Total eclipse of the brain

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Dankie weereens aan News 24 vir al die spelfoute, HTML code tussen julle berigte en misinformasie. Mens sou so sweer julle is ‘n online koerant of iets. Betaal julle nie editors of iets nie? Ek dink ek moet vir julle kom werk. Ek kan ook spelvoute maak.

Anyway, ek het met so paar van die bra’s by die werk gechat oor die eclipse vanoggend so net na tien. Lyk my ek fokken mis alles terwyl ek slaap. Eers die sensus en toe die sonsverduistering. In ‘n paar van die Noordelike states (Nigeria het 36 in geheel) het die ouens die sonsverduistering vir omtrent sewe en ‘n half minute ervaar (nie vier nie). Vir sewe en ‘n half minute het sommige dudes in Kaduna (nie Kabuna nie) vir die son probeer weghardloop. Nou dink bietjie vir jouself hoe fokken moeg jy gaan wees as jy Road Runner style kap vir ‘n volle sewe minute en dit terwyl jy vir die son probeer weghardloop. Ek meen come on man! Dis die fokken SON waarvan ons praat!

Gelukkig het dinge verbeter oor die afgelope paar jare. Tydens die laaste eclipse in ’89 het mense blykbaar bos gegaan en ge-loot en tekere gegaan, goed afgebrand en mekaar gebliksem maar volgens my drywer was dit 100 keer erger in 1947. Hy reken mense het probeer advantage vat van die eclipse en plekke besteel en mense vermoor. Ja-nee dit maak baie sin. Vir ‘n tydperk net short van 10 minute is dit nag en almal kan inbreek en steel. As die son weer sy kop uitsteek staan daar sulke verwarde mense met TV’s, toasters en hoenders wat hulle wou dief onder hulle arms in die middel van die straat. Baie logies hoor. Baie mooi.

Die security bra by die werk het dit vir my probeer verduidelik: “In Kaduna the people were not so much enlightened for the polarization and they ran away from the sun.”

Despite die ou se verkragte hoogdrawende attemp om in Engels te verduidelik verstaan ek nog steeds nie. Vir my is dit ‘n total eclipse of the brain.

griffinTotal eclipse of the brain

Gooi Comment