Mens kan maar sê dit was ‘n internasionale kunstefees partytjie

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Vir die derde agtereenvolgende naweek het ons besluit om ‘n dinner party te gooi by ons huis hier in Spuitieland. Soos altyd draai hierdie goed uit in ‘n groot gemors. Ek praat nie van die party self nie, ek praat van die huis. Lyk gewoonlik of ‘n hurricane die plek getref het die volgende dag.

This time was no different. Ons was 4 mense van SA, ‘n Britse chick, ‘n ou van Zim, nog een van Cameroon, sy Franse vrou, hulle vierjarige dogterjtie, ‘n girl van Madagaskar, ‘n Franse knaap en ‘n bra van België af. Die huis was packed, musiek het geblêr en ons het vinnig gedraf deur bottels vodka, whiskey, wyn en kaste bier. Ook baie kak gepraat en obviously vreeslik vir onsself gelag oor al die baie kak wat ons praat.

‘n Fokken deurmekaarspul.

Almal het lekker gekuier en gesuier. Die dogtertjie het by die tafel gesit en teken en ingekleur deur al die geraas en kort-kort haar prentjies vir my kom wys. Daar was seker 20 in totaal en ek is uitgesonder as beoordelaar. Die probleem met kinder art is dat mens meeste van die tyd omtrent twee keer soveel van Jacob Zuma se verbeelding nodig het om uit te maak presies wat op die sketse aangaan, let alone om heel gewyn deur skrefies oë na ‘n dubbel geskribbel te probeer kyk en dan vir die kind in gebroke Frans te probeer verduidelik dat dit ‘n goeie kunsstuk is. Ek dink nie ekself het ooit geweet wat ek geteken het toe ek ‘n laitie was nie.

Eventually hier by prentjie nommer 15 het ek aan ‘n oplossing gedink. Kyk, dis fine, ek mind nie om te ‘oe’ en ‘aah’ vir kinder prentjies van mense met weerballon koppe en lywe wat lyk soos soos dahlia’s waaroor grassnyers gery het nie, maar dammit, ek is nie die enigste grootmens daar nie! Ek het die kind se nuutse prentjie gevat en haar kombuis toe beduie, langs haar gehurk en met gebare vir haar probeer verduidelik dat hierie prentjie sover die mooiste een vam almal is, dat dit hardly surpassable is deur enige iemand (inlcuding nog ‘n effort deur haarself) en dat ek dit teen my yskas sal plak en dan trots vir almal sal vertel van haar kunswerk. Die volgende oomblik vertrek haar gesig in abolsute horror, sy bars uit in trane, skree en hardloop terug na haar ouers toe. Ek vermoed mens kan dieselfde resultate kry as jy ‘n kleuter op ‘n stoel met duct tape vasbind, sy oë met tandestokkies oophou en ‘n DVD van Land of The Dead vir hom opsit. Obviously is die eerste thought “wat de fok het ek nou gedoen?”. ‘n Kind wat Guns ‘n Roses frontman (‘n tough bliksem) se naam deel bars in trane uit. En ek staan soos ‘n poepol in die kombuis met ‘n glas rooiwyn in die hand. Eish!

Die kind het al grensend in Frans by mamma en pappa gesnik en heeltyd in my rigting ge-point en gefrons. Ek het eers beter gevoel toe die die pa met sy kind praat en hulle altwee na ‘n rukkie begin chuckle. Blykbaar het sy gedink dat ek haar in die vrieskas wil stop en toesluit met haar prentjies en crayons sodat die grootmense ongestoord verder kan kuier.

Gelukkig het ek ‘n groot bak ice-cream in dieselfde yskas gehad en all was forgotten en forgiven. Imagine die kind het een of ander tipe self-defense geken? Dan moes ek dalk die roomys self gebruik…

griffinMens kan maar sê dit was ‘n internasionale kunstefees partytjie

Comments

Gooi Comment