Chrizette

In Zefgatte in die nuus deur griffinRek jou bek

Ek sien Hestrie Cloete en Jurie Els het besluit om hulle baba dogtertjie Chrizette te noem. As daar nou een ding is waarme Suid-Afrikaners verskriklik goed is, is dit hierie tipe versmelting van die ouers se name om een groot kak naam te maak vir die arme kinders.

Hier is nogge voorstel vir julle ander chicks wat in die eighties groot geword het. Al die chicks met mense in die pense let asseblief op: Hoekom nie jou dogter vernoem na twee 80’s icons nie huh? Wat van Sigourney Weaver van die Alien movies? Wat van daai sexy blou Smurf, Smurfette?

Dis reg ja, noem jou kind Sigorette. Dis amper net so belaglik soos die hoogsing couple se kind se naam. Sien wat ek daar gedoen het? Hulle careers gemix: hoogsring en sing.

Actually is Sigorette ‘n mooier naam. Dit het maybe net een downfall. Die arme kind kan dalk gerook word as sy puberty slaan …

Genoeg kakpraat vir eers. Ek is pas terug uit Londen na ‘n moerse vakansie en sal hopelik ‘n bietjie later ‘n paar foto’s en stories oor die gedoentes post.

In die meantime, dink maar solank aan kak name vir jou kinders. Smaak my dis die proudly South African thing to do…

Deel met jou tjommies!

    griffinChrizette

    Comments

    1. watkykjyer nommer 89

      Toe ek hoor sheman Hestrie en nagtergal Jurie gaan hulle name vermeng, het ek gedog die kind se naam gaan Hoerie wees. Waar de hel sien hulle Cri en zette in Jurie en Hestrie?

      Groete hier van snorcity…

    2. griffin

      Tien punte vir jou. Weet nie hoekom ek nie die Hoerie een raak gesien het nie. Anyway die naam is saamgestel uit hul middelname of iets. Ek gaan nie nou weer die die News24 artikel soek nie. Eenkeer is genoeg.

    Gooi Comment