar is jy daai items nie het nie extort hulle geld. O ja, en daar is ‘n nuwe reël onlangs enforce. Jy moet sulke kak lelike reflector stickers agter op jou kar plak, anders is jy in die kak. Dis sulke fokken simpel peel-off kak en lyk simpel. Hulle kan eerder daarop konsentreer dat die mobile wrakke se agterste ligte in werkende toestand is, maar dis meer convenient om ‘n law te inforce en te coin. Ek skiem een of ander governer se swaer of nefie het ‘n sticker besigheid iewers. Belaglik.

Dis gewoonlik veiliger om dronk te bestuur in die aand want die polisie is gewoonlik dronker as wat jy kan wees. So altough hulle dan AK47-toting thugs is, is die reaksietyd stadiger en jy kan net rustig verby hulle cruise. Ons is ook nie te veel geworry oor insurance vir ons kar nie. Ons het hom gekry met met ‘n verwaarloosde beertjie en ‘n nice karton tag.

Aldus ons lewens en -karversekering:

Hieso is ‘n bonus foto vir julle. 99% van die karre of taxi’s het een of ander simpel sticker agterop. Jammer as julle nie mooi kan lees nie. Dis met my kak Nokia afgeneem en ek kry eers weer ‘n behoorlike kamera as Hellboy besluit om nie vir ewig in Thailand te bly nie. Die homemade sticker lees “Mitsubishi Amen. Jesus carry go.” Net Mitsubishi en Jesus sal weet wat dit beteken.

Cheersvireers. Ek moet nou weer traffic aandurf werk toe…

Deel met jou tjommies!

    griffinLicense to drive / kill

    Comments

    1. PienkZuit

      Toe ek daar was (2003) het was daar sulke laaaaang rye by die petrolstasies. En die mense was MOEILIK want die petrolprys was vir die eerste keer bo R2 'n liter of so iets.

    2. griffin

      Ja, nee die petrol is 'n storie vir 'n ander tyd. Ek het net begin moeg raak om te tik. Die dat ek so baie foto's opgeplak het.

    3. Anderjan

      Not to brag but here’s worse than there. You cannot just walk away thinking you have the best of the bad drivers to that end Ill send you a similar type write up from our side Van SA will just have to do the translation.

    4. griffin

      I've got a better idea. I'll just add you to Spuitieland and you can post whenever you want.

      Deal?

    5. Anderjan

      Thanks will do and will have something by Sunday, cheers have three beers on me and say hello to everyone that wants hello's.

    6. Afrikaner101

      hey griff,al gedink daai plek het jou onder gekry…So lanklaas iets op die blog of watkykjy gesien…Nie dat ek veel beter is nie… Leker loop my mater…

    7. Anonymous

      Ek wonder toe waar is die plek wat jy van klets.Dit klink soos hier waar ek vandaan kom maar die petrol is nie meer R2 'n liter nie. Nou eerder iets soos R6 'n liter-nou dit sal iemand sy kak laat witskrik. Lekker dag daar.

    Gooi Comment