Oorwaks – Wie nie wil hoor nie, moet voel

In Watkykjy Reviews deur Chopper CharlieRek jou bek

Beck – Guero (7)

Super Deluxe 3000
Ek was van die begin af 'n Beck fan. Het selfs eenkeer vir FHM uitgekak omdat hulle gesê het Mellow Gold is Beck se eerste album – fokken losers. Hulle het vir my 'n paar beige Dockers Khakis gestuur om jammer te sê, en nes FHM is beige Docker Khakis ook nie lekker nie. Die nuwe tunes is moerse shap en bietjie in die styl van Odelay – wat of course huge was. Guero het 'n heavy safe Mexican sound met 'n tipiese Beck hip-hop flare. Die eerste track, "E-Pro" spring weg met 'n mean riff en 'n Roxette "na na nanana na na na" vir 'n chorus. Checkit uit, look sharp. Dis weird hoe daar party ouens is wat 'n drol in enige taal kan kak en dan is dit nog steeds a work of art. Hierdie is so 'n drol.

System Of A Down – Mesmerize (8)
CHopper CHarlie
As jy een van daai mense is wat chino's dra en "ag eintlik van alles hou" moet jy maar hierdie laaitie laat staan pappa. Hy gaan net vir jou nat oortjies seermaak. Die bra's
van System Of A Down is Armeense Amerikaners wat uitmaak van metal slaan. Almal was veral ingedruk met "Toxicity" hulle voorlaaste effort. Mesmerize is bietjie anders. Fokken mal soos altyd, for sure, maar dis edgier, heavier en minder accessible vir mainstream luisteraars. Nie dat dit kakker is nie. In fact, ek skiem 'n paar tracks hierop gaan nog fokken baie in my cabbie geluister word. Befokte tunes vir mense wat die poes in is oor als.

The Kills – Keep On Your Mean Side (8)
Super Deluxe 3000
As jy van die White Stripes hou sal jy meer van die Kills hou. Selfde tipe boetie-naai-vir-sussie-kom-ons-maak 'n plaat-in-Ermelo tipe vibe. Daar's 'n nuwe Kills album uit maar ek het nog net hierdie, hulle eerste een, wat ironically bietjie soos die nuwe White Stripes "Blue Orchid" single klink. Die fokken kitaar is in overdrive op hierdie album en daar's geen keer aan die chick se vocals nie. Met tye raak dit 'n little bit country – altyd 'n pluspunt in my opinie – maar dit hou nooit op ruk nie. Hierdie is nie die tipe couple saam wie jy op vakansie na Richardsbaai gaan nie, jy sal die volgende oggend sonder jou tollie in die tent wakker word langs 'n leë bottel Two Keys en halfte van die CSV se lunch pakkies sal weg wees.

The White Stripes – Satan Get Behind Me (7)
CHopper CHarlie
Gepraat van White Stripes. Hulle nuwe enetjie is pas uit en die titel sal sweerlik vir Rodney Seale die poes inmaak. Almal het so lekker van "Seven Nation Army" gehou, maar hulle albums is maar weird jong. So goeie heavy liedjie en dan 'n acoustic en dan 'n getjommel. Maar dis lekker. Mos lekker om weird te wees, nê Jack en Meg? "Blue Orchid" is kwaai moerig en dan is dit weird styles. Xilofone en klavier en tamboeryne en als kry beurt. Baie cool maar nie vir almal nie. Fans sal hom smaak though.

Risky Business – Original Soundtrack (7)
Super Deluxe 3000
So ons weet meeste van ons vye en halfte van die Dawson's Creek cast het 'n crush op Tom Cruise. Ek is nie so mal oor die kortgat nie maar daar's 'n handjievol flieks waarin hy shine – een van hulle is Risky Business. En behalwe dat dit 'n moerse lekker 80s fliek is, is daar 'n befokte soundtrack om daarmee saam te gaan. Van waar Tom op sy kouse in sy onnerbroek ingeslide kom op die beat van Bob Seger se "Old Time Rock And Roll" tot 'n befokte bues nommer deur Muddy Waters. Maar deur die hele loop van die fliek is Tangerine Dream se synthesizer on fire met befokte 80s schmaltz soos waar Tom en die hot girl op die trein rinkink. Die hoogtepunt however is wanneer Phil Collins dit fokken wegvat met 'n dromsolo in "In The Air Tonight" – doef doef doe doe doe doef TUNE!!

Audioslave – Out Of Exile (7)
CHopper CHarlie
Audioslave is eks-Rage Against The Machine members met Chris Cornell (van Soundgarden) op vox. Befokte band. Hierdie is hulle tweede effort en 'n worthy opvolg. Bietjie mellower op plekke en definitief meer van 'n unique sound wat

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieOorwaks – Wie nie wil hoor nie, moet voel

    Gooi Comment