Eina, dis seer om te verjaar

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Hopelik is dit die laaste party virre wyle gewees. Die naweek was groot. Heavy groot. Ons het die bra van die Noorweegse ambassade se partytjie bygewoon Saterdagaand. Gewoonlik met my eie verjaarsdag hou ons ‘n groot bash in Snor City, maar vir die eerste keer sedert ek hier in Spuitieland is, het ek my verjaarsdag hier gevier saam met die ander mense. Daar was actually 5 mense by die party gewees wat verjaar het, so daar was ‘n toast elke nou en dan en baie, baie whiskey. Totdat ek en twee Amerikaanse chicks ‘n bottel tequila opgespoor het. Tequila (veral Olmega) is ‘n moerse skaars ding hieso. Actually is 2 hot Amerikaanse chicks nog skaarser as Tequila hieso en as ‘n added bonus was hulle gesoute tequila dinkers if you’ll allow me the pun.

‘n Skaars kombinasie inderdaad.

Nadat almal soos dronk maniac robots gedans het is ons weg by die party na die Hilton toe. Omdat my pel vir my weggery het (blykbaar herhaaldelik vir my gesê dat ons gaan waai) het ek ‘n lift na die Hilton toe gekry saam ‘n Suid-Afrikaanse chick wie se naam ek nie nou kan onthou nie. Daar aangekom, het ek my buddie opgespoor en ons almal het so paar cuts gaan maak op die dansvloer. Dit gebeur gewoonlik tot die ontsteltenis van die res van die club. But who gives a fuck, right? As jy so baie drank verkoop, is dit onmoontlik dat dit nie op jou dansvloer of mense se koppe gaan beland nie. Vir een of ander rede het die barman heeltyd gebottelde water aangedra dansvloer toe waarvoor ons in retrospect vreeslik dankbaar is want ek het net 134% kak gevoel toe ek Sondagmiddag laat uit my koma ontwaak. Dit kon so hoog soos 345% gewees het.

Ons maak alreeds planne vir die volgende party, so idees is welkom. Strip Scrabble is uit want ons het nie Scrabble nie, so skrap daai ene vir nou. Hopelik is die party eers middel Junie iewers, want die Londen trip lê vlak om die draai en soos ek myself ken is dit moontlik dat ek myself van ‘n boot af gaan partytjie of opeindig iewers in Clapham waar ek Chinese waitresses se voete meet soos wat laasjaar gebeur het. Aijaijai…

Deel met jou tjommies!

    griffinEina, dis seer om te verjaar

    Gooi Comment