Die parental unit kom kuier…

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Ek is nou al hier vir so rukkie in die UK en soos elke true Suid-Afrikaanse Londoner mis ek my familie. Baie. So veel so dat ek gereeld huis toe e-mail, bel, en ook baie persente saam huis toe vat. Jy wil so graag hê hulle moet alles beleef wat jy beleef. Sien hoe jy lewe. En sommer net teruggee wat jy al die jare net so gevat-vat het. Mens raak mos so nostalgies. Totdat daar iets daaraan gedoen word en die unit besluit om maar op te cough en te kom kuier.

Nou my familie is weird. Fokken weird. Ek is die eerste om dit te bieg en te erken. I mean, my pa is ‘n ginekoloog. Piele. Dit was aaklig om mondeling op skool te gedoen het. Jy moes mos altyd vertel het wat jou pa doen. Ek het eers later verstaan hoekom my pa half sy moer af gesukkel het om vir sy sewe-jarige dogter te verduidelik wat hy doen sodat sy dit vir die res van die klas kan gaan vertel, wetende dat meeste van die kinders se ma’s na hom toe gaan. Die juffrou in sekere gevalle ook. Lekker blaaint as hulle vir jou hulle check en rekeninge en stuff gee om vir pappa te gaan gee. “Eeeuu,” het ek eendag vir ‘n juffrou gesê. Ek moes eintlik gaan check het wat fout was met die mense en hulle dan afgepers het vir beter punte. Sulke sluwe gedagtes kom altyd te laat. Net soos spyt.

Maar dit is sy job en my curse. Hy het ons almal dood voor oë gesweer as ons ooit gedurf dink het daaraan om dokter te word. Hy’s befok though.

My ma, aan die ander kant, was altyd huisvrou, maar toe scheme sy sy’s bored van die tennis club en stuff, want die mense raak al hoe meer snobbish en fokof toe sy en besluit om maar te gaan werk. Sy doen nou admin vir ‘n melkboer. Moet soms in die beeskak gaan rondloop om die kalfies te teken en dan ruik sy not so beeg. Die ergste van alles is, is dat sy hot is en nou moet sy in die koeikak gaan rondloop. Weird. Maar ook baie befok, soos in cool befok, nie moeilik befok nie. Jy check?

Dan is daar nog drie ander kinders behalwe vir my, en op een of ander manier is elkeen van ons ‘n bietjie weird. Soos ‘The Incredibles’ almal superpowers het van die een of ander aard, so het ons weirdnesses wat eie is aan elk. Ek sal maar nie te veel sê daaroor nie, want dit kan half moeilikheid afgee en bloed is dikker as water en so. Maar om so baie kinders te wees het baie fights vir aandag gegee, baie opteam teen mekaar en almal saam teen die unit – en die diere, for that matter. Drie uit die vier kinders sit ook in London, net om dinge nog meer te kompliseer.

Anyway, terug by die storie, die father figure sit aan die ander kant van die wêreld as waar die mother figure sit. Hulle sien mekaar ‘n paar maande in ‘n jaar en maak ons dan amper siek met die gekoer-koer-e-ry. Whatever works for you, pops. Whatever. Die ding is, however, dat ons beter is met one-on-one conversations as met hele familie saam. Daar is geen onverklaarbare rede daarvoor nie, ons almal het sterk persoonlikhede en dit werk soms teen mekaar.

Okay, so toe het Unit 1 (Pa) vir second in command (Ma) nou die dag opgevlieg hier na ons almal toe. En jinne, dit was so lekker om almal te sien. Trane loop en drukkies en soene en Pa wat half formeel praat (dit klink soms of hy met ‘n pasiënt praat as hy ons vir ‘n lang ruk nie gesien het nie) tot iemand hom vertel wat vir wat gaan en dan relax almal. Af trek almal na die naaste pub toe.

En dan raak dinge ongemaklik, want almal het iets om te vertel, maar almal wil eerste wees en almal praat oor mekaar en niemand luister vir mekaar nie en almal raak pissed off. Ek veral, want ek is nog half dronk van die vorige aand en die hair of the dog wat ek gedrink het terwyl ek vir hulle gewag het vat nie die edge af nie. Glad nie. Almal praat en so, maar niks word rerig gesê nie. Dis asof almal wag vir iets…

Dan mission ons maar huis toe. Maak PG tee, want dit is verseker ‘n PG moment, die warm drankie wat gesinne weer saambring. Almal chill. Ek is besig om ‘n vieslike hangover te versore en besluit om eventually maar ‘n uiltjie te gaan knip. Hou ook net vir vyf minute, want dan haal die guilt my in en besef hulle sit en staar vir mekaar onder terwyl my ma probeer stiltes vul met praat oor die katte en die honde se mannewales. Stap en gaan check my suster se possie uit, waar emergency asbakke opgeskop moet word want die flatties is geharde groenblaar rokers en daar is evidence die hele wêreld vol.

Dit laat my dink aan die vrou wat nou die dag vir my ‘n foto wys van haar dogter wat al vir twee jaar in Ibiza werk. Die chick is obviously in ‘n club, met ligte agter haar en pupille so groot (gogga maak vir baba bang…) dat dit amper uit die foto uit spring en jou volg orals waar jy gaan in die kamer. Scary shit. En dan comment die vrou, “She looks like she’s really drunk in the photo, but she must be having a really good time…”. Ja tannie, dronk to the moon and back, skyscrapers and all.

Nou gaan eet ons maar uit. Dit, however, is baie baie lekker. Ons het almal genoeg wyn in en almal is baie relaxed. Praat is minder gestrem en almal kom uit met staaltjies van wat alles gebeur het vandat ons mekaar laas gesien het. Ons lag almal dat die trane loop, maskara oë en alles. Die waiter lyk asof hy ons wil uitskop, want ons jaag die gaste uit. (Is mos foreigners in ‘n Engelse plek…). Ons gaan huis toe en kuier nog so bietjie verder.

En dan gaan slaap ons. Ek bly in ‘n orraait huis hier, maar dit is nie gemaak vir my, albei die housemates met hul ander helftes en my unit en die broer en sy flossie en die suster nie. Suster kan darem die hasepad vat en in die comfort van haar eie bed slaap. Ek moet op die bank slaap in die TV kamer saam met broer en flossie wat op ‘n matras lê. Dit is ongemaklik, want die matras op die houtvloer squeek as mens net effe beweeg so my mind is op hol en ek knyp maar net my oë styf toe en wens die oggend vinnig nader.

Die res van die visit verloop smooth, maar hier teen skemer het niemand eintlik iets meer te sê nie. Almal se selfone het amper 50 boodskappe op wat vra waar de fok en wat de fok en hoekom de fok ons nie hier, daar of anderkant is nie. Almal skuif rond soos wat kinders in die kerk en clock watch iets verskrikliks. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit was ongelooflik lekker om almal weer te sien. En toe ons moet ‘bye’ sê, toe loop die trane weer, want ons weet hoe erg ons mekaar nou weer gaan mis, want dit is baie erg.

Maar om so baie familie quality time in so klein spasie in te druk kan nogals op jou tiete werk hoor. Once.

Watkykertjie bydraeDie parental unit kom kuier…

Gooi Comment