snotstories

Lekker lame local video’s – net op MK89

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae1 Eiertjies

Deur Trienkie

Wat is dit met die kak musiekvideos op MK89?

Kyk, dis nou nie AL die videos nie, moet my nie verkeerd verstaan nie. Uit die tien wat hulle aanmekaar loop is daar darem twee wat kykbaar is. As jy gelukkig is.

In elk geval, wat is dit met Suid-Afrikaners en flippen rukkerige handycams, vervelige idees en Photoshop filters? Ja okay, dit kos geld, maar damn-it man, have some pride.

Ek kan sien ons gaan nou weer 9 miljoen uitkak emails kry oor ek dit durf waag om ons bydrae tot "Video killed the radio star" kassie-klank af the kraak. Well, so be it!

I mean really, hoef ek regtig te sien hoe daai dude oor Sally Williams nougat sing terwyl hy deur Pretoria (badly disguised as Londen) wandel? Om nie te praat van sy pseudo cool coif nie. Ek dog koeilek hare is laaaaankal uit.

As ons dan nou wil modern wees, en in die tegnologiese era soos al die ander lande musiek videos maak, doen ten minste moeite man. Kam jou fokken hare. En trek 'n skoon onderbroek aan. Jirre tog.

Askuus, ek verloor tred met myself. It happens.

Okay, so Boere en Afrikaners is as 'n geheel net nie so cool soos die dudes op TRL of VH1 nie en die vyf van ons wat is, word geheckle as ons in Menlyn loop, maar moet dan nie 'n tema kies wat van jou verwag om soos Beyoncé te dans as jy nie kan nie, of witter is as melkies –
ons boude is NIE gemaak daarvoor nie okay?

En moenie as jou liedjie death metal is en jy soos Rob Zombie lyk 'n video te maak van jou familie se braaivleis nie. Moenie. Moet net nie. Nee pellie, sit neer daai handycam. Kom weg daar.

Ek is seker daar moet 'n manier wees om cool videos te maak vir die arme siele teen 'n billike prys? Miskien moet die volgende watkykjy party geld insamel vir iemand se video? Ek is seker as ons laer trek (haha) sal daar êrens 'n director of twee uitkruip wat vir volk en vaderland (en om vadersnaam) 'n video sal maak waarop ons kan trots wees!?

(Anyone… any… one?)

Of miskien is dit net ek wat so dink. Tien teen een, want die tendens is lyk my hier om te bly. Teen die pas behoort ons nog vir die volgende vyftig jaar lame-ass music video’s deur sub-standard artists te check.

Oh well…

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeLekker lame local video’s – net op MK89

    Comments

    1. Driesman Jansen

      Na meer as tien jaar het net mooi fokkol verander nie.Infact,die fokkers het net vermeerder..elke swaap met ‘n naam soos Joahndre of Andriehenieta het deesdae ‘n video waar daar op perde gery word/gespeel word met hulle of op die beach met bikerboots,leerbaadjie en ‘n elektriese kitaar wat nie ingeplug is nie,terwyl hulle “baaibie,Blaai baai maai” aframmel.Jire help ons.

    Gooi Comment