V’town: Know where it stand

In Snotstories deur Chopper Charlie2 Eiertjies

Vereeniging. Wat 'n kak jol. Suid van Joeys en once geklassifiseer as 'n stad maak dit deel uit van die Vuildriehoek, saam met Vanderbijlpark en Sasolburg. Dis op die Hoëveld so die weer is about dieselfde as Jo'burg, maar dis ook op die grens met die Vrystaat (Vuilrivier) so dit lyk ook nog kak. Go figure.

Wat kry mens in Vereeniging? Well, longprobleme is nogal gewild vanweë die besoedelde lug. Jy kry ook issues, blou oë, 'n bloedneus of twee en so aan. En dan gaan jy hoërskool toe. Ag, dis nie eintlik so bad nie. Daar's ook nice mense daar, die meeste second-hand car dealerships per vkm en dan die Vryheidsmonument.

Check die "Vrede van Vereeniging" is mos daar gesluit in 1902 na die Anglo-Boere Oorlog se sequel. Interessante feit: Die Vryheidsmonument was eers op 'n ander plek (naby die hospitaal) en is eers in die nineties geskuif na die city centre toe. So moenie dat iemand jou staan en kak vertel dat dit is waar die vrede gesluit is nie.

(Daar is blykbaar darem nog 'n afgesaagte stomp waar die actual vrede gesluit is. En dis nie al wat afgesaag is nie.)

"Gewond maar onoorwonne," lees die plaatjie op die Vryheidsmonument en dit feature so gewonde Boer van klip waaruit so silwer Saint-tipe staal-alientjie opstaan met sy arm in die lug. Dis die Boer se gees, jy check? Nogal trippy. Die bandolier en wreath en als het ook 'n betekenis, but I forget.

Maar behalwe vir hierdie waardevolle funksie in die geskiedenis van die Afrikaanssprekende gemeenskap, het Vereeniging ook nog 'n paar ander belangrike persone opgelewer, glo dit of nie. Kom ons kyk na die vernaamste voorbeelde.

George William Stowe
Ook bekend as die Vader van Vereeniging, en about niks anders nie. In 1878 ontdek hy steenkool op die plaas Leeuwkuil en so begin V'town se rickety claim to fame. Wat van bra George geword het, behalwe dat hy 'n lot geld gemaak het deur steenkool te verkoop weet nugter. Vereeniging het so lame-ass museum in die middestad waar jy kan gaan kyk hoe die bra gelyk het. Steenkool?

Bles Bridges
Die Ruiter van die Windjie het 'n groot deel van sy lewe aan die walle van die Vuilrivier gewoon in 'n moerse mansion met about 'n hektaar gras tot teen die rivier. Almal ken vir Bles, wat rooi rose uitgedeel het en nie van Leon Schuster gehou het nie. Behalwe vir sy Afrikaanse liedjies het ook sy Ierse en country liedjies moerse aansien geniet. Sy vrou, Leoni het gehelp om van die liedjies te skryf soos "Ek reik na die sterre", "Maggie", en "Laat my lewe, laat my liefhê". Verder was daar sy stryd met maagkanker, sy much-publicised affair met Marietjie, en toe later sy noodlottige motorongeluk in 2000.
Wat min mense egter weet is dat sy seun, Victor, in my laerskool was. Victor was so kort en 'n perre jockey. Noujatoe.

Bakkies Botha
Hierdie moerse nommer vier slot van die Bulle en die Springbokke is oorspronklik in Newcastle, KZN gebore maar het skoolgegaan aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Vereeniging. Dis die einste Tech wat so met spanners in hulle kouse rugby gespeel het en dan kry die laaities van Hoërskool Vereeniging so lekker seer. Thanks HTS. Thanks for nothing.

FW de Klerk
Die bra wat by die creepy PW Botha oorgeneem het en uiteindelik die teuels vir Oom 'Dela oorgegee het was lank 'n prokureur in V'town. Nogal humble beginnings as jy in aanmerking neem dat die man in 1993 die Nobelprys vir vrede gekry het. O ja, en die land gerun het.

Die Helicopters
In die eighties was daar so pop band wat een hit op Radio 5 gehad het, "Whisper Your Secret". Sweer. Dit was op Fast Forward met Alex Jay en als. Die band was die Helicopters en hulle het in Drie Riviere in V'town gebly. Naby my sussie se moderne dansjuffrou.

grifFin
Na 'n redelike stormagtige hoërskoolloopbaan en 'n amper-noodlottige bike ongeluk in matriek, verhuis die nimlike grifFin na Pretoria om sy verdere studies voort te sit. Dis hier waar hy en 'n lot ander washouts uiteindelik die basis lê vir die altemit Afreakaanse websait in die heelal – watkykjy.co.za. Bekend regoor Gauteng en berug in dele van Nigerië, lê die naam grifFin ook die hele Internet vol. Dis moontlik in hom wat Vereeniging sy hoogste sport behaal. grifFin was selfs kaptein van die tennisspan in die hoërskool, en hy claim dat hy Vaaldriehoekkleure in squash het. Sure.

CHopper CHarlie
Saam met boesemvriend grifFin is CHopper CHarlie se aanspraak op roem die stigting van die absoluut fenomenale websait genaamd watkykjy. Nie veel is bekend oor CHopper nie, behalwe dat hy deesdae in die Kaap bly en gereeld watkykjy quit as hy gespat is. Hy is ook ontsettend aantreklik en het al oorweeg om 'n onderbroekmodel te word. Something for the ladies…

So, dink jy nog so min van V'town? Nie so gefokkendink nie. Fokken pedigree waarmee jy hier deal pappa. Nie sommer net 'n vergete small town met 'n toekoms wat in die balans hang oor die afskaling in groot industrieë landswyd as gevolg van lae-koste invoerprodukte uit die Ooste nie. Toe nie so eenvoudig nie.

Nie eers amper nie. Respect china. Dis soos die History Channel sê: "Know where you stand."

Know where V'town bloody-wil stand. Once.

Chopper CharlieV’town: Know where it stand

Comments

  1. Vaakboef

    Bakkies Botha het by Middelburg HTS skool gegaan julle dom fokkers.

    Hy is toe gekoop om 3 keer standard 9 by HTS Vereeniging te kom doen. Ek weet, want ek is ‘n ex-Tekkie!

    Kry julle feite reg julle drolle. Julle was seker Vereeniging Hoër of Overvaal tossers wie se meisies ons Tek ouens lekker gesaag het!

    “Hierdie moerse nommer vier slot van die Bulle en die Springbokke is oorspronklik in Newcastle, KZN gebore maar het skoolgegaan aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Vereeniging. Dis die einste Tech wat so met spanners in hulle kouse rugby gespeel het en dan kry die laaities van Hoërskool Vereeniging so lekker seer. Thanks HTS. Thanks for nothing.”

  2. griffin

    So as hy 3 keer in standerd 9 in HTS was, beteken dit hy het daar skoolgegaan, jou dom fok.

Gooi Comment